top of page

Turkye 2025

Ervaar een van die mees verrassende lande ter wêreld - met GEEN Visumkoste van toepassing nie!

28 Maart tot 8 April is Vol Bespreek

 

 

Istanbul is iets wat mens nooit vir iemand kan beskryf nie. Ons gaan in die strate en by markte rondloop, die Spice Market en Grand Bazaar is meer as ‘n belewenis, ‘n bootvaat op die Bosphorus, ons besoek Efese waar Paulus duisende jare gelede gepreek het en waar hulle toe reeds spoeltoilette en waterverwarming gehad het! 

Jy kan gaan loop deur die warm water van die kalsiumpoele van Pamukkale.  In Capadoccia sien jy hoe honderde meter se lawa-as gekompakteer geraak het en ‘n onbeskryflike kabouter-maanlandskap geskep het waarin mense gewoon het en waarin ons hotel gedeeltelik ingebou is.

Opsioneel: ‘n Rit in ‘n warmlug-ballon wat jy nooit  as te nimmer sal vergeet nie.

 

Turkye is ‘n paradys vir koop met die oog of met die beursie: Matte, leerware, juweliersware, kruie en speserye, Turkish Delight…..

Toerprogram in detail:

 

28 Maart - Vertrek uit Suid Afrika

 

29 Maart - Istanbul - Cappadocia – Aankomsdag (Aandete ingesluit)

Nadat ons land in Istanbul Internasionale, gaan ons direk na ons binnelandse

aansluitingsvlug na Kayseri (Cappadocia).

 

Ons bus staan gereed om ons dan van Kayseri-lughawe na ons hotel te neem om gou ons tasse af te laai. Jy gaan bietjie flou wees na die lang vlug, so ons gaan dannet 'n halfdag toer deur Cappadocia doen. Ons gaan Ozkonak besoek - een van diebes bewaarde ondergrondse stede in Cappadocia. Dan gaan kyk ons na die Uchisar-kasteel, die hoogste punt van Cappadocia. Oornag in Cappadocia.

 

 

30 Maart - Cappadocia-toer met Goreme-opelugmuseum (Ontbyt en aandete ingesluit)

Na ontbyt besoek ons Goreme Opelugmuseum, die Hart van Cappadocia. Dit is bekend vir fresko's wat dateer uit die 10de eeu wat die tonele uit die Bybel en dielewe van Jesus uitbeeld. Ons gaan dan 'n pottebakkery werkswinkel besoek, om te sien hoe hulle pottebakkery maak. Dan gaan verkeie skilderagtige natuurlike rotsformasies besoek, soos ons na Love Valley, Devrent Valley, Imagination Valley en Three Beauties.  Ons sal dan nog 'n werkswinkel besoek om Cappadocia se handgeweefde matte en kelims te sien.

Oornag in Cappadocia.

 

Opsionele Lugballonvlug met sonsopkoms! Die warmlugballontoer bied 'n minimum vlugtyd van 1 uur. Jy sal vroegoggend by die hotel gehaal word, gewoonlik voor sonop en na die opstygplek aangery word. Terwyl jy 'n ligte

ontbyt eet, sal jy kyk hoe die ballon opblaas en dan 'n inligtingsessie kry wat

basiese reëls en veiligheidsmaatreëls vir die ballonvlug verduidelik. Dan is dit tyd om in die mandjie te klim vir ‘n hoogtepunt van jou Turkye-reis! Maak gereed omhonderde foto's oor die valleie van Cappadocia te neem. Nadat jy geland het, is daar 'n klein feesviering met sjampanje en jy sal jou vlugsertifikaat ontvang.

Jy sal omstreeks 08:30 terug wees by die hotel, net betyds vir ontbyt, en dan vir die dag se toer.

 

 

31 Maart – Cappadocia - Pamukkale  (Ontbyt en aandete ingesluit)

Na ontbyt vertrek ons vir ‘n lang dag op die bus na Pamukkale. Op pad sal ons

stop om die Sultan Han caravanserai herberg uit die Middeleeuse era te besoek. Oornag in Pamukkale.

 

 

1 April - Pamukkale en Turkish Village Sirince-toer (Ontbyt en aandete ingesluit)

Na ontbyt besoek ons die bekende kalsiumterrasse van Pamukkale (cotton

castle) en die ruïnes van Hierapolis. Volgende stop is Sirince Village waar ons gaan wyn proe. Hulle is veral bekend vir hulle vrugtewyne.

Op pad besoek ons een van die bekende leerproduksiesentrums van die streek. Oornag in Kusadasi.

 

2 April - Kusadasi - Efese-toer  (Ontbyt en aandete ingesluit)

Vandag se hoogtepunt is Efese, een van die bes bewaarde antieke stede in die wêreld. In Efese sal jy Curatesstraat, bekende Romeinse baddens, Celsius- biblioteek en die Grand Theatre sien. Dan besoek ons die Huis van die Moeder Maria, waar sy haar laaste jare deurgebring het. Die middag sal ons 'n plek besoek, wat een van die oudste kunsforms van Turkye uitvoer word - 'n matweefsentrum. Oornag in Kusadasi.

