top of page
Ngoc_Son_Temple_Bridge-1-1024x575_edited_edited.jpg

Viëtnam

Toer 1:  1 - 15 Mei 2026    Vetrek uit Kaapstad 
 

‘n Eksotiese toer na die juweel van Suidoos-Asië.   

‘n Land met asemrowende natuurskoon, ‘n skatryk geskiedenis en hartlike, gasvrye mense.  

Maak gereed vir die smake, klanke, geure en kleure van Viëtnam.

Betaaldatum:

Betaaldatum van balans is op 1 Februarie 2026.  Fakture is reeds uitgestuur.

Gebruik asb jou faktuurnommer as betalingsverwysing.

Vlugte:

Die vlug vertrek uit Kaapstad op 1 Mei om 13:05.

Die terugvlug land in Kaapstad op 15 Mei om 16:50. 

 

Toerleier, Marius du Plooy, sal julle ontmoet by die instaphek, waar jy op die vliegtuig klim, sowat 45 minute voor instaptyd.

Visum:

VISUMS is elkeen se eie verantwoordelikheid.

 

Jy kan aansoek doen vir ‘n eVisum.  

Dit kos $25 vir ‘n “Single entry” visum.

Gebruik slegs hierdie skakel:  https://evisa.gov.vn/

Ons sal ‘n afsonderlike dokument stuur om te help met die visum-proses.

Reisversekering:

Reis-versekering is en bly elkeen se eie keuse en verantwoordelikheid. 

Jy kan by enige versekeraar van jou keuse versekering uitneem.  

‘n Paar goeie opsies om te oorweeg is TIC, Hollard, Chubb en Allianz.

Hier is ‘n link met meer inligting:  https://www.mariusduplooy.com/reisversekering

 

NB WENK: Mense is dikwels onder die indruk dat dit meer kos as hulle lank voor die toer reeds versekering uitneem. Dis nie waar nie. Jy betaal slegs vir die tydperk van die toer, maar jy is verseker vanaf die oomblik wat jy dit uitneem.  Indien iets ernstig lank voor die tyd gebeur en wat versekerbaar is, is jy gedek. 

Toerprogram:

1 Mei:

Vertrek uit Kaapstad

2 Mei:     [Aandete ingesluit]

Arriveer in Ho Chi Minh City, dan hotel toe, voor ons die aand saam aandete geniet.

3 Mei:     [Ontbyt ingesluit]

Vandag se hoogtepunt is 'n besoek aan die Cu Chi Tonnels wat gebruik is tydens die Viëtnam oorlog.  Slaap weer in Ho Chi Minh.

4 Mei:     [Ontbyt]

Ons besoek die Mekong Delta omgewing en vaar op die Mekong rivier.  

5 Mei:     [Ontbyt]

Vlieg na Da Nang en ry van daar af na Hoi An met sy oustad en bekende kanale.  Ons doen 'n staptoer deur Hoi An se oustad.

6 Mei:       [Ontbyt & Middagete]

Ons besoek vandag die plattelandse omgewing rondom Hoi An, soos Cam Thanh.  Dan vaar ons per boot op die Thu Bon rivier en het die kans om te vaar in 'n mandjie-boot.  En 'n hoogtepunt is ons Viëtnamese Kook-klas.

7 Mei:       [Ontbyt]

Vandag het ons 'n dag om Hoi An te verken op eie stoom, of net rustig te wees.

8 Mei:    [Ontbyt & Middagete]

Vlieg na Hanoi.  Na middagete is dit tyd vir 'n stadstoer, wat al die hoogtepunte insluit van Viëtnam se hoofstad.

9 Mei:      [Ontbyt]

Vandag het ons vrye tyd om Hanoi vêrder te verken.

10 Mei:     [Ontbyt, Middag- & aandete]

Vertek na die Pu Luong natuurreservaat, waar ons in 'n pragtige klein oord gaan bly wat omring is deur reisvelde.

11 Mei:      [Ontbyt, Middag- & aandete]

Ons beleef vandag meer van die bekoorlike platteland, met dorpies en gehuggies. Jy kan ook saam met 'n vaardige gids roei op 'n bamboesboot, en ons besoek die Cam Luong vis-stroom.

