top of page

Marokko

Die Sahara woestyn, Atlas gebergtes, warm kleure en geure en ’n ryk geskiedenis. 

R41 900

12 dae
23 September - 5 Oktober 2026

Ons besoek stede soos Casablanca, Marrakech & Fes, asook die betowerende blou-stad Chefchaouen.

Een van die avonture is om op die rug van kamele deur die woestyn te reis na 'n woestyn-kamp, tot by ’n oase, waar ons die aand gaan spandeer in baie luukse Berber tente.  (4x4 alternatief as jy nie wil kameel-ry nie)

​

Volledige toerprogram:

​

23 Sept: V ertrek uit Johannesburg 

 

24 Sept:  Casablanca

Na ons geland het is Casablanca is daar tyd vir ‘n besoek aan die indrukwekkende die Hassan II-moskee - ‘n  meesterstuk van marmer en mosaïek wat half op land en half oor die see staan. Die minaret reik 210 meter hoog.  'n Seldsame voorbeeld van moskees wat deur nie-Moslems besoek kan word. In die moskee sal ‘n gids ons meer vertel oor die godsdienstige tradisies en rituele, asook die geskiedenis.

Dan is dit tyd om te gaan afsaal by die hotel.  Ons sal die eerste aand saam gaan eet naby aan die hotel.

In die aand sal ons almal saam eet.

 

25 Sept:  Casablanca – Chefchaouen

Ons verlaat Casablanca en reis na Chefchaouen.  Dis ‘n lang busrit, maar dit is lekker om te sien hoe die omgewing verander, met baie landbou-omgewing.  Graan, groente en vlugte, wat oorgaan in olywe.  Dan kom ons aan by die blou-stad, Chefchaouen.

 

26 Sept:  Chefchaouen 

Verken die blou-stad Chefchaouen - een van die mees bekoorlike en fotogeniese plekke in Marokko.  Met 'n kalm Medina, tussen die Rif-berge en die Middel-Atlas.  Chefchaouen is bekend vir sy handwerk en bokmelkkaas.  Ons het ‘n gids wat ons meer sal leer oor die kultuur en argitektuur. 

Alle paaie lei na Hamman-plein, waar die grootste moskee is.

 

27 Sept:  Chefchaouen – Meknès – Fes

Na 'n rustige ontbyt vertrek ons ​​na Fes en onderweg benut ons die geleentheid om die keiserlike stad Meknes vir middagete te besoek.

Sultan Moulay Ismail het daarvan gedroom om Meknes die pragtigste van die stede van Noord-Afrika te maak, vandaar die bynaam "Versailles van die Maghreb".

Ons besoek ook die Romeinse ruïnes van Volubilis. Volubilis tyd was vir lank die belangrikste Romeinse administrasiesentrum in Noord-Afrika, buite Egipte.

Teen laat-middag arriveer ons in Fes.

 

28 Sept:  Fes

Die doolhofagtige medina van Fes het meer as 9 000 strate en stegies, wat 'n unieke omgewing skep tussen lig en skaduwees. Dit word as 'n Wêrelderfenisgebied beskou.

Ons sal weer ‘n plaaslike gids hê, wat deeglik vertroud is met hierdie stad.Fes was eens die hoofstad van Marokko, en dit het Fatimidiese, Andalusiese, Arabiese en Joodse invloede. Die stad het sy hoogtepunt in die 13de eeu bereik en dit het 'n sentrum van kennis geword, met een van die wêreld se oudste universiteite. Ons sal die paleis, die Joodse kwartier, die Madrassa (ou skool en universiteit uit die 13de eeu) en die Koranskool kan besoek. Verder sal jy die outentieke handwerk van Fes en sy leerwerk besoek. Dit is moontlik om oorspronklike leerprodukte te koop naby die produksieplek, waar antieke metodes steeds gebruik word.

