top of page

Douro Riviervaart 2025

23 Maart - 3 April 2025
 

PLUS 2 nagte vrye tyd in Lisabon na die riviervaart

Daar word dikwels gesê: “Ontdek die skoonheid van die Douro en jy kyk direk in die siel van Portugal!”

 

Met 'n riviervaart op die Douro, verken ons hierdie pragtige streek van Portugal, van sy Middeleeuse stede tot sy eeue-oue wingerde. Gaan proe 'n paar heerlike portwyne, eet by 'n tradisionele quinta, verken strate vol oudwêreldse sjarme, of waag dit om die historiese en kulinêre lekkernye te ontdek. 

 

Iemand skryf: “’n Vaart op die Douro-rivier is dalk nie heeltemal dieselfde  as ander bekende Europese riviere nie, maar sy pragtige natuurskoon van skuins wingerd-terrasse gee dit ‘n voorsprong. Een van die beste dinge van 'n Douro-riviervaart is die ongerepte natuurskoon en fassinerende dorpe, kloosters en tuine. Die Douro is aansienlik minder kommersiëel as byvoorbeeld die Donau, die Seine, die Rhône of die Ryn. Trouens, wanneer ek oor my Douro-riviervaart nadink, dink ek aan woude en wingerde en rotse en voëls. Hoewel ons 'n paar ander rivierbote teëgekom het, het dit meestal gevoel asof ons die rivier vir onsself gehad het. En die Portugese is van die warmste en vriendelikste mense wat ek in Europa teëgekom het. Hulle lag maklik, vinnig met 'n grappie, trots op hul land en wil seker maak jy waardeer en geniet alles soveel soos hulle.”

 

Ons toer begin in Porto, die tuiste van Portwyn, straatkuns en "francesinhas" ('n Portugese toebroodjie met brood, ham, biefstuk, linguica-wors en gesmelte kaas bo-op). Porto het 'n unieke atmosfeer met elegante woonbuurte en groot villa's in smal geplaveide straatjies. Porto is net die perfekte grootte om te voet te verken en in sy stegies vol geskiedenis en nostalgie rond te dwaal. Gaan geniet ‘n aandstappie langs die Douro-rivier, ‘n besoek die tradisonele Mercado do Bolhão of  gaan proe van sy bekende Port-wyne.

 

Die toer eindig in Lisabon – Portugal se heuwelagtige hoofstad op die kus.  Een van Europa se mees charismatiese en lewendige stede met sy pastelkleurige geboue en kleurvolle kastele.

 

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

R57 500**

Koste: R57 9500 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – SLEGS DUBBEL- EN TWINKAJUITE NOG BESKIBAAR)

​

Deposito van R7 000

​

Bankbesonderhede:

Marius du Plooy Toere, 

Absa tjek, rekening 4059839026,

Takkode 632005.

Verskaf asb jou VAN en NAAM VAN DIE TOER as verwysing.

​

Kyk wat is ALLES ingesluit:

- Jou retoervlug

- ALLE vervoer na en van die lughawe

- Al jou etes op die boot

- Tussenpeusel op boot

- Alle nie-alkoholiese drinkgoed, asook alle bier & wyn op die boot.

- Twee nagte met bed en ontbyt in Lisabon-hotel

​

​

Toerprogram:

​

​23 Maart - Vertrek uit SA

24 - Op Arosa Alva en slaap in Porto

25 - Porto – Régua - Pinhão

26 - Pinhão – Vega Terron

27 - Vega Terron – Barca d-Alva

28 - Barca d-Alva – Pinhão

29 - Pinhão – Régua – Bitetos

30  - Bitetos – Cais da Lixa – Porto

31  – Af van boot - vry middag in Lisabon

April – Lisabon vrye tyd

2 – Terugvlug na SA

3 April -  Terug in SA

​

12 dae
23 Maart - 3 April 2025
 
Let wel dat lugrederye en bote eers     finale pryse verskaf 10 tot 12 maande voor die vertrekdatum. Ons toerpryse is dus gebasseer op die vorige jaar se pryse plus ‘n verwagte verhoging. Dit mag dus aangepas word.
 

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande

bottom of page