Slowenië & Kroasië
23 Augustus - 6 September 2024
Baie vrye tyd en:
Eilande, watervalle, grotte, straatmarkte, wyne, eeue-oue plekke.. en lipleklekker kosse




Ons vlieg tot in Dubrovnik, reg in die suide van Kroasië, aan die Adriatiese see. In jou vrye tyd kan jy gaan stap hoog op die honderde jare-oue klipmuur rondom die ou stad, en die eeueoue kobbelstrate en geboue geniet. Dubrovnik, die "Pêrel van die Adria". is ook waar baie tonele van Game of Thrones verfilm is.
Kroasië kom tot sy reg wanneer ons vir drie dae tussen van die eilande van Kroasië deurvaar, anker gooi en in die see swem. Nadat ons in Split anker gooi, gaan slaap in die pragtige hawedorpie Trogir.
Ons slaap naby die Plitvice Nasionale Park - seker een van die wêreld se mooiste natuurgebiede waar jy honderde meter ver op houtbruggies (cat walks) langs kan stap terwyl ‘n wonderwêreld bo en rondom jou afspeel. Daar is 16 groter en tientalle kleiner blougroen mere en damme en riviertjies wat met honderde watervalle en strome inmekaar vloei en stort. Jy voel soos ‘n miniatuurmens wat verdwerg word terwyl ‘n waterval-simfonie tussen die bosse deur sweef.
Dan een van Slowenië se pragtige wynstreke en slaap in die wynomgewing van Jeruzalem. Hier gaan ons lekker, Sloweense wyn proe en die ongelooflike omgewing geniet.
Daarna die res van Slowenië vir ‘n ervaring van ‘n leeftyd: Die hoofstad, Lubljana, is ons basis vir die volgende klompie nagte. Lubljana met sy elkedagmark aan die Ljubljanica-rivier, wat soos ‘n reuse slang deur die middel van Lubljana kronkel. Van die varsste vrugte en groente staan die reuse markplein vol. Gaan kronkelstap oor die talle brue, gaan sit by een van die menigte restaurantjies en drink stadig aan die bier of wyn in jou hand, terwyl jy ook die omgewing gulsig indrink.
Ons stap deur die ongelooflike, reusagtige Postoijna grotte met sy asemrowende 20-kilometerlange netwerk van grotte en verbindings. ‘n Unieke bierproe-ervaring wag op ons en die wonderskone Bled-meer waar ons met Pletnabote vaar tot op die eiland in die middel van die meer. Daarna ‘n rit op die een-en-‘n-half kilometer-hoë Vogel ski-oord-kabelkar. Jy het ook genoeg vrye tyd om eie herinneringe te versamel.
Die Slowene het ‘n besondere verskeidenheid kossoorte wat redelik beïnvloed is deur omliggende lande. Daarom kry jy pasta in verskeie vorme - Italiaanse invloed. Maar vleis bly die hoofgereg met verskillende worssoorte wat duidelik die invloed van die aangrensende Oostenryk is, terwyl Kroasië en die res van die Balkanstate se braai-vleisresepte in Slowenië beland het. Hulle is ook sterk gefokus op kraakvars groente en vrugte wat op elke straatmark te koop is. Met vol mae en sakke vol herinneringe pak ons ons terugvlug huistoe aan, want ons het baie brandhout bymekaargemaak vir ons oudag...
“Moenie dat jy eendag wakker word en sonder tyd om DIT te doen wat jy nog altyd WOU gedoen het nie.’
R49 750
14 dae
23 Aug - 6 Sept 2024
Koste: R49 750 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R54 500)
Deposito van R6 000
Bankbesonderhede:
Marius du Plooy Toere,
Absa tjek, rekening 4059839026,
Takkode 632005.
Verskaf asb jou VAN en NAAM VAN DIE TOER as verwysing.
Ingesluit: Vlugte, verblyf, alle ontbyte, nege ander etes & busvervoer, Op die boot ook: Water, middagtee of -koffie, volledig-ingerigte kajuite, lugversorger, haardroëer, kaste, wifi, sondek, ens.
Uitgesluit: Vrywillige fooitjies, drinkgoed soos van die bootkroeg, en als wat nie as ingesluit aangedui word nie.
Toerprogram:
Dag 1: Vertrek uit SA na Dubrovnik.
Dag 2: Aankoms Istanbul, Dagtoer deur Istanbul met middagete en vertrek die aand na Dubrovnik & Slaap daar in hotel.
Dag 3: 11uur inboek op die boot en dan vrye tyd in Dubrovnik tot 15.00 wat die boot vertrek na Korcula. Aandete op die boot.
Dag 4: VVaar van Korcula na Hvar en slaap in Hvar op die boot. Middagete ingesluit.
Dag 5: Vaar van Hvar na Split en slaap in Split op die boot. Middagete ingesluit.
Dag 6: 09.00 Af van boot af en vertrek per bus na en slaap in Trogir. Aandete ingesluit.
Dag 7: Besoek Zadar se waterorrel en dan na ons hotel in Slunj met aandete.
Dag 8: Besoek Plitvice watervalle. Dan oor Slovenië-grens na Jeruzalem wynstreek met aandete in Hotel Radin Radenski, wat ‘n warmwaterbron is.
Dag 9: Laatoggend deur die pragtige wynomgewing met ‘n heerlike wynproe. Vertrek na Ljubljana - Hotel Park.
Dag 10: Markdag en dag vrye tyd in & slaap Ljubljana.
Dag 11: Besoek Postojna grotte, ‘n besondere bierproe plus ligte middagpeusel. Slaap in Ljubljana.
Dag 12: Besoek lake Bled, kasteel & Vogel kabelkar met middagete. Slaap in Ljubljana.
Dag 13: Totsiens Ljubljana en besoek Skofja Loka vir afsluit-middagete. Dan na Ljubljana lughawe vir vlug na Istanbul. ‘n Paar uur later - vertrek na middernag terug na SA.
Dag 14: Vertrek na SA en aankoms in SA teen middeldag.
Marius du Plooy
Toerleier:
Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

- Toerleier van Europese toere en Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande