top of page

Slowenië & Kroasië

 23 Augustus  - 6 September 2024
 

Baie vrye tyd en: 
Eilande, watervalle, grotte, straatmarkte, wyne, eeue-oue plekke.. en lipleklekker kosse

Ons vlieg tot in Dubrovnik, reg in die suide van Kroasië, aan die Adriatiese see. In jou vrye tyd kan jy gaan stap hoog op die honderde jare-oue klipmuur rondom die ou stad, en die eeueoue kobbelstrate en geboue geniet. Dubrovnik, die "Pêrel van die Adria". is ook waar baie tonele van Game of Thrones verfilm is. 

 

Kroasië kom tot sy reg wanneer ons vir drie dae tussen van die eilande van Kroasië deurvaar, anker gooi en in die see swem. Nadat ons in Split anker gooi, gaan slaap in die pragtige hawedorpie Trogir. 

 

Ons slaap naby die Plitvice Nasionale Park - seker een van die wêreld se mooiste natuurgebiede waar jy honderde meter ver op houtbruggies (cat walks) langs kan stap terwyl ‘n wonderwêreld bo en rondom jou afspeel. Daar is 16 groter en tientalle kleiner blougroen mere en damme en riviertjies wat met honderde watervalle en strome inmekaar vloei en stort. Jy voel soos ‘n miniatuurmens wat verdwerg word terwyl ‘n waterval-simfonie tussen die bosse deur sweef.   

 

Dan een van Slowenië se pragtige wynstreke en slaap in die wynomgewing van Jeruzalem. Hier gaan ons lekker, Sloweense wyn proe en die ongelooflike omgewing geniet. 

Daarna die res van Slowenië vir ‘n ervaring van ‘n leeftyd: Die hoofstad, Lubljana, is ons basis vir die volgende klompie nagte. Lubljana met sy elkedagmark aan die Ljubljanica-rivier, wat soos ‘n reuse slang deur die middel van Lubljana kronkel. Van die varsste vrugte en groente staan die reuse markplein vol. Gaan kronkelstap oor die talle brue, gaan sit by een van die menigte restaurantjies en drink stadig aan die bier of wyn in jou hand, terwyl jy ook die omgewing gulsig indrink.  

 

Ons stap deur die ongelooflike, reusagtige Postoijna grotte met sy asemrowende 20-kilometerlange netwerk van grotte en verbindings. ‘n Unieke bierproe-ervaring wag op ons en die wonderskone Bled-meer waar ons met Pletnabote vaar tot op die eiland in die middel van die meer. Daarna ‘n rit op die een-en-‘n-half kilometer-hoë Vogel ski-oord-kabelkar. Jy het ook genoeg vrye tyd om eie herinneringe te versamel.

 

Die Slowene het ‘n besondere verskeidenheid kossoorte wat redelik beïnvloed is deur omliggende lande. Daarom kry jy pasta in verskeie vorme - Italiaanse invloed. Maar vleis bly die hoofgereg met verskillende worssoorte wat duidelik die invloed van die aangrensende Oostenryk is, terwyl Kroasië en die res van die Balkanstate se braai-vleisresepte in Slowenië beland het. Hulle is ook sterk gefokus op kraakvars groente en vrugte wat op elke straatmark te koop is. Met vol mae en sakke vol herinneringe pak ons ons terugvlug huistoe aan, want ons het baie brandhout bymekaargemaak vir ons oudag...

 

“Moenie dat jy eendag wakker word en sonder tyd om DIT te doen wat jy nog altyd WOU gedoen het nie.’

 

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

Marius du Plooy
 

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

R49 750

15 dae
23 Aug - 6 Sept 2024
 

Koste: R49 750 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R54 500)

Deposito van R6 000

Ingesluit: Vlugte, verblyf, alle ontbyte, nege ander etes & busvervoer, Op die boot ook: Water, middagtee of -koffie, volledig-ingerigte kajuite, lugversorger, haardroëer, kaste, wifi, sondek, ens. 

 

Uitgesluit: Vrywillige fooitjies, drinkgoed soos van die bootkroeg, en als wat nie as ingesluit aangedui word nie.

  Toerprogram:  

23 Aug

Vertrek uit SA

24 Aug

Via Istanbul na en slaap Dubrovnik, Hotel Lero

25 Aug

Ontbyt en oggend vrye tyd in Dubrovnik. Boot vertrek +- 13.00 na eiland Korcula vir self rondloop of amptelike toer op eie koste. Swem elke dag van die boot af in die see… as die weer dit toelaat. Middagete ingesluit.

26 Aug

Boot vaar van Korcula na die bekende eiland Hvar, waar jy self kan verken of amptelike toer teen eie koste. Slaap weer op die boot. Ontbyt en middagete ingesluit.

27 Aug

Vaar van Hvar na Split vir vrye tyd. Slaap in Split op die boot. Ontbyt en middagete ingesluit.

28 Aug

Na ontbyt - Af van die boot af en bus na Trogir, Palace Derossi. Geniet die gangetjies, strate en restaurante van die ou stad wat dateer uit 3000 voor Christus. Slaap in Trogir. 

29 Aug

Vertrek via Zadar na Hotel Mirjana Rastoke, ‘n paar kilometer vanaf die Plitvice watervalle. Ontbyt en aandete ingesluit.

30 Aug

Bus na die Plitvice Watervale. Daarna selfs kans vir Zipline & Quadbikes (eie koste). Slaap weer Hotel Mirjana Rastoke. Ontbyt en aandete ingesluit.

31 Aug

Vertrek na Slowenië en slaap in die Radin Radenski-warmwaterbron-hotel in die pragtige Jeruzalem wyngebied. Ontbyt en aandete ingesluit. 

1 Sept

Na ontbyt vir die wat wil, swem weer in die heerlike, reuse, binneshuise, warmbron-swembad. Dan gaan ons wyn proe op ‘n wynlandgoed met ‘n asemrowende uitsig. Dan per bus na Ljubljana.

2 Sept

Besoek die reusagtige Postojna grotte, geniet ‘n unieke bierproe plus ligte middagpeusel. Slaap in Ljubljana. Ontbyt en ligte middagete.

Sept

Besoek lake Bled, vaar met ‘n tradisionele Pletnaboot. Dan ‘n kilometer op in Bohinj by die Vogel kabelkar vir middagete. Slaap in Ljubljana. Ontbyt en ligte middagete. 

Sept

Totsiens Ljubljana en besoek Skofja Loka en ‘n koebaai- middagete met ‘n besondere uitsig. 

20.20 Vertrek uit Ljubljana na Istanbul. Slaap in Istanbul

Sept

Vrye tyd in Istanbul. Ons boek uit en tasse word by die hotel bewaar. Almal moet teen 18.00 terug wees by die hotel wanneer ons lughawe toe vertrek vir die terugvlug na Kaapstad, kort na middernag. 

Sept

01.40 – Vlug vertrek na SA

11.50 – Vlug land in Kaapstad

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande

Ons gewilde toere en vakansies:

bottom of page