 

3 April – Kusadası – Pergamon-toer – Bursa  (Ontbyt en aandete ingesluit)

Ons verlaat Kusadasi op pad na Bursa. Ons stop dan vir ‘n toer deur die

akropolis van Pergamon - 'n antieke Griekse stad, wat ons bereik deur ‘n kabelkar.Na Pergamon ry ons na die hotel en oornag in Bursa.

 

4 April - Bursa - Istanbul (Ontbyt ingesluit)

Besoek Bursa se historiese bedekte basaar en Ulucami-moskee, of die Groen Moskee enGroen Mausoleum. Na die Bursa-besoek, vertrek die bus na Istanbul. Oornag in Istanbul.

 

5 April - Istanbul Dag City Tour (Ontbyt ingesluit)

Vandag ontdek ons Istanbul! HIPPODROME – die antieke hippodroom was die

toneel van strydwa-resies.

SULTANAHMET IMPERIAL MOSKEE is gebou in die 16de eeu deur die argitek Mehmet, staan bekend as die BLOU MOSKEE vanweë sy binneversiering van blou Iznik-teëls. HAGIA SOPHIA MOSKEE het voorheen bekend gestaan as die Kerk van Goddelike Wysheid. Hagia Sophia is die grootste oorlewende voorbeeld van Bisantynse argitektuur. Vir 1000 jaar was dit die grootste kerk ter wêreld, versier met pragtige 6de eeuse goue mosaïeke. Vandag is dit 'n moskee.

TOPKAPI PALEIS is die groot paleis van die Ottomaanse sultans van die 15de tot die 19de eeue wat 'n pragtige versameling van kristal, silwer en Chinese porselein huisves, klere wat deur die sultans en hul gesinne gedra is, die beroemde juwele van die Imperiale Tesourie.

Die GRAND BASAAR. In hierdie doolhof van strate en gange is meer as 4 000 winkels met verskeie areas: die goudsmedestraat, die matverkopers, Turkse kunsen kunsvlyt, soos handgeverfde keramiekborde en koperware. Oornag in Istanbul.

 

6 April - Istanbul-vrydag (Ontbyt ingesluit)

Vandag kan jy kies wat jy wil doen. Jy kan self Istanbul gaan verken of jy kan

gebruik maak van ‘n opsionele halfdag-toer. Oornag in Istanbul.

 

7 April - Istanbul - Einde van toer  (Ontbyt ingesluit)

Na ontbyt is die res van die oggend en vroegmiddag vrye tyd, totdat ons

laatmiddag/vroegaand lughawe toe vir die terugvlug net na middernag.

 

8 April - Kom terug in Suid-Afrika

R39 950

28 Maart - 8 April 2025
 

Koste: R39 950 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R46 950)

Deposito is R6 000 per persoon

GEEN Visumkostes nie!

Ingesluit:

Internasionale Vlugte van Kaapstad.

3 nagte in Istanbul met onbyte en ‘n volfdag Istanbul-toer.

2 nagte in Cappadocia met ontbyt, aandete & besoeke soos uiteengesit.

1 nag in Pamukkale met ontbyt, aandete & besoek aan Kalsium berg.

2 aande in Kusadasi met ontbyt, aandete & besoek aan Efese.

1 nag in Busa met ontbyt, aandete.

Stede & dorpe soos in die program uiteengesit.

Alle vervoer soos in die program.

Alle etes soos in die program uiteengesit.

Besoeke & toegang soos in program uiteengesit. 

Toerprogram na Turkye:

28 Maart

Vertrek uit SA vanaf Kaapstad na Turkye

29 Maart

Aankoms in Istanbul met 'n aansluitingsvlug na Cappadocia.  Halfdag-toer van Cappadocia.

 

30 Maart

Na ontbyt ervaar ons verder die talle wonders van Cappadocia. (Vroegoggend voor ontbyt is dit tyd vir die lugballon-vlug, vir die wat dit gaan doen, as die weer dit toelaat.)

31 Maart

Na ontbyt - vertrek van Cappadocia na Pamukkale. Aandete en slaap Pamukkale.

1 April

Vertrek na ontbyt vanaf Pamukkale en besoek die kalsium berg en historiese omgewing. Aandete en slaap in Kusadasi.

2 April

Ons besoek die eeue-oue Efese en die huis van Maria. Aandete en slaap weer in Kusadasi.

3 April

Reis vandag van Kusadasi na Bursa, met ‘n kort toer in Pergamon. Aandete en slaap in Bursa.

4 April

Na ontbyt het ons in Bursa ‘n stadstoer en reis dan na Istanbul.

5 April

Istanbul-toer – Die Blou Moskee, Topkapi Paleis en die Grand Bazaar.

 

6 April

Ontbyt en ‘n dag eie tyd in Istanbul. (Met opsionele half-dag toer)

 

7 April

Ontbyt en die res van die oggend en vroegmiddag vrye tyd, totdat ons laatmiddag/vroegaandlughawe toe vir die terugvlug net na middernag.

 

8 April

Aankoms SA

 

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

12 dae

Marius du Plooy

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande

**

bottom of page