Douro Riviervaart 2026
PLUS 2 nagte vrye tyd in Lisabon na die riviervaart
23 Maart - 3 April 2026
Hierdie is 'n tentative datum, wat bevestig sal word sodra die bootskedules vir 2026 bekend gemaak word.




Die toer begin met twee dae vrye tyd in Lisabon – Portugal se heuwelagtige hoofstad op die kus. Een van Europa se mees charismatiese en lewendige stede met sy pastelkleurige geboue en kleurvolle kastele. Hier het jy twee dae vrye tyd waar bed en ontbyt ingesluit is.
Dan vertrek ons Porto toe. Daar word dikwels gesê: “Ontdek die skoonheid van die Douro en jy kyk direk in die siel van Portugal!”
Met 'n riviervaart op die Douro, verken ons hierdie pragtige streek van Portugal, van sy Middeleeuse stede tot sy eeue-oue wingerde. Gaan proe 'n paar heerlike portwyne, eet by 'n tradisionele quinta, verken strate vol oudwêreldse sjarme, of waag dit om die historiese en kulinêre lekkernye te ontdek.
Iemand skryf: “’n Vaart op die Douro-rivier is dalk nie heeltemal dieselfde as ander bekende Europese riviere nie, maar sy pragtige natuurskoon van skuins wingerd-terrasse gee dit ‘n voorsprong. Een van die beste dinge van 'n Douro-riviervaart is die ongerepte natuurskoon en fassinerende dorpe, kloosters en tuine. Die Douro is aansienlik minder kommersiëel as byvoorbeeld die Donau, die Seine, die Rhône of die Ryn. Trouens, wanneer ek oor my Douro-riviervaart nadink, dink ek aan woude en wingerde en rotse en voëls. Hoewel ons 'n paar ander rivierbote teëgekom het, het dit meestal gevoel asof ons die rivier vir onsself gehad het. En die Portugese is van die warmste en vriendelikste mense wat ek in Europa teëgekom het. Hulle lag maklik, vinnig met 'n grappie, trots op hul land en wil seker maak jy waardeer en geniet alles soveel soos hulle.”
Ons begin in Porto, die tuiste van Portwyn, straatkuns en "francesinhas" ('n Portugese toebroodjie met brood, ham, biefstuk, linguica-wors en gesmelte kaas bo-op). Porto het 'n unieke atmosfeer met elegante woonbuurte en groot villa's in smal geplaveide straatjies. Porto is net die perfekte grootte om te voet te verken en in sy stegies vol geskiedenis en nostalgie rond te dwaal. Gaan geniet ‘n aandstappie langs die Douro-rivier, ‘n besoek die tradisonele Mercado do Bolhão of gaan proe van sy bekende Port-wyne.
​
Marius du Plooy
Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

R57 500**
Koste: R57 500 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – SLEGS DUBBEL- EN TWINKAJUITE NOG BESKIKBAAR)
​
Deposito van R7 000​
​​
Kyk wat is ALLES ingesluit:
- Jou retoervlug
- ALLE vervoer na en van die lughawe
- Al jou etes op die boot
- Tussenpeusel op boot
- Alle nie-alkoholiese drinkgoed, asook alle bier & wyn op die boot.
- Twee nagte met bed en ontbyt in Lisabon-hotel
​
​
Toerprogram:
​
​23 Maart - Vertrek uit SA
24 - Lisabon vrye tyd
25 - Lisabon vrye tyd
26 - Bus na Porto en op Arosa Alva - slaap op boot in Porto
27 - Porto – Régua - Pinhão
28 - Pinhão – Vega Terron
29 - Vega Terron – Barca d-Alva
30 - Barca d-Alva – Pinhão
31 – Pinhão – Régua – Bitetos
1 April – Bitetos – Cais da Lixa –
slaap op boot in Porto
2 – Af van boot en bus na Lisabon vir terugvlug
3 April - Terug in SA
​
12 dae
23 Maart - 3 April 2026
**Hierdie is die 2025 prys. Die 2026 prys sal eers 11 maande voor die toer bevestig word.