top of page

"ONCE A YEAR,
GO SOMEPLACE YOU'VE
NEVER BEEN BEFORE."

Dalai Lama

Lees gerus wat ons toerlede geskryf het oor hulle ervarings op ons toere.

Portugal

  • Almal wat saamgetoer het het n Spoor agtergelaat in ons harte. Marianne Hanekom. 

  • Baie dankie aan almal!! Ons het heerlik gekuier, gestap , geëet en gelag.  Mala Klynsmith

  • Ek het kosbare nuwe vriende gemaak. En heerlik geëet! En gekuier.. Elmarie

  • Dankie vir die vriendskappe en lekker lag! Ons het lekker brandhout vir ons oudag bymekaar gemaak. Ronelle Louw

  • Veilig tuis na n wonderlike tyd saam met wonderlike mense in n omgewing wat uit n sprokie kom en bygedra het tot n onvergeetlike  herhinnering. Eileen Uys

Turkye

  • Almal in die groep was fantastiese mense! Die Steyns

  • Uiteindelik tuis en kan herkou aan al ons wonderlike ervaringe. Ester

  • Wat n wonderlike ervaring om saam met wildvreemde mense so n fantastiese tydjie mee saam deur te bring! Husselmanns van Somerset Wes.

  • Turkye het my sprakeloos gelaat.  Christa Jordaan.

  • Ek moet myself nog knyp om te besef dit het werklik gebeur. Herine de Klerk.

  • My kids het hier geëet en ek het net gepraat en gepraat en gelag. Julle was uniek. Sue vd Merwe.

  • Baie dankie vir almal se aandeel om hierdie toer onvergeetlik te gemaak het!  Johann en Max (en Achmed in sy afwesigheid), julle was wonderlike toerleiers en gids- ons is terug vanaf Turkye met soveel kennis en belewenisse- hoogtepunt van ‘n mens se lewenservaring!  Marietjie Landman

Donau

  • Almal het dit onvergeetlike ervaring gemaak… al die lekker gesels, skerts, grappies en saam kuier. Willie Pieterse

  • Die Bakker's wil ook dankie sê vir al die toerlede span van Marius du Plooy toere vir n baie lekker, goed gereelde en onvergeetlike toer.  Brandhout beslis!

  • 'n Voortreflike toer en wonderlike ervaring met besonderse landskappe en stede!  Derek en Sally Forster

  • Dankie vir n uitstekende en 5ster toer. Ons eerste toer vol gesoute reisigers met lekker gees en grappe het ons verwagtinge oortref.  Estelle Fourie.

  • Ek is seker almal kan hulself  knyp om te dink dis die ervaringe wat ons meegemaak het en ook so baie wat ons ingeneem het…. Louise

  • Baie dankie vir 'n toer wat alle verwagtinge oortref het!  Die humor en gesels het dit nog meer kosbaar gemaak. Christene Mosterd

 

Viëtnam

  • Die wonderlike reiservaring en die heerlike nuwe vriendskappe het altwee genoeg brandhout vir die jaar verskaf! Marieta Spies

  • Ons eerste Du Plooy toer het ons verwagtinge ver oorskrei en ons het dit baie geniet.  Andre Lambrechts 

  • Edith en ek het óók hierdie toer besonder geniet en is beslis van uitstaande gehalte!! Ons het met vreemdelinge opgeklim in Kaapstad, maar met ń klomp nuwe vriende afgeklim!!   Neels

  • Wil net dankie se aan jul almal wat die toer so ‘n ongelooflike een gemaak het. Dis nie die plek wat mooi herinneringe gee nie, maar mense soos jul. Jul het almal in my hart ingekruip. Annamarie Fernhou

  • Dankie dat ons saam 'n mees onvergeetlike ervaring kon beleef, wat 'n voorreg. Cobus & Elmarie

Kroasië en Slovenië

  • Dankie vir als om hierdie toer vir ons ‘n werklikheid te maak, asook om mense met unieke persoonlikhede saam te snoer as ‘n “familie” wat nostalgies terugdink aan ‘n baie spesiale tyd. Ons sou verseker nie hierdie toer anders wou gehad het as wat dit  was nie.  Vir ons was elke ervaring uniek en ‘n belewenis!  Van die verblyf tot die uitstappies was in alle opsigte puik!  Ook vir al die vrye tyd wat ons gegun is om ons eie ding te doen.  Erna en Chris van der Merwe, Durbanville 

  • Ek kan eerlik sê dat dit my verwagtings bevredig het! Vir my was die tyd gespandeer in ou kerke, geskiedenis van eeue gelede, konflikte tussen nasie, gelowe en tradisies, leersaam en n perfekte balans met die fisiese deel van trappe klim, watervalle besoek met die bevredigende saamwees sommige aande,  om die inner mens te voed! Ek het geen voorstelle wat verbetering sou bewerkstellig, nie.​  Debbie Zaayman

