Kersmarkte en Andre Rieu
Andre Rieu-konsert in Maastricht….. PLUS
Riviervaart-kersfeesmarkte op die Ryn….. PLUS
Amsterdam en Brussel.
R57 900**
12 dae
Hierdie toer kan met geen ander vergelyk word nie.
Dink net… Die ongelooflike Andre Rieu-ervaring in Maastricht, vier nagte op die luukse Arosa Aqua op die Rynrivier in Duitsland op die Kersfeesmarkte-vaart, twee nagte in Brussel en twee nagte in Amsterdam, Dis byna soos ‘n vroeë kersgeskenk aan jouself.
​
Ons toer begin met die ongelooflike ervaring van die Andre Rieu-konsert in sy tuisdorp Maastricht.
Daarna vertrek ons na Cologne in Duitsland vir die Kersfees-marktevaart op die Arosa Aqua, waar daar vasgemeer word en jy die kersfeesmarkte in dorpies en stede in jou eie tyd gaan deursoek - Ons vaar na plekke plekke soos Cologne, Rűdesheim, Mainz, Frankfurt, Loreley Vallei en Koblenz.
Ons boot is lekker luuks en ruim met heerlike, binne-kuiergebied met groot vensters om die omgewing, met ‘n glasie in die hand, in te drink terwyl ons vaar.
Na die bootvaart vertrek ons na die pragtige Belgiese hoofstad, Brussel, vir twee dae se vrye tyd.
Daarna die twee nagte in Amsterdam waar jy tussen die talle gragte kan rondstap, die stad se bekende bakens raakkuier, maar… jy MOET êrens Poffertjies of ‘n groot, tradisionele Hollandse pannekoek verorber.
​
Aan die einde van die toer het jy ‘n magdom ervarings bymekaar gemaak wat ons vir jare nog bybly.
​​
​
Toerprogram:
​
12 Des
Vertrek uit SA
​
13 Des
Land in Amsterdam en vertrek na ons hotel in Maastricht en maak gereed vir vanaand se Andre Rieu-konsert!!!
Slaap in Maastricht
​
14 - 18 Des
Bus van Maastricht na Cologne waar ons op die AROSA Aqua klim vir die Kersmarkte-vaart op die Rynrivier en Cologne, Rűdesheim. Mainz, Frankfurt, Loreley Vallei en Koblenz raakkuier.
Alle etes, non-alkoholiese drank, asook wyn en bier is ingesluit.
Vrye tyd op elke dorp/stad. Jy het die opsie om van die boot se betaalekskursies gebruik te maak.
​
18 Des
Af van boot en vertrek na Brussel hotel – Vrye tyd
​
19 Des
Brussel vrye tyd. Vanaand eet ons saam.
​
20 Des
Vertrek na Amsterdam – vrye tyd
​
21 Des
Amsterdam vrye tyd en vanaand is ons afskeidsete saam
​
22 Des
Boek uit by Amsterdam hotel en na Schippol-lughawe vir ons
terugvlug na SA.
​
23 Des
Land in SA
​
Koste: R57 900 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R68 900). ​​
​
​
Kyk wat is ingesluit:
- Jou retoervlug
- ALLE vervoer na en van die lughawe en hotelle
- Al jou etes op die boot
- Tussenpeusel op boot
- Alle nie-alkoholiese drinkgoed, asook alle bier & wyn op die boot.
- Twee nagte met bed en ontbyt Amsterdam, ook in Bussel en een in Maastricht
​- Andre Rieu-konsert
Opsie: Om op te gradeer na ‘n Juliet-balkonkajuit teen +- R2 900 per persoon
Deposito van R7 000
Let wel dat lugrederye en bote eers finale pryse verskaf 10 tot 12 maande voor die vertrekdatum. Ons toerpryse is dus gebasseer op die vorige jaar se pryse plus ‘n verwagte verhoging. Dit mag dus aangepas word.
12 - 23 Desember 2025
12 - 23 Desember 2025
Marius du Plooy
Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za