Franse Riviervaart vanaf Parys
Vaar vir 9 dae op die Sienerivier in die gemak van 'n luukse rivierboot. ALLE etes en meeste drinkgoed is ingesluit.
En 2 aande in Parys.
26 Augustus - 6 September 2026




Dag 1: Vertrek uit Suid Afrika.
​​
Dag 2: Die vaart begin (en eindig) in Parys en verken vir 9 dae ‘n stukkie van Noord-Frankryk. Talle stede, dorpe en landskappe wag op jou.
​
Dag 3: Jy verloor vinnig tred met tyd in Normandië se hoofstad, Rouen. Maar jy word weer daaraan herinner deur die 600 jaar oue 'Big Clock'. Dit is een van die wêreld se oudste astronomiese horlosies.
​
Dag 4: Aangesien een dag in die pragtige Rouen nie genoeg is nie, waarom nie nog 'n dag daar deurbring voordat ons verder vaar nie?
Dag 5: Hierdie stop op jou Seine-vaart is in die hawe van Le Havre. Dit is 'n stad in Normandië, noordwes-Frankryk waar die Seine in die see uitmond. Die historiese sentrum, wat 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied is, is net een van Le Havre se baie besienswaardighede.
​
Dag 6: Nog ‘n volle dag om die hawestad te verken.
Dag 7: Caudebec-en-Caux. Hierdie klein dorpie is in een van die groenste streke van Frankryk geleë. Die talle blomgevulde tuine nooi jou uit om langer te kuier. In die middestad weerspieël historiese geboue soos die kerk van Notre Dame of die Tempeliershuis die indrukwekkende geskiedenis van Caudebec.
Dag 8: Hierdie rustige dorpie Les Andelys is 'n idilliese plek omring deur die natuur op die oewer van die Seine. Dit is bekend vir sy kasteel, Château Gaillard. Alhoewel dit deesdae niks meer as 'n groot ruïne is nie, is dit maklik om te dink dat Richard the Lion Heart hier waghou vir die opmars van die vyand – die Franse – deur die Seine-vallei.
Vandag is waarskynlik een van die hoogtepunte van jou Seine-vaart -
Jy kry kans om die wêreldbekende Franse skilder, Claude Monet, se huis en tuin in Giverny te besoek. Dit is 'n magneet vir kuns- en kultuurliefhebbers en diegene met 'n romantiese neiging – en met reg. Die welige tuin lyk soos 'n land vol blomme reguit uit 'n impressionistiese skildery. Die hoogtepunt is die betowerende leliedam, die onderwerp van een van Monet se waardevolste skilderye. En jy kan dit van naby bewonder!
​Dag 9: Nog tyd in Vernon. Vaar dan verder en stap rond in die kern van bekoorlike La Roche-Guyon by die indrukwekkende kasteel - 'n majestueuse vesting wat hoog bo die Seine uittroon. Hierdie historiese plek, met 'n ryk verlede van meer as duisend jaar, nooi jou uit vir fassinerende begeleide toere deur sy kamers en tuine. Vanaf die torings kry jy ook asemrowende uitsigte oor die omliggende vallei en die rivier.
Die boot vaar vanaand Parys binne. Daar is talle maniere om die stad van liefde te ontdek. Kry 'n skouspelagtige uitsig oor Parys vanaf die top van die Eiffeltoring. Of wat van 'n wandeling langs die Champs-Élysées, wat jou na die manjifieke boulevards, eksklusiewe winkels en knus kafees neem. Dis beslis nie net kunsliefhebbers wat die Louvre, een van die wêreld se bekendste kunsmuseums, moet besoek nie.
Dag 10: Die laaste dag op die boot en die volle ontdekkings-dag in Parys behoort aan jou. Geniet onder meer die asemrowende metropool met sy baken - die beroemde Eiffeltoring. Dit is inderdaad die stad van liefde, drome en alles wat mooi is. Die laaste aand kan jy ook aan boord geniet… as jy wil.
Dag 11: Ons onvergeetlike riviervaart kom tot 'n einde. Die opwindende dae op die Seine en aan boord is verby.
Vandag vlieg ons terug Suid-Afrika toe.
En al wat oorbly is al die herinneringe wat brandhout word vir daai eendag se onthou-dag…
​
Dag 12: Aankoms in Suid-Afrika.
​

R59 700**
12 dae
Koste: R59 700 per persoon wat deel. (Enkelkajuitprys – R69 700)
​
Deposito van R7 000​
​​
Kyk wat is ALLES ingesluit:
- Jou retoervlug uit Suid Afrika
- ALLE vervoer na en van die lughawe
- Al jou etes op die boot
- Tussenpeusel op boot
- Alle nie-alkoholiese drinkgoed, asook bier & wyn op die boot.
​
​
​
Toerprogram:
​​
Dag 1 Vlieg uit Suid Afrika.
Dag 2 Land in Parys en vertrek die aand op ons Seinevaart.
Dag 3 Aankoms in Rouen.
Dag 4 Bly in Rouen.
Dag 5 Vaar van Rouen na Le Havre.
Dag 6 Vertrek laat-aand uit Le Havre.
Dag 7 Arriveer vroegogend in Caudebec-en-Caux en vertrek weer laataand.
Dag 8 Spandeer die oggend in Les Andelys en vaar dan tot in Vernon.
Dag 9 Oggendbesoek aan
La Roche-Guyon en bereik Parys die aand.
Dag 10 Ontdek Parys.
Dag 11 Verlaat die boot en groet Parys.
Dag 12 Land in Suid Afrika.
26 Augustus - 6 September 2026
**Hierdie is die voorlopige prys. Die finale prys sal eers 11 maande voor die toer bevestig word.
Ons vaar grootliks deur Normandië in die Noordweste van Frankryk. Die gebied is veral bekend vir Calvados – ‘n Appelbrandewyn wat gemaak word deur appel cider te vermenteer en te stook.
Normandië is uiteraard bekend vir die Normandië-inval tydens die Tweede Wêreldoorlog op 6 Junie 1944 (die mees gevierde D-dag van die oorlog).
Tydens ons vaart meer ons onder meer vas in die hawestad Le Havre, wat 'n belangrike rol gespeel het tydens die inval in Normandië.

Marius du Plooy
Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za