top of page

Slowenië & Kroasië

11 - 25 Augustus 2025
 
Dubrovnik, Eilande Korcula & Hvar, Split, Plitvice watervalle, Wyn, Ljubljana, Bled meer, Postojna grotte.
 

Ons vlieg tot in Dubrovnik, reg in die suide van Kroasië, aan die Adriatiese see. In jou vrye tyd kan jy gaan stap hoog op die honderde jare-oue klipmuur rondom die ou stad, en die eeueoue kobbelstrate en geboue geniet. Dubrovnik, die "Pêrel van die Adria". is ook waar baie tonele van Game of Thrones verfilm is. 

 

Kroasië kom tot sy reg wanneer ons vir drie dae tussen van die eilande van Kroasië deurvaar, anker gooi en in die see swem. Nadat ons in Split anker gooi, gaan slaap in die pragtige hawedorpie Trogir. 

 

Ons slaap naby die Plitvice Nasionale Park - seker een van die wêreld se mooiste natuurgebiede waar jy honderde meter ver op houtbruggies (cat walks) langs kan stap terwyl ‘n wonderwêreld bo en rondom jou afspeel. Daar is 16 groter en tientalle kleiner blougroen mere en damme en riviertjies wat met honderde watervalle en strome inmekaar vloei en stort. Jy voel soos ‘n miniatuurmens wat verdwerg word terwyl ‘n waterval-simfonie tussen die bosse deur sweef.   

 

Dan een van Slowenië se pragtige wynstreke en slaap in die wynomgewing van Jeruzalem. Hier gaan ons lekker, Sloweense wyn proe en die ongelooflike omgewing geniet. 

​

Daarna die res van Slowenië vir ‘n ervaring van ‘n leeftyd: Die hoofstad, Lubljana, is ons basis vir die volgende klompie nagte. Lubljana met sy elkedagmark aan die Ljubljanica-rivier, wat soos ‘n reuse slang deur die middel van Lubljana kronkel. Van die varsste vrugte en groente staan die reuse markplein vol. Gaan kronkelstap oor die talle brue, gaan sit by een van die menigte restaurantjies en drink stadig aan die bier of wyn in jou hand, terwyl jy ook die omgewing gulsig indrink.  

 

Ons stap deur die ongelooflike, reusagtige Postoijna grotte met sy asemrowende 20-kilometerlange netwerk van grotte en verbindings. ‘n Unieke bierproe-ervaring wag op ons en die wonderskone Bled-meer waar ons met Pletnabote vaar tot op die eiland in die middel van die meer. Daarna ‘n rit op die een-en-‘n-half kilometer-hoë Vogel ski-oord-kabelkar. Jy het ook genoeg vrye tyd om eie herinneringe te versamel.

 

Die Slowene het ‘n besondere verskeidenheid kossoorte wat redelik beïnvloed is deur omliggende lande. Daarom kry jy pasta in verskeie vorme - Italiaanse invloed. Maar vleis bly die hoofgereg met verskillende worssoorte wat duidelik die invloed van die aangrensende Oostenryk is, terwyl Kroasië en die res van die Balkanstate se braai-vleisresepte in Slowenië beland het. Hulle is ook sterk gefokus op kraakvars groente en vrugte wat op elke straatmark te koop is. Met vol mae en sakke vol herinneringe pak ons ons terugvlug huistoe aan, want ons het baie brandhout bymekaargemaak vir ons oudag...

 

“Moenie dat jy eendag wakker word en sonder tyd om DIT te doen wat jy nog altyd WOU gedoen het nie.’

Marius du Plooy
 

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande

R59 200**

15 dae
11 - 25 Aug 2025
 

Koste: R59 200 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R65 400)

​

Deposito van R6 000

​

Ingesluit: Vlugte, alle verblyf en toegang soos in die program aangedui, 3 nagte bootvaart, alle ontbyte, nege ander etes & busvervoer,

 

Uitgesluit: Vrywillige fooitjies en als wat nie as ingesluit aangedui word nie.

​

​

Toerprogram:  

​

11 Aug  

Vertrek uit SA na Dubrovnik

12 Aug

Slaap in Dubrovnik hotel. Aandete ingesluit.

 13 Aug

Ontbyt en dag vrye tyd in Dubrovnik 

14 Aug

Na ontbyt op ons spoggerige boot, die Dalmatia, tot by die eiland Korcula waar ons op die boot slaap. Middagete ingesluit

15 Aug

Boot na Hvar. Slaap by die bekende eiland, Hvar. Ontbyt en middagete

16 Aug

Boot van Hvar na Split ons laaste nag op die boot. Ontbyt en middagete ingesluit

17 Aug

Ontbyt. Af van boot en bus na Trogir. Slaap Trogir

18 Aug

Na ontbyt, vertrek via Zadar na Hotel Mirjana Rastoke. Aandete ingesluit.

19 Aug

Bus na die Plitvice Waterval. Daarna eie koste en vrye tyd vir bv. zipline, quad bike en/of ontspan by die hotel 

20 Aug

Na ontbyt - oor die grens na Slowenië en die Hotel Radin Radenski-warmwaterbron in die pragtige Jeruzalem wyngebied.. Aandete ingesluit. 

21 Aug

Na ontbyt (vinnige laaste swem in die reuse, binneshuise, warmbron-swembad) gaan ons wyn proe op ‘n wynlandgoed in die asem-rowende wyngebied. Dan bus na Ljubljana.

22 Aug

Na ontbyt - besoek die reusagtige Postojna grotte, geniet ‘n unieke bierproe met ligte middagpeusel. Terug na Ljubljana.

23 Aug

Na ontbyt besoek ons lake Bled, vaar met ‘n tradisionele Pletnaboot. Daarna ‘n kilometer op in die Bonhi kabelkar met middagete. Slaap in Ljubljana.

24 Aug

Totsiens Ljubljana en vertrek na Skofja Loka en ‘n koebaai- middagete met ‘n besondere uitsig. Daarna na lughawe en vlieg na SA.

25 Aug

Aankoms SA

Let wel dat lugrederye en bote eers     finale pryse verskaf 10 tot 12 maande voor die vertrekdatum. Ons toerpryse is dus gebasseer op die vorige jaar se pryse plus ‘n verwagte verhoging. Dit mag dus aangepas word.
 
bottom of page