
Portugal 2027: Inligting vir Toerlede
21 Maart - 1 April 2027 Vetrek uit Johannesburg
Met 'n riviervaart op die Douro, verken ons 'n pragtige plattelandse streek van