 

29 Sept:  Fes - Ifran – Midelt – Erfoud

Ons vertrek in die oggend na Erfoud.  Op pad verander die omgewing heeltemal en word meer bergagtige.  Ons besoek die betowerende sederwoude van Ifran en maak 'n kort stop maak in Ifran, 'n dorpie geleë tussen die Groot Atlas en die Middel-Atlas gebergtes.  Ifran staan ​​bekend as die "Marokkaanse Switserland", want dit lyk soos 'n Europese dorpie, met spitsdakke, en hulle kry selfs sneeu in die winter in die omgewing.   Tydens ons reis is dit moontlik om ape en ander

tipiese diere van hierdie woude te sien.

Op ons reis sal ons 'n kort stop maak in Midelt, 'n klein dorpie tussen die Atlas-gebergtes en die Sahara.  Van daar af verander die omgewing vinig na woestynagtig.

Dan kom ons aan by ons pragtige Kasbah Hotel. 'n Kashbah is 'n antieke vorm van kasteel, en selfs die woord kasteel het sy oorsprong in die woord Kashbah.  Ons Kasbah voel soos ‘n oase in die woestyn. 

 

30 Sept:  Erfoud – Merzouga-woestyn

Begin die dag met ‘n besoek aan ‘n plek waar daar fossielopgrawings gedoen word.   Daar is baie fossiele om te sien, soos trilobiete en ander primitiewe spesies, wat bewys dat die grond van die Sahara-woestyn eens, baie lank gelede, die bodem van 'n oseaan was.  

Ons vaar dan die diep woestyn in, waar ons die geleentheid sal hê om nomadiese volke te ontmoet.  

Laat-middag vertrek ons ​​op 'n onvergeetlike ervaring.  ‘n Kameelrit deur die rooi duine van Erg Chebbi, vir ongeveer 'n uur, totdat ons by die woestynkamp kom, waar ons in luukse Berber-tente gaan slaap.  As jy nie kameel wil ry nie, is dit doodreg.  Daar is ook 4x4-motors beskikbaar, wat jou tot by die woestynkamp sal neem.

Die kleure van die duine is 'n plesier van diegene wat van fotografie hou.  Daar sal aandete bedien word, gevolg deur tradisionele musiek rondom 'n kampvuur.  En dan... die absolute stilte van die woestyn en ‘n hemelruim vol sterre. 

 

1 Oktober:  Merzouga – Todra-kloof – Dades-vallei – Ouarzazate

Na 'n onvergeetlike nag in die woestyn, vertrek ons na iets heeltemal anders.  ‘n Rotsagtige landskap met diep klowe, die hoë Atlas-berge en die groen skoonheid van die Dades-vallei.

Ons sal die unieke geleentheid hê om die Todra-kloof te verken, deur padlangs te stap deur die toringhoë rotswande wat 600 meter hoog is, en net 10 meter breed by plekke.

Die Dades-vallei bied asemrowende skoonheid en verskeidenheid.  Hierdie vallei het dorre berge soos die woestyn, 'n vrugbare vallei waar jy die geluide en reuke van die natuur kan ervaar, berge waar jy sneeu in die winter kan sien, en verskeie tipiese Kasbahs – antieke ommuurde dorpies.  Jy sal Jbel Saghro kan sien, 'n besondere dorrre berg, met ‘n landskap wat vergelyk word met die oppervlak van die Maan.

Teen laat-middag sal ons aankom in Ouarzazate.

 

2 Oktober:  Ouarzazate – Marrakesh

Ons volg die "Roete van die Duisend Kasbahs".

In Ouarzazate kan jy die antieke muur, die versterking van Kasba Taouirt en die paleis van die Pasha Glaoui sien.  Daar is rolprentateljees in die omgewing, wat die belangrikste in Noord-Afrika is, wat in films soos die beroemde Lawrence of Arabia of Gladiator gebruik is.  Ons stop vir ‘n foto van Ait Benhaddou, wat deur UNESCO as 'n Wêrelderfenisplek beskou word en dit is die belangrike punt in die "Roete van die Duisend Kasbahs".  Die Kasbahs het verdediging gebied vir handelskaravane op die roete tussen die Sahara-woestyn en Marrakesh.   Dit word steeds bewoon en as 'n stel vir films soos "Gladiator" en "Game of Thrones".

Die middag arriveer ons in Marrakesh.

