top of page

Rivierboot op die Donaurivier
+ 2 nagte in Praag

7 - 19 April 2026
 

Oostenryk, Hongarye & Slowakye - onder andere Wene, Budapest, Bratislava & daarna Praag

R58 950

13 dae
7 - 19 April 2026
 
Deposito van R7 000

Verjaardae, Troudae, Verloofraak… of net Selfbederf

 

Kom vaar saam op ‘n rivierboot op die verruklike Donau-rivier - deur Oostenryk, Slowakye en Hongarye.  Ervaar ‘n stukkie van Oos- en Sentraal Europa op ‘n bederfmanier, en sluit die toer af met 2 nagte in Praag. 

 

Die vaart begin in Passau in Duitsland, waar jy op ‘n 120 meterlange spog-rivierboot op die Donau-rivier klim en verder niks hoef te doen nie - behalwe om alles net te geniet… terwyl die rivierboot deur die mooiste gebiede vaar.  Elke dag kry jy kans om af te klim om van die mooiste stede in jou eie tyd te gaan bewonder:  Onder meer Wene in Oostenryk,  Bratislawa in Slowakye en Budapest in Hongarye.   

 

Alles op die boot is ingesluit - selfs van jou drankies. 
 

Maar dis nie waar die bederf ophou nie. Tydens elke vasmeer kan jy in jou eie tyd die stad en omgewing gaan verken. Jy ontvang ‘n uitgebreide dokument van sien- en doendinge in elke stad. Jy het ook die opsie om op eie koste by een van die talle toere aan te sluit, soos fietstoere, staptoere, gidstoere (stad, museums, ens) en nagtoere. Gedurende die vaart kan jy op die dek sit met ‘n panoramiese uitsig oor die omgewing, terwyl ons verby die mooiste mooi vaar. 

Die voordeel is dat jy een keer jou tas uitpak en in die luuksheid van jou ruim kajuit.

 

Nadat ons op die boot was, gaan slaap ons vir 2 nagte in Praag, waar jy in jou eie tyd die stad se mooi en lekkertes kan verken

​​​

Program:

Soos gewoonlik ontvang jy van ons ‘n boekie met sien- en doengoeters in die plekke waar ons vasmeer. Dit help om die lekkertes aan te vul wat jy reeds op Google raakgelees het.

Marius du Plooy
:Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

Koste: R58 950 per persoon wat deel.

 (Enkelkamerprys – R67 650)

Opsie: Jy kan opgradeer na ‘n kajuit met ‘n balkon teen R5 500 per persoon ekstra in 'n dubbeljakuit.

Enkelprys is R8 900. 

Deposito is R7 000 per persoon

​Kyk wat is ALLES ingesluit:

  • Jou retoervlug uit Johannesburg.

  • ALLE vervoer na en van die lughawe na die boot.

  • Al jou etes op die boot.

  • Tussenpeusel.

  • Alle nie-alkoholiese drinkgoed, asook bier & wyn op die boot.

  • Twee nagte met bed en ontbyt in Praag-hotel.

  • Een aand in Passau met ontbyt.

Toerprogram:  

7 April: Vlieg van Johannesburg na Praag

8 April: Aankoms in Praag en per bus na Passau in Duitsland.

9 April: Vertrek laatmiddag vanaf Passau op ons boot vir ‘n bederf-avontuur soos min.

10 April: Vasmeer in Wenen, Oostenryk teen middeldag om op jou eie te gaan “explore”, of van een van die betaaltoere mee te maak.

11 April: Steeds in Wenen en die boot vertrek vroegaand.

12 April: Vaar via Esztergom en meer vas in Budapest, Hongarye. Seker een van Europa se mooiste stede! Vaar die strate in en gaan maak “memories”.

13 April: Steeds in Budapest. Ons boot vertrek vanmiddag. Ag man, soos al hierdie duisende jare-oue stede – gaan loop net rond en leef en beleef dit.

14 April: Oggend in Bratislava, Slowakye en vertrek die laatmiddag. Hierdie stad wat dateer uit 907 na Christus is nog ‘n moet-gaan-rondloop-en-geniet-stad. Bratislava is deur baie oor eeue beskryf as die jonger suster van Praag… 

15 April: Via Krems & Melk in Oostenryk en vaar dan deur die pragtige Wachau-vallei.

16 April: Terug in Engelhartzell & neem die bus tot in Praag waar ‘n bus op ons wag om ons na ons hotel te neem. Nou is dit twee dae van eie tyd en doen wat vir jou lekker klink en lyk. 

17 April: Vrye tyd in Praag

18 April:  Vlug van Praag na SA

19 April: Aankoms in Johannesburg

bottom of page