12 Mei:     [Ontbyt & Middagete]

Van Pu Luong na Ninh Binh verken ons vêrder die Viëtnamese platteland, 

13 Mei:     [Ontbyt]

'n Bus neem ons vandag na die skouspelagtige Lan Ha Baai vir ‘n vaart op 'n luukse boot waar ons ook oornag bly.

14 Mei:      [Ontbyt]

Na ontbyt is daar nog 'n kans om te swem in Lan Ha Baai, voor ons die boot verlaat en terug ry na Hanoi.

Vanaand vlieg ons uit Hanoi.

15 Mei:

Aankoms in Kaapstad

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

Ingesluit:

  • Internasionale vlugte van Kaapstad af.

  • 2 plaaslike vlugte in Viëtnam.

  • Plaaslike vervoer in Viëtnam.

  • 12 aande in netjiese hotelle. 

  • 1 aand op ‘n luukse tradisionele Viëtnamese boot in Halongbaai.

  • Alle ontbyte, asook 8 middag- en 4 aandetes.

  • Verskeie stadstoere en avonture.

  • 'n Viëtnamese Kook-klas. 

  • ‘n Suid-Afrikaanse toerleier.

  • Viëtnamese Engelssprekende gidse.

  • Toegangsfooie.

Hotelle:

​​

  • Ho Chi Minh         THE ODYS BOUTIQUE

  • Hoi An                   LA CHARM HOTEL & SPA

  • Pu Luong             AMIGO PU LUONG RESORT

  • Ninh Binh             LALITA BOUTIQUE HOTEL & SPA

  • Ha Noi                  LE JARDIN HAUTE COUTURE

  • Cruise Lan Ha     LA CASTA LAN HA CRUISE

Geldsake:

Die geldeenheid in Viëtnam is VND:  Vietnamese Dong.

 

             R1 = 1 600 Vietnamese Dong.

 

Kontant was vir lank die primêre betaalmetode, maar kaarte word nou wyd aanvaar.  In die stede en bekende toeristegebiede, gaan jy byna alles per kaart kan betaal.  Daar is egter steeds sekere situasies wanneer jy beslis kontant nodig gaan hê.

 

Dit is nie moontlik om VND in Suid Afrika te kry nie, so jy gaan in Viëtnam moet trek, of jy kan Dollars of Euros ruil.
 

NB: Onthou om jou kredietkaartmense te laat weet wanneer jy in die buiteland sal wees.

Fooitjies:

Tip-Jar-Blog-Image-660x283-1.jpg

Viëtnamese kultuur plaas 'n sterk klem op gasvryheid en goeie diens.

Indien jy kies om 'n fooitjie te gee, moet dit gesien word as 'n gebaar van waardering vir uitsonderlike diens, eerder as 'n verpligting.

 

Ons aanbeveling is R50+ per dag per persoon, wat dan gedeel sal word tussen die toergids en busbestuurder.

Die Weer:

Viëtnam is meer as 1 600 km lank, met die weer wat aansienlik kan verskil soos ons van Suid na Noord reis.  

 

Die reënseisoen in Viëtnam staan bekend as die monsoon seisoen.  Dit reën gewoonlik baie hard vir ‘n kort rukkie en dan skyn die son.  

Sentraal-Viëtnam (Da Nang, Hoi An) bied die beste toestande met sonskyn en minder reën, ideaal vir strande; Noord-Viëtnam (Hanoi, Halongbaai) is warm met swaar middagreën; en die Suide (Ho Chi Minh-stad) sien daaglikse, kort middagbuie.

Verwag baie hoë vlakke van humiditeid. 

Mei se gemiddeld is: 

                           

                           

                                   Minumum     Maksimum     Reën dae

Hanoi                             24               32                 6 

Hoi An                           25               32                  4

Ho Chi Minh-stad        26               34                 2

Klere ens:

purepng.com-weather-iconsymbolsiconsapple-iosiosios-8-iconsios-8-721522596142qx4ep.png
  • Dis ‘n gemaklike vakansie en geen uithangklere is nodig nie.

  • Pak ligte klere, want dit gaan warm wees.

  • Jou reënbaadjie is ‘n noodsaaklikheid.

  • Gemaklike stapskoene/sandale.  

  • Hoed, Sonbril, Swemklere en Sonskerm.

