Marius du Plooy Toere  

       is deel van die

Capetowning groep.

083 787 1234     marius@fundipro.co.za

© 2015 by Capetowning.

 

Vrye teuels

               Argentinië          

               Met maksimum selfontdektyd

16 – 28 September 2020
(Skoolvakansie) 
 
Geen Visum Nodig nie
Kom ervaar die egte energie van Suid-Amerika
1/8

R38 855

13
dae

Argentinië:

Beslis Suid-Amerika se “makste” land, maar oorloopvol van die energie & vriendelikheid van hierdie kontinent.  Argentinië is ook skatryk aan geskiedenis & argitektuur, met die Spaanse taal, kultuur en leefstyl van die mense van Suid-Amerika.  Veral Buenos Aires lyk dalk soos ‘n Europese stad, maar daar is ‘n warmte tussen die mense wat baie anders is as Europa.  En natuurlik het Argentinië ‘n absoluut eiesoortige Suid-Amerikaanse leeftempo.

 

Ons fokusstede is Buenos Aires en Mendoza, met die vryheid om te doen en te gaan waar jy wil, tussen die paar vaste besoeke op ons toerprogram.

 

Daar is so baie om te sien & doen in Buenos Aires en ‘n groot verskeidenheid van daguitstappies.  Ons sal vir 8 dae gebaseer wees in die kleurvolle stad.

 

Ons het een aand ‘n aandete met ‘n tipies-Argentynse tango-vertoning.  Ons kom ook uit die stad uit, om een van hulle groot bees-plase, of estancias te besoek.  Die Argentyne is oor-bekend vir hulle beesvleis. Daarom het ons ‘n eg-tradisionele Argentynse braai (asado) ingesluit, terwyl ons vermaak word met plaaslike musiek & dans.  Terselfdertyd ervaar ons ook die vernuftigheid van hulle “cowboys” (die gauchos).

 

 

 

Een van die opsionele daguitstappies wat sterk aanbeveel kan word, is die Tigre Delta – een van die wêreld se grootste en die enigste groot delta wat nie in die see uitmond nie.   Dit vloei uit in die Río de la Plata, tussen Argentinië en Uruguay.  Dis ‘n wonderlike, boheemse gevoel tussen die klein sytakkies van die rivier, waar mense woon en lewe. 

 

Nog ‘n opsionele daguitstappie is om Montevideo te besoek, in Uruguay.  ‘n Karaktervolle ou stad, wat lyk of dit stil gestaan het in tyd.

 

Daarna vlieg ons na Mendoza -  een van die bekendste wynstreke ter wêreld, met meer as 1500 wynlandgoede - veral bekend vir hulle Malbec wyne.  Ons is vir 3 dae gebaseer in Mendoza, aan die voete van die reuse Andes- gebergtes.

 

Hierdie toer is ‘n loshande en selfontdek-avontuur om die wêreld op jou eie manier raak te kuier en om elke stad se ongelooflikhede in jou eie tyd te verken.

 

Die toer is ontwerp met die vryheid vir elkeen se eie voorkeure en belangstellings. (Jy betaal dus nie ekstra vir ander mense se belangstellings nie.)

Ons verskaf vir jou inligting van die belangrikste en lekkerste dinge om in elke stad te sien en te doen.

 

As jy jou toer wil verleng, kan jy na die tyd wegbreek. Ons pas dan net jou terugvlug daarvolgens aan.

Skakel my by 083 787 1234 of stuur ‘n e-pos aan marius@fundipro.co.za

 

Marius du Plooy, Toerleier * Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte * Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent * SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere * Besoeke aan en ervaring van 12 lande

 

 

 

   

16–28 September 2020 
 

Koste:  R38 855 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R43 980)

Ingesluit: 4-ster hotelverblyf, alle vlugte, ontbyte en 2 ander etes. Bonus: ‘n Bustoer in Buenos Aires, ‘n Tango-vertoning, Estancia-besoek en 'n wyntoer in Mendoza. 

Uitgesluit: Ander middag- en aandetes, besoeke en toegang.

R5000 per persoon deposito is betaalbaar om jou plek te verseker.

Bankrekening:

Marius du Plooy Toere, Absa tjek, rekening 4059839026, Takkode 632005.

Jou VAN is die verwysing. Stuur die bewys van betaling aan marius@fundipro.co.za 

 

Jou betaling verseker jou plek en bevestig aanvaarding van die toervoorwaardes.

 

Toerprogram:  

16 Sept

Vertrek die oggend uit SA en arriveer dieselfde dag in Buenos Aires

17 Sept

Selfontdektyd en slaap in Buenos Aires

18 Sept

Estancia dagbesoek.  Op- & aflaai by hotel

Slaap in Buenos Aires

19 Sept

Selfontdektyd en slaap in Buenos Aires

20 Sept

Selfontdektyd en slaap in Buenos Aires

21 Sept

Selfontdektyd tydens die dag

Tangovertoning & aandete

Slaap in Buenos Aires

22 Sept

Selfontdektyd en slaap in Buenos Aires

23 Sept

Selfontdektyd en slaap in Buenos Aires

24 Sept

Vlieg na en slaap in Mendoza

25 Sept

Selfontdektyd en slaap in Mendoza

26 Sept

Selfontdektyd en slaap in Mendoza

27 Sept

Vlieg via Buenos Aires terug na Suid-Afrika

28 Sept

Aankoms in Suid-Afrika