Mediterreense Bootvaart
+ 2 nagte in Cinque Terre
11 - 22 Mei 2025
MSC Fantastica -
Italië-Tunisië-Spanje-Frankryk-Italië
R49 950**
12 dae
11 - 22 Mei 2025
7 nagte en 4 lande in MSC-luuksheid:
Ons vaar vanaf Genoa en stop in Napels, Palermo, La Goulette, Barcelona en Marseille.
Dan ‘n bonusbesoek – 2 nagte in die ongelooflike Cinque Terre: 5 kleurvolle dorpies wat bo die see van die Italiaanse Riviera hang. Hier het jy vrye tyd om als in jou eie tyd te gaan ervaar.
​
Toerprogram
​
10 Mei
Vertrek van SA na Bologna (Italië)
11 Mei
Aankoms. Bus na Genoa. Laatmiddag op boot en vertrek vir ‘n ongelooflike, weeklange vaart.
12 Mei
Vasmeer vir dagbesoek in Marseille, Frankryk. Eie besoeke of amptelike uitstappies teen koste.
13 Mei
Vaar op see na Spanje
14 Mei
Vasmeer vir dagbesoek in Barcelona, Spanje. Eie besoeke of amptelike uitstappies teen koste.
15 Mei
Vasmeer vir dagbesoek in La Goulette, Tunisië. Eie besoeke of deel van amptelike uitstappies teen koste.
16 Mei
Vasmeer vir dagbesoek in Palermo, Italië. Eie besoeke of amptelike uitstappies teen koste.
17 Mei
Vasmeer vir dagbesoek in Napels, Italië. Eie besoeke of amptelike uitstappies teen koste.
18 Mei
Vasmeer in Genoa. Einde van boottoer. Vervoer na La Spezia vir verblyf in Cinque Terre-hotel. Vrye tyd in middag en aand. Aandete.
19 Mei
Ontbyt en dag vrye tyd in Cinque Terre. Dag-treinkaartjie word voorsien om dorpies (baie na aan mekaar) te besoek.
20 Mei
Ontbyt. Vertrek laatoggend per toerbus na Bologna vir vlug via Istanbul na SA.
21 Mei
Terugvlug na SA vroegoggend (+-01.30) en aankoms dieselfde dag in SA.
Koste: R49 950 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R56 750)
​
​Ingesluit:
* Internasionale vlugte
* Landvervoer van lughawe na boot
* Verblyf met alle etes op die boot
* Buitekajuit (Opgradering na balkonkajuit +- R2000)
* Vervoer vanaf boot na Cinque Terre
* Vierster-verblyf met 2 etes per dag in Cinque Terre
* Vervoer na lughawe in Bologna vir terugvlug.
​
Die deposito van R7 000 per persoon moet in die onderstaande bankrekening inbetaal word om jou plek te verseker en daarmee aanvaar jy terselfdertyd die toervoorwaardes.
Bankbesonderhede:
Marius du Plooy Toere,
Absa tjek, rekening 4059839026,
Takkode 632005.
Verskaf asb jou VAN en NAAM VAN DIE TOER as verwysing.
Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.
​
Marius du Plooy
Toerleier:
Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za
Deposito van R7 000
Let wel dat lugrederye en bote eers finale pryse verskaf 10 tot 12 maande voor die vertrekdatum. Ons toerpryse is dus gebasseer op die vorige jaar se pryse plus ‘n verwagte verhoging. Dit mag dus aangepas word.
- Toerleier van Europese toere en Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande