top of page

Slowenië & Kroasië

Baie vrye tyd en eilande, watervalle, grotte, straatmarkte, wyne, eeue-oue plekke en lekker kos!

  • 49,750 South African rand
  • Kuilsrivier

Plekke beskikbaar


Toerprogram

Dag 1: Vertrek uit SA na Dubrovnik. Dag 2: Aankoms Istanbul, Dagtoer deur Istanbul met middagete en vertrek die aand na Dubrovnik & Slaap daar in hotel. Dag 3: 11uur inboek op die boot en dan vrye tyd in Dubrovnik tot 15.00 wat die boot vertrek na Korcula. Aandete op die boot. Dag 4: VVaar van Korcula na Hvar en slaap in Hvar op die boot. Middagete ingesluit. Dag 5: Vaar van Hvar na Split en slaap in Split op die boot. Middagete ingesluit. Dag 6: 09.00 Af van boot af en vertrek per bus na en slaap in Trogir. Aandete ingesluit. Dag 7: Besoek Zadar se waterorrel en dan na ons hotel in Slunj met aandete. Dag 8: Besoek Plitvice watervalle. Dan oor Slovenië-grens na Jeruzalem wynstreek met aandete in Hotel Radin Radenski, wat ‘n warmwaterbron is. Dag 9: Laatoggend deur die pragtige wynomgewing met ‘n heerlike wynproe. Vertrek na Ljubljana - Hotel Park. Dag 10: Markdag en dag vrye tyd in & slaap Ljubljana. Dag 11: Besoek Postojna grotte, ‘n besondere bierproe plus ligte middagpeusel. Slaap in Ljubljana. Dag 12: Besoek lake Bled, kasteel & Vogel kabelkar met middagete. Slaap in Ljubljana. Dag 13: Totsiens Ljubljana en besoek Skofja Loka vir afsluit-middagete. Dan na Ljubljana lughawe vir vlug na Istanbul. ‘n Paar uur later - vertrek na middernag terug na SA. Dag 14: Vertrek na SA en aankoms in SA teen middeldag.