 

3 Oktober:  Marrakesh

Die oggend, word on vergesel deur 'n plaaslike gids, wat hierdie stad bied, kan geniet, sy geskiedenis kan verken en die atmosfeer van fantasie en verrassing wat Marrakesh nog altyd gehad het.

Daar is verskeie monumente om te besoek, waaronder die volgende: 

Koutoubia-moskee: Sonder twyfel die bekendste en mees
afgeneemde monument in Marrakech.  Die Koutoubia-moskee is in die 12de eeu gebou en het gedien as model vir die Giralda in Sevilla en die Hassan-toring in Rabat.

Bahia-paleis: Hierdie pragtige, uitspattige 19de-eeuse paleis is gebou om die beste in Marrakech te wees. Die paleis het ’n groot tuin, ’n sentraalbinnehof en verskeie kamers wat ongelooflik versier is met die werk van vakmanne wat spesiaal uit die stad Fez gekom het om hier te werk.

Saadiese Grafkelders: Hierdie 16de-eeuse grafkelders is gebou deur Ahmad al-Mansur, en daar is mausoleums vir die liggame van sowat 60 lede van die oorspronklike Saadiese Dinastie van die Draa-riviervallei in die suide van die land. Interessant genoeg is die grafkelders eers in 1917
ontdek. Hierdie grafkelders is een van die mees besoekte monumente in Marrakech.

​

Snags kan jy aandete geniet in die omgeving van die hotel, of op die fantastiese Jamaa el Fna-plein, waar die mengsel van geure, musiek en vertonings inspirasie bied, en waar toeriste en plaaslikes dikwels saamvloei en sy aan sy eet.  Hier kan jy die beste van Marokkaanse straatskos ervaar.  Daar is verskeie stalletjies, elk met hul eie spesialiteit, en natuurlik die tipiese disse, van Tagine tot Couscous, tot Tangia - ’n Marrakech-spesialiteit, dit is ’n stadig-gekookte bredie van lam, bees of hoender met speserye en gepekelde suurlemoen.

Dit is ’n ervaring wat jy nie moet misloop nie.

 

4 Oktober:  Marrakesh - Casablanca

Vroegoggend groet ons vir Marrakesh en ry per bus na die lughawe in Casablanca, vir ons terugvlug na Suid-Afrika.

 

5 Oktober:  Land in Johannesburg

 

​

Koste: R41 900 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R48 450)

​

Ingesluit:

  • Vlugte uit SA

  • Alle Hotelle / Riads (Gratis Wifi)

  • Ontbyt daagliks

  • 5 aandetes 

  • Vervoer (lugversorgte voertuig)

  • Professionele Gids

  • Kameel Safari

  • 4x4 Woestynrit

 

Sodra jy die toervoorwaardes aanvaar het, betaal die deposito van R7 000 per persoon in om jou plek te verseker.

​

Toerprogram na Marokko:

​

Dag 1: Vertrek uit SA

 

Dag 2: Casablanca 

Arriveer in Casablanca 

Besoek die Hassan II Moskee

blyplek, met aandete saam 

 

Dag 3: Casablanca - Chefchaouen

Vertrek na Chefchaouen

​

 Dag 4: Chefchaouen

Ontdek die bekende blou-stad Chefchaouen

​

 Dag 5: Chefchaouen - Meknes - Fes 

Ry na Fes via Meknes 


Dag 6: Fes

 

Dag 7: Fes - Ifran - Erfoud- Ziz Vallei


Dag 8: Ziz Vallei - Merzouga Woestyn

Die Middag kan jy kies tussen kamele of 4x4 voertuie deur die duine van die Sahara, tot by ’n oase, waar ons die aand slaap in luukse tente, met traditionele ete ingesluit.

 

Dag 8: Merzouga - Todra Gorges - Dades Vallei

 

Dag 9: ​Dades Vallei - Marrakech  

 

Dag 10: Marrakech

 

Dag 11: MarrakechCasablanca 

Vlug terug na SA

 

Dag 12: Aankoms in SA

​

​

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

​

Deposito van R7 000

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png
23 September - 5 Oktober 2026
Elke toerlid moet volgens huidige reels, persoonlik in Pretoria uitkom vir 'n visum afspraak.  Tensy jy kwalifiseer vir 'n eVisum.
bottom of page