Italië

  • Thank you so much for organizing & facilitating our first trip to Italy. You saved us so many hours of research & reservations. I had never heard of Cinque Terre before & now we have walked & ‘tasted’ each of the five unique cities. We knew of Tuscany as an area, but now it has villages & history & memories for us.  Thank you for your warmth toward & interest in each team member. Thank you for going out of your way to accommodate our individual tastes & needs.  Francois & Ingrid Coetzee

  • As ek my oë toemaak ervaar ek weer die pragtige landskappe wat verbyswiep en die gemoedelike atmosfeer tussen die mede Toskaners...... Dankie, dankie vir die onvergeetlike brandhout!!  Riekie Specht 

  • Wanneer ons so deur ‘n gewone katalogus blaai - dan lyk alles waarna ons kyk heel vaal en oninteressant nà wat ons saam met julle in die Toskane en op die kanaalboot-vaart ervaar het. Wat ‘n belewenis van natuurskoon, argitektuur, inkopie - mekka, fynste cuisine, maar die beste was die uitgelese geselskap waarin ons kon verkeer! Ons soek wyd, maar kan nie beter vind as wat julle bied!! Tot ons weer toer!  Nico en Norma Grobler, Namibië

Erika Zaaiman, Stilbaai

As ek sê dankie vir ‘n WONDERLIKE toer, dan klink dit glad nie so sterk en oortuigend as wat ek dit bedoel nie!  Saam met julle twee het die toer al my verwagtinge oortref en ek het huis toe gekom met ‘n diepe dankbaarheid en die wete dat ek iets besonders gesien en beleef het.  Ons was ook ‘n “lekker” klomp mense bymekaar!

Die toer was goed beplan en georganiseer.  Julle was elke oomblik bereid om te help of raad te gee (tot oogdruppels ook!).  Wat ek sommer BAIE waardeer het, was die baie vrye tyd.

Ek vertel in elk geval vir almal van julle toere.  Duisendmaal dankie!

 

Ina en Beyers Cronje

Dit was ons lekkerste toer tot nou toe met die lekkerste groep mense! Baie dankie vir die goed georganiseerde toer. Hoogtepunte was volop, te veel om te noem. Ons sal julle toerprogramme vir die toekoms dophou.

 

Theo en Andrienne Botes

Baie dankie vir ‘n wonderlike toer. Julle reëlings was uit die boeke uit en ons het regtig baie memories gemaak.

 

Anne-Marie Pretorius

Baie baie dankie vir die mooi herhinneringe en al die vriendskappe gesmee,  dit was n ongelooflike toer, Dit was net n ongelooflike vakansie.

 

Petro Bosman 

Marius en Magda ons het al soveel kere gesê hoe heerlik dit was en wil dit maar net weer beaam!  Ek en Daan ken oorsee en toer... MAAR ons ken nie hierdie soort kuier nie!  Ons het waaragtig elke dag sooo geniet!  Lanklaas, indien ooit, soveel gelag.  Dit was vreeslik heerlik! 

Anton Botha 

Ons het die toer terdee geniet, baie meer as wat ek ooit sou kon droom. Julle reelings was puik en goed beplan. Die variasies wat jul aangebied het met kookkursus, wynproe en plekke wat ons besoek het is goed gebalanseer en heerlike ervarings. Ons hoop as tyd dit toelaat weer eendag saam met julle te kan toer.

 

Elsabe Daneel 

Baie baie dankie vir die lieflike Toskaanse toer wat jul vir ons moontlik gemaak het. Ek mis elke oomblik daarvan! Dankie vir al die lekkerte en hartlikheid wat jul tot die toer toegevoeg het. Dit was heerlik om al die besondere toerlede te leer ken.


Duvenhages – Kaapstad
Om oorsee te reis  as deel van ‘n toergroep, wil jy graag iemand met Marius se avontuurlus en liefde vir die lewe aan die stuur hê.  Ons het ‘n onvergeetlike reis meegemaak na onder meer Kroasië, die Alsace en ‘n kanaalbootreis in die Burgundy-streek in Frankryk.  Ons sal enige tyd weer saam met hom en Magda ‘n toer na die onbekende aanpak. 


Sanette Smuts
Ek was een van die bevoregte reisgenoot saam met Marius en Magda. Eers deur die Toskane en toe per kanaalboot in Frankryk. Herhinneringe wat blywend sal wees vir die res van my lewe. Ek vertrou dat ek  die geleentheid gegun sal word om dit weer mee te kan maak.


Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

Marius du Plooy:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

bottom of page