top of page

“To travel is to live.” 

Hans Christian Andersen

Toervoorwaardes:

 

INGESLUIT

Vlugte: Lugvervoer in ekonomiese klas soms vanaf Johannesburg en soms Kaapstad retoer. 

Belasting: Oorspronklike Lughawe- en Brandstofheffings.

Vervoer: Vervoer in luukse busse met lugversorging soos plaaslik beskikbaar.

Akkommodasie : Akkommodasie in goeie hotelle of apartamente. Enkel-akkommodasie is 

ekstra. Persone wat enkel reis maar graag wil deel, sal met 'n ander persoon in 'n twee-bed-kamer ingedeel word indien moontlik. As ‘n kamermaat nie gevind kan word nie, sal 'n een-persoon-bybetaling betaalbaar wees. Indien kamermaats aanpassings-probleme tydens 'n toer ontwikkel, mag hulle in enkelkamers geplaas word, maar teen ekstra koste.

Etes : Soos aangedui op reisplan.

UITGESLUIT

Reisdokumente en Versekering: Die reëlings en koste verbonde aan die verkryging van paspoorte, visums en reisversekering is vir u eie rekening en word deur uself hanteer.

Aansluitingsvlugte: Gee u asseblief voldoende tyd om moontlike aansluitings-vertragings te kan akkomodeer. 

Ander uitgawes soos: Opsionele uitstappies, aandvermaak, fooitjies, drankies, tee en koffie en privaat uitgawes soos wasgoed en telefoonoproepe, is vir u eie rekening.

BAGASIE

Passasiers word beperk tot een medium-grootte reistas per persoon wat normaalweg nie meer as 23kg mag weeg nie en een klein oornagsak per persoon wat nie meer as 7kg mag weeg nie. Dit verskil soms van lugredery tot redery. 

LW dat almal te alle tye hul eie bagasie moet dra/trek.

REISPLAN  

Die reisplan is onderhewig aan sinvolle verandering sonder kennisgewing.

TOERPRYS

Die toerprys is onderhewig aan tariefverhogings, wisselkoers-skommelinge en verhogings van lugreisgeld, lughawe-  en seehawe-belastings, brandstofheffings of enige ander onvoorsiene gebeure.  Indien daar verskille is sal jy voor vetrek ‘n faktuur vir die verskil ontvang.  Die wisselkoers sal geen invloed op die toerprys hê nie, so lank as wat dit onder R20.50 vir 2026-toere.  Brekeninge word gedoen op die dag wat fakture uitgereik word.

OUDERDOM EN MOBILITEIT OP TOERE

Daar is geen beperking op ouderdom nie. Al vereistes is dat toerlede: 

1.⁠ ⁠gemaklik teen n redelike spoed kan loop en 

2.⁠ ⁠dat hulle eie tasse kan hanteer en sleep.

DEPOSITO EN TOERGELDE

‘n Deposito soos aangedui op die toerdokument is betaalbaar om jou plek te verseker.  Die balans van die toergelde is betaalbaar 3 kalendermaande voor vertrek.

KANSELLASIES

Kansellasiefooie word soos volg gehef: Vanaf datum van bespreking tot en met 3 kalendermaande voor vertrek: Slegs verbeuring van deposito. Minder as 3 kalendermaande voor vertrek, verbeuring van totale bedrag. 

Toerlede: Toerlede word beperk tot normaal bewegende persone, wat gemaklik kan stap. Die reg word voorbehou om lidmaatskap te onttrek van ‘n persoon wie se optrede die gladde uitvoering van die toer of die genot en/of veiligheid van mede toerlede benadeel. 

Voortgang: Die voortgang van 'n toer is onderhewig aan minstens 20 passasiers. Indien ‘n onvoldoende aantal passasiers bespreek, kan ‘n toer gekanselleer en die depositos terugbetaal word, min R350 administratiewe fooi.

AANSPREEKLIKHEID 

Toeroperateurs: Die Toeroperateurs, Marius du Plooy Toere, en/of hulle agente en/of hulle leweransiers is nie aanspreeklik vir vertragings, voor, gedurende, of na afloop van die toer weens tegniese probleme, weersomstandighede, stakings of kommunikasie-opskortings nie. Die Toeroperateurs, en/of hulle agente en/of hulle leweransiers tree met die landreëlings slegs as agente op en met die voorbehoud dat hulle nie aanspreeklik gehou sal word vir dood, beserings, beskadiging, ongelukke, veranderings aan reisplanne, reisdokumente wat verlore raak, oponthoud, vertragings, of enige ander vorm van skade, opskortings of uitstel a.g.v. amptelike Suid-Afrikaanse of internasionale regulasies, besluite of risikos nie.

Lugrederye: Die betrokke lugrederye is nie verantwoordelik vir enige gebeurlikheid of ander probleem gedurende die tyd wat passasiers nie aan boord van hulle vliegtuie is nie.

WEGBREEK

Lugrederye vereis dat alle toerlede van dieselfde lughawe af vertrek, maar jy het egter die opsie om na afloop van die toer “weg te breek”, soos hulle dit beskryf.

  •  Ons word beperk deur die lugrederye tot net 20% van ons groep wat mag wegbreek.

  • As daar reeds 20% mense is wat wegbreek teen die tyd wat jy inskryf, mag geen verdere wegbreke toegelaat word nie.

 ‘n Wegbreek is om: 

  1. Na ‘n ander stad in SA terug te keer as die res van die groep.

  2. Later van dieselfde of ‘n ander stad af terug te keer na SA (keuse van Johannesburg of Kaapstad, as daar op die dag ‘n vlug beskikbaar is.)  

  3. As jy na die toer na ‘n ander land toe wil gaan, moet jy jou eie vlug daarheen bespreek. Ons sal dan net jou terugvlug van daardie stad af bespreek.

AL BOGENOEMDE KEUSES HET EKSTRA KOSTES

 

Die lugredery gee eers die “wegbreekbedrag” sowat 2-3 maande voor vertrek, net voordat die vliegkaartjies uitgereik word. Dan is daar nie tyd om dit individueel met alle “wegbrekers” te bespreek en te hoor of die prys vir hulle aanvaarbaar is nie.

Ons kan dus glad nie vir jou vooraf kan sê wat die ekstra wegbreek- of verlengings-bedrag sal wees nie. Jy sal dit eers op jou finale faktuur kan sien, en dan is daar nie omdraaikans nie. 

Jy het ook die opsie om jou eie vlugte te bespreek en dan gee ons vir jou ons groepsvlugprys as korting.

 

REISVERSEKERING

Reisversekering is elkeen se eie keuse en verantwoordelikheid.

 

L.W. Dat jy slegs betaal vir die tyd van die toer, maar dat jy van die oomblik wat jy dit uitneem (bv nou) verseker is vir kansellasie weens siekte of dood!  Hoe gouer jy dit dus uitneem hoe beter vir jou…sonder dat dit ekstra kos. 

bottom of page