  • Dan natuurlik jou eie medikasie.   Oorweeg ook: hoofpynpille, iets soos Imodium, Buscopan, iets vir naar, breëspektrum antibiotika, iets vir allergië, Voltaren (salf en pille), pleister, oogdruppels, ACC200, iets vir ‘n moontlike keelseer….

Proppe:

Ons tweepunt-proppe werk daar:

electricity-type-C-plug-1.jpg
electricity-type-C-plug-3-16-20-A-version-300x177.jpg

Connected:

Ons hotelle het WiFi en die meeste restaurante uiteraard ook.  

Gewone roaming word al hoe goedkoper, so kyk gerus na jou opsies.

Jy kan ook net sms’e laat roam of jy kan data roam.  Praat met jou diensverskaffer en onthou dat die ‘sms-roaming’ eers geaktiveer kan word op die lughawe anders gaan jy nie sms’e kan ontvang nie!!  Dit gaan ook nie werk indien jy dit eers in die buiteland wil aktiveer nie!!

‘n eSim werk ook baie goed, as jy data nodig het.  Dit is virtuele simkaarte wat data bied teen goeie pryse.  Maar maak baie seker dat jou foon ‘n eSim kan gebruik.  

Meer inligting oor roaming en eSim:

https://www.mariusduplooy.com/bly-in-verbinding-op-toer

unnamed.png

Handbagasie:

Goed soos handeroom, tandepasta, tandeborsel, parfuum, deo, oogdruppels, ens., sit ek in ‘n jiffy-sakkie en haal dit uit my kajuitsak uit voordat dit deur die ‘scanner’ gaan.  Onthou dat die botteltjies ‘vloeistof’ nie meer as 100ml mag wees nie.

Gewing van bagasie:

Jou tas vir die internasionale vlug mag ‘n maksimum van 23 kg weeg.  Handbagasie: 8 kg. 

Jou spanmaats vir die avontuur:

Magda du Plooy                        Kuilsrivier

Marius du Plooy                        Kuilsrivier

Franz von Moltke                      Parklands

Jacques Terblanche                 Parklands

Cobus Prinsloo                          Durbanville

Elmarie Prinsloo                        Durbanville

Neels Joubert                            Knysna

Edith Joubert                             Knysna

Franz von Moltke                      Saldanha

Marina von Moltke                    Saldanha

Paul Hepburn                             Bellville

Ems Hepburn                             Bellville

Rene' van Wyk                           Durbanville

Koos van Wyk                            Durbanville

Ben Spies                                   Durbanville

Marita Spies                                Durbanville

Hannes Germishuys                  Somerset Wes

Jolene Germishuys                   Somerset Wes

Andre Lambrechts                    Mosselbaai

Ellena Lehmann                         Mosselbaai

Riette van Rooyen                     Pretoria

Christelle Potgieter                   Prieska

Johann du Plooy                        Plumstead

Madeleine Marais                      Robertson

Kosie de Wet                              Robertson

Arina Wessels                            Tygerdal

Lois Visser                                   Tygerdal

Anita Roux                                   Durbanville

Ada Nieuwoudt                          Bellville

Alta Strauss                                 Pretoria

Annemarie Fernhout                 Ceres

Hannelie Fourie                         Heroldsbaai

Mariël  Malherbe                       Robertson

Toerlied:

Waar drome waar word

Daar waar drome waar word op die heuwels

Waar ek vry kan reis van land tot land 

voeg ek nou die spore van my stewels

En ek hou die oomblik in my hand. 

 

Daar waar drome waar word tussen mense

Waar ek ver kan reis van stad na stad 

Deel ek nou in eeue en oor grense 

Soveel nuwe prentjies in my hart.

Daar waar drome waar word in die strate

 Waar ek altyd reis van dorp tot dorp 

 Voel die kronkelpaaie deur my are 

 vreemdes word vriende drome word waar.

 

Koor

Dis hier waar ons is, dis hier waar ons was.

Brandhout vir my oudag Vuur vir my onthoudag 

 

Italiaans:   Non dimenticare senza fine viaggi

Frans:   N'oubliez pas les voyages sans fin

(Loshande vertaling: Herinneringe aan reise het geen einde nie)              

 

Geskryf deur Marius du Plooy.  

Sanger en komponis: Nardus du Plooy – Hoofsanger van die Kaalkop Waarheid.

bottom of page