Kersmarkte en Andre Rieu
Andre Rieu-konsert in Maastricht….. PLUS
Riviervaart-kersfeesmarkte op die Ryn….. PLUS
Amsterdam en Brussel.
R59 750
12 dae
Nes verlede jaar kan hierdie toer kan met geen ander vergelyk word nie.
Dink net… Die ongelooflike Andre Rieu-ervaring in die reuse uitstalsentrum in Maastricht, vier nagte op die luukse Arosa Aqua op die Rynrivier in Duitsland op die Kersfeesmarkte-vaart, twee nagte in Brussel en twee nagte in Amsterdam, Dit IS eintlik ‘n vroeë kersgeskenk aan jouself.
​
Ons toer begin met twee nagte in Amsterdam waar jy tussen die talle gragte kan rondstap, die stad se bekende bakens raakkuier, maar, jy MOET êrens Poffertjies of ‘n groot, tradisionele Hollandse pannekoek verorber.
Dan die ongelooflike ervaring van die Andre Rieu-konsert in sy tuisdorp Maastricht.
Daarna vertrek ons na Cologne in Duitsland vir die Kersfees-marktevaart op die Arosa Aqua, waar daar vasgemeer word en jy die kersfeesmarkte in dorpies en stede in jou eie tyd gaan deursoek - Ons vaar na plekke soos Cologne, Rűdesheim, Mainz, Frankfurt, Loreley Vallei en Koblenz.
Ons boot is lekker luuks en ruim met heerlike, binne-kuiergebied met groot vensters om die omgewing, met ‘n glasie in die hand, in te drink terwyl ons vaar.
Na die bootvaart vertrek ons na die pragtige Belgiese hoofstad, Brussel, vir twee dae se vrye tyd.
Aan die einde van die toer het jy ‘n magdom ervarings bymekaar gemaak wat ons vir jare nog bybly.
​​
​
Toerprogram:
​
10 Des
Vertrek uit SA
11 Des
Land in en slaap in Amsterdam (Andete ingesluit)
​
12 Des
Vrye tyd in en slaap Amsterdam
13 Des
Vertrek na Maastricht en Andre Rieu-konsert. Slaap Maastricht
14 Des
Bus van Maastricht na Cologne( Köln) waar ons op die AROSA Aqua klim vir die Kersmarkte-vaart op die Rynrivier en Cologne, Rűdesheim, Mainz, Frankfurt, Loreley-vallei en Koblenz raakkuier.
Alle etes, non-alkoholiese drank, asook wyn en bier is ingesluit.
Vrye tyd op elke dorp/stad. Jy het die opsie om van die boot se betaalekskursies gebruik te maak.
​
18 Des
Af van boot en vertrek na Brussel hotel – Vrye tyd
19 Des
Dag vrye tyd in Brussel
20 Des
Boek uit by Brussel hotel en na Schippol-lughawe vir ons terugvlug na SA.
21 Des
Land in SA
​
Koste: R59 750 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R70 650). ​​
​
​
Kyk wat is ingesluit:
- Jou retoervlug
- ALLE vervoer na en van die lughawe en hotelle
- Al jou etes op die boot
- Tussenpeusel op boot
- Alle nie-alkoholiese drinkgoed, asook alle bier & wyn op die boot.
- Twee nagte met bed en ontbyt Amsterdam, ook in Bussel en een in Maastricht
​- Andre Rieu-konsert
- Afsluitings-aandete in Brussel
Opsie: Om op te gradeer na ‘n Juliet-balkonkajuit teen +- R3 350 per persoon




Deposito van R7 000
10 - 21 Desember 2025
10 - 21 Desember 2025
Marius du Plooy
Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za



