top of page

Rynvaart 

’n Lentevaart op die Ryn- en Moselriviere, deur Nederland en Duitsland, bied die beste van twee wêrelde:  'n Opwindende reis wat jou van stad-tot-stad neem, asook 'n ontspannende vakansie met baie natuurskoon.

6 - 17 Mei 2027
 

Behalwe pragtige plattelandse dorpies, besoek ons bekende groot stede soos Amsterdam, Rotterdam en Keulen (Cologne), wat min bekendstelling nodig het.

Amsterdam bekoor besoekers met sy ikoniese kanale en historiese kanaalhuises, wêreldklas museums en meer fietse as wat jy kan tel.  

Rotterdam is Nederland se moderne metropool, bekend vir sy indrukwekkende argitektuur, besige hawe en vooruitstrewende karakter. 

Keulen is 'n lewendige stad in Duitsland, aan die oewer van die Ryn.  Met sy ryk geskiedenis, ’n gesellige ou stad en veral bekend vir die majestueuse Keulense Katedraal – een van Europa se mees indrukwekkende, Gotiese geboue.  

 

Cochem is ’n asemrowende dorpie wat in die Moselriviervallei van Duitsland geleë is. Dit is bekend vir sy indrukwekkende, middeleeuse kasteel, terraswingerde en die ou stad met sy karaktervolle houtbalkhuise.  Dwaal deur die bekoorlike Marktplatz (Markplein) om 17de-eeuse houtbalkhuise, tradisionele wynkroeë en oorblyfsels van die ou stadsmure te bewonder.  Cochem is ook ’n uitstekende plek vir wynproe.  Die Moselstreek is wêreldbekend vir sy Rieslingwyn.

 

Trier is Duitsland se oudste stad.  Dit spog met meer as 2 000 jaar se geskiedenis en indrukwekkende Romeinse erfenis. Van die ikoniese Porta Nigra, wat deur die Romeine gebou is, tot die pragtige markplein en historiese kerke.

 

Net buite Trier, lê die rustige dorpie Mehring.  'n Skilderagtige wyndorpie aan die oewer van die Moselrivier, omring deur heuwels wat bedek is met wingerde.  Die dorp bied 'n egte voorsmakie van die Duitse platteland, met sy wynkelders, ou geboue en ontspanne atmosfeer.

 

Bernkastel-Kues, is waar kleurvolle houtbalkhuise, kronkelende stegies en uitsonderlike Moselwyne saam 'n sprokiesagtige atmosfeer skep.

 

Waar die Ryn en Mosel ontmoet, lê Koblenz, 'n stad wat besoekers betower.  Koblenz se historiese ou stadsplein, is omring deur gesellige kafees, winkeltjies en geboue wat eeue se geskiedenis weerspieël.  

 

Nijmegen is die oudste stad in Nederland, en spog met ’n baie hoë studentepopulasie.  Dis hier waar meer as 2 000 jaar se geskiedenis gekombineer word met 'n lewendige, moderne atmosfeer.  

 

R62 950

12 dae

Koste: R62 950 per persoon wat deel.

Daar is geen Twin-kajuite beskikbaar nie.

(Dit is wel 2 los matrasse, maar teen mekaar in dieselfde raam.) 

 

Enkelkajuitprys – R79 950

Balkonkajuit:  Juliet-balkon met dubbel-glasdeur.  R3 900 per persoon.

Deposito van R7 000

Kyk wat is ALLES ingesluit:

- Jou retoervlug uit Suid Afrika

- ALLE vervoer na en van die lughawe

- Al jou etes op die boot

- Tussenpeusel op boot

- Alle nie-alkoholiese drinkgoed, asook bier & wyn op die boot.

- Fooitjies ingesluit

Toerprogram:

6 Mei      

Vlieg uit Suid Afrika.

7 Mei    

Keulen, Duitsland

8 Mei    

Cochem, Duitsland

9 Mei    

Trier & Mehring, Duitsland                 

10 Mei    

Bernkastel-Kues, Duitsland

11 Mei    

Koblenz, Duitsland

12 Mei    

Nijmegen, Nederland

13 Mei    

Amsterdam, Nederland

14 Mei    

Rotterdam, Nederland

15 Mei    

Emmerich, Duitsland

16 Mei    

Keulen, Duitsland

17 Mei   

Land in Suid Afrika.

6 - 17 Mei 2027
 
Screenshot 2026-06-08 at 12.12.49.png
bottom of page