Toervoorwaardes

Toervoorwaardes: A : INGESLUIT Vlugte: Lugvervoer in ekonomiese klas vanaf Johannesburg en soms Kaapstad retoer. Belasting: Alle Lughawe- en Brandstofheffings. Vervoer: Vervoer in luukse busse met lugversorging soos plaaslik beskikbaar. Akkommodasie : Akkommodasie in goeie hotelle of apartamente. Enkel-akkommodasie is ekstra. Persone wat enkel reis maar graag wil deel, sal met 'n ander persoon in 'n twee-bed-kamer ingedeel word indien moontlik. As ‘n kamermaat nie gevind kan word nie, sal 'n een-persoon-bybetaling betaalbaar wees. Indien kamermaats aanpassings-probleme tydens 'n toer ontwikkel, mag hulle in enkelkamers geplaas word, maar teen ekstra koste. Etes : Soos aangedui op reisplan. ​ B : UITGESLUIT Reisdokumente en Versekering: Die reëlings en koste verbonde aan die verkryging van paspoorte, visums en reisversekering is vir u eie rekening en word deur uself hanteer. Aansluitingsvlugte: Gee u asseblief voldoende tyd om moontlike aansluitings-vertragings te kan akkomodeer. Ander uitgawes soos: Opsionele uitstappies, aandvermaak, fooitjies, drankies, tee en koffie en privaat uitgawes soos wasgoed en telefoonoproepe, is vir u eie rekening. ​C : ANDER VOORWAARDES Bagasie: Passasiers word beperk tot een medium-grootte reistas per persoon wat normaalweg nie meer as 23kg mag weeg nie en een klein oornagsak per persoon wat nie meer as 7kg mag weeg nie. Dit verskil soms van lugredery tot redery. LW dat almal te alle tye hul eie bagasie moet dra/trek. Reisplan: Die reisplan is onderhewig aan sinvolle verandering sonder kennisgewing. Toerprys: Die toerprys is onderhewig aan tariefverhogings, wisselkoers-skommelinge en verhogings van lugreisgeld, lughawe- en seehawe-belastings, brandstofheffings of enige ander onvoorsiene gebeure. Indien daar verskille is sal u voor vetrek ‘n faktuur vir die verskil ontvang. Die wisselkoers sal geen invloed op die toerprys hê nie, so lank as wat dit onder R18.00 teen die Euro is. Deposito en Toergelde: 'n Deposito van R5000 per persoon is betaalbaar by bespreking. Die balans van die toergelde is betaalbaar 10 weke voor vertrek. ​D : Kansellasies: Kansellasiefooie word soos volg gehef: Vanaf datum van bespreking tot en met 10 weke voor vertrek: Slegs verbeuring van deposito. Minder as 10 weke voor vertrek, verbeuring van totale bedrag. Toerlede: Toerlede word beperk tot normaal bewegende persone, wat gemaklik kan stap. Die reg word voorbehou om lidmaatskap te onttrek van ‘n persoon wie se optrede die gladde uitvoering van die toer of die genot en/of veiligheid van mede toerlede benadeel. Voortgang: Die voortgang van 'n toer is onderhewig aan minstens 20 passasiers. Indien ‘n onvoldoende aantal passasiers bespreek, kan ‘n toer gekanselleer en die depositos terugbetaal word, min R350 administratiewe fooi. ​ E : AANSPREEKLIKHEID Toeroperateurs: Die Toeroperateurs, Marius du Plooy Toere, en/of hulle agente en/of hulle leweransiers is nie aanspreeklik vir vertragings, voor, gedurende, of na afloop van die toer weens tegniese probleme, weersomstandighede, stakings of kommunikasie-opskortings nie. Die Toeroperateurs, en/of hulle agente en/of hulle leweransiers tree met die landreëlings slegs as agente op en met die voorbehoud dat hulle nie aanspreeklik gehou sal word vir dood, beserings, beskadiging, ongelukke, veranderings aan reisplanne, reisdokumente wat verlore raak, oponthoud, vertragings, of enige ander vorm van skade, opskortings of uitstel a.g.v. amptelike Suid-Afrikaanse of internasionale regulasies, besluite of risikos nie. Lugrederye: Die betrokke lugrederye is nie verantwoordelik vir enige gebeurlikheid of ander probleem gedurende die tyd wat passasiers nie aan boord van hulle vliegtuie is nie. ​D: REISVERSEKERING Groeps-reisversekering, wat mediese versekering insluit, is elkeen se eie keuse en verantwoordelikheid. TIC (Travel Insurance Consultants – Deel van SANTAM) het uiters bekostigbare groepsversekering vir die wat daarvan gebruik wil maak. Die groepsversekering is 65-70% goedkoper per persoon as wanneer jy dit individueel uitneem. Daar moet egter minstens 10 mense per toer wees wat daarvan gebruik maak om vir die groepspremie te kwalifiseer. Die groepstarief het ook ‘n ouderdomsbeperking. Ek hanteer glad nie die proses nie. Skakel met Elna van der Westhuizen van TIC by ElnaW@tic.co.za. L.W. Dat jy slegs betaal vir die tyd van die toer, maar dat jy van die oomblik wat jy dit uitneem (bv nou) verseker is vir kansellasie weens siekte of dood! Hoe gouer jy dit dus uitneem hoe beter vir jou…sonder dat dit ekstra kos. VIR OMVATTENDE VERSEKERING MOET JY DIT BINNE 48 UUR DOEN NADAT JOU DEPOSITO BETAAL IS.


Kontak ons vir navrae

  • 4 Bonfoi Close, Kuils River, Cape Town, South Africa

    +27837871234

    marius@fundipro.co.za

bottom of page