top of page
hot-air-balloon-flight-comfort_3078661100 copy_edited_edited_edited.jpg

Turkye 2026:   Inligting vir Toerlede

20 Maart - 1 April 2027    
Vetrek uit Johannesburg   
 

Maak gereed vir een van die mees verrassende lande ter wêreld

Betaaldatum:

Betaaldatum van balans is op 20 Desember 2026.  Fakture sal vroegtydig uitgestuur word.

Gebruik asb jou faktuurnommer as betalingsverwysing.

Vlugte:

Die vlug vertrek uit Kaapstad op 20 Maart om 17:15.

Die terugvlug land in Kaapstad op 1 April om 11:50. 

​

Almal moet uiteraard self by die punt uitkom van waar die toer vertrek.

​

Die toerleier sal julle ontmoet by die instaphek, waar jy op die vliegtuig klim, sowat 45 minute voor instaptyd.

Visum:

VISUMS is elkeen se eie verantwoordelikheid.

​

Jy het ’n visum nodig vir Turkye.  

 

Die Turkse visum is ‘n goedkoop e-visum wat jy sommer baie vinnig aanlyn kan doen.  Dit kos Suid Afrikaners $12.55.

 

Gebruik slegs hierdie link:  https://www.evisa.gov.tr/en/

​

Reisversekering:

Reis-versekering is en bly elkeen se eie keuse en verantwoordelikheid. 

Jy kan by enige versekeraar van jou keuse versekering uitneem.  

‘n Paar goeie opsies om te oorweeg is Bryte, TIC, Hollard, Chubb en Allianz.

Hier is ‘n link met meer inligting:  https://www.mariusduplooy.com/reisversekering

 

NB WENK: Jy betaal slegs vir die tydperk van die toer, maar jy is verseker vanaf die oomblik wat jy versekering uitneem.  Indien iets ernstig lank voor die tyd gebeur en wat versekerbaar is, is jy gedek. 

Toerprogram:

20 Maart 

Vertrek uit Kaapstad na Turkye

​

21 Maart 

Aankoms in Istanbul met 'n aansluitingsvlug na Cappadocia, met 'n halfdagtoer.

​

22 Maart 

Na ontbyt - uitgebreide dagtoer om talle wonders van Cappadocia te ervaar. (Daar is ook ‘n opsie om baie vroegoggend in ‘n lugballon te gaan ry, as die weer dit toelaat. Prys daarvoor word binnekort deurgegee).

​

23 Maart 

Na ontbyt, vertrek van Cappadocia na Antalya.  Slaap in Antalya.

​

24 Maart 

Besoek Antalya se oustad en die Duden waterval.  Slaap in Antalya.

​

25 Maart

Bus na Pamukkale en besoek die kalsium berg en historiese omgewing. Aandete en slaap Pamukkale.​

​

26 Maart 

Van Pamukkale na Kusadasi.  Slaap in Kusadasi.

​​

27 Maart

Na ontbyt besoek ons die eeue-oue Efese en die huis van Maria. Aandete en slaap weer in Kusadasi.

​

28 Maart 

Na ontbyt - vanaf Kusadasi na Istanbul, met ‘n kort toer van Pergamon.  

​

29 Maart

Na ontbyt gaan ons op ‘n halfdag Istanbul-toer – Topkapi Paleis en die Grand Bazaar. Die middag is vrye tyd.

​

30 Maart 

Ontbyt en ‘n dag eie tyd in Istanbul. (‘n Uitgebreide dokument word vooraf verskaf van wat jy verder kan gaan doen en sien in jou eie tyd.)

​

31 Maart

Ontbyt en die res van die oggend en vroegmiddag vrye tyd, totdat ons laatmiddag/vroegaand lughawe toe vir die terugvlug net na middernag.

​

1 April 

Aankoms in Kaapstad.

​

Ingesluit:

  • Vlugte uit Kaapstad.

  • 3 nagte in Istanbul met onbyte en ‘n volfdag Istanbul-toer.

  • 2 nagte in Cappadocia met ontbyt, aandete & besoeke soos uiteengesit.

  • 1 nag in Pamukkale met ontbyt, aandete & besoek aan Kalsium berg.

  • 2 aande in Kusadasi met ontbyt, aandete & besoek aan Efese.

  • 1 nag in Bursa met ontbyt, aandete en ‘n toer in Pergamon.

  • Stede & dorpe soos in die program uiteengesit.

  • Alle vervoer soos in die program.

  • Alle etes soos in die program uiteengesit.

  • Besoeke & toegang soos in program uiteengesit. 

Geldsake:

Turkish Lira.jpg

1 Rand = 2.75 Turkse Lira

​

Jy kan by meeste plekke jou kredietkaart/debietkaart daar gebruik, maar kontant is beslis nodig. Jy kan daar trek of ruil, maar ek bestel by die bank ‘n paar Turkse Lira.

Meeste ATMs vra ’n redelike groot komissie. En die Bureau De Change kan besig wees, met almal wat selfde tyd wil geld ruil. Euros word aanvaar in sekere groter winkels.

​

NB Onthou om jou kredietkaartmense te laat weet wanneer jy in die buiteland sal wees.

Fooitjies:

Tip-Jar-Blog-Image-660x283-1.jpg

Fooitjies is ingesluit in jou toerprys. 

​

​

Die Weer:

Wat die weer betref - ons gaan deur ‘n baie groot deel van Turkye reis.

Oktober se gemiddeld is:

 

Laat-Maart se gemiddeld is:

 

                             Min     Max     Reëndae

                                                    per maand           

Cappadocia      0         14          11

Antalya              13        19           5

Kusadasi            9         17           7

Istanbul              5         15           6

 

​

purepng.com-weather-iconsymbolsiconsapple-iosiosios-8-iconsios-8-721522596142qx4ep.png

Klere ens:

  • Dit help om in lae aan te trek.

  • Onthou ‘n reënbaadjie en iets warms.

  • Gemaklike stapskoene/sandale.

  • Hoed, Sonbril en Swemklere - want sekere hotelle het ‘n swembad.

  • Om by meeste moskees in te gaan moet dames se hare en skouers toe wees - sobring maar ‘n ligte serp.  En geen bene mag wys van mans of vrouens nie. So geen kortbroek in ‘n moskee nie.

  • Dan natuurlik jou eie medikasie.   Oorweeg ook: hoofpynpille, iets soos Imodium, Buscopan, iets vir naar, breëspektrum antibiotika, iets vir allergië, Voltaren, pleister, oogdruppels, ACC200, iets vir ‘n moontlike keelseer….

Proppe:

Ons tweepunt-proppe werk daar:

electricity-type-C-plug-1.jpg

Connected:

Ons hotelle het WiFi en die meeste restaurante uiteraard ook.  

Gewone roaming word al hoe goedkoper, so kyk gerus na jou opsies.

Jy kan ook net sms’e laat roam of jy kan data roam.  Praat met jou diensverskaffer en onthou dat die ‘sms-roaming’ eers geaktiveer kan word op die lughawe anders gaan jy nie sms’e kan ontvang nie!!  Dit gaan ook nie werk indien jy dit eers in die buiteland wil aktiveer nie!!

​

‘n eSim werk ook baie goed, as jy data nodig het.  Dit is virtuele simkaarte wat data bied teen goeie pryse.  Maar maak baie seker dat jou foon ‘n eSim kan gebruik.  

​​

Meer inligting oor roaming en eSim:

https://www.mariusduplooy.com/bly-in-verbinding-op-toer

unnamed.png

Handbagasie:

Goed soos handeroom, tandepasta, tandeborsel, parfuum, deo, oogdruppels, ens., sit ek in ‘n jiffy-sakkie en haal dit uit my kajuitsak uit voordat dit deur die ‘scanner’ gaan.  Onthou dat die botteltjies ‘vloeistof’ nie meer as 100ml mag wees nie.

Gewig van bagasie:

Jou tas vir die internasionale vlug mag ‘n maksimum van 23 kg weeg.  Handbagasie: 8 kg. 

Toerlied:

Waar drome waar word

Daar waar drome waar word op die heuwels

Waar ek vry kan reis van land tot land 

voeg ek nou die spore van my stewels

En ek hou die oomblik in my hand. 

 

Daar waar drome waar word tussen mense

Waar ek ver kan reis van stad na stad 

Deel ek nou in eeue en oor grense 

Soveel nuwe prentjies in my hart.

Daar waar drome waar word in die strate

 Waar ek altyd reis van dorp tot dorp 

 Voel die kronkelpaaie deur my are 

 vreemdes word vriende drome word waar.

 

Koor

Dis hier waar ons is, dis hier waar ons was.

Brandhout vir my oudag Vuur vir my onthoudag 

 

Italiaans:   Non dimenticare senza fine viaggi

Frans:   N'oubliez pas les voyages sans fin

(Loshande vertaling: Herinneringe aan reise het geen einde nie)              

 

Geskryf deur Marius du Plooy.  

Sanger en komponis: Nardus du Plooy – Hoofsanger van die Kaalkop Waarheid.

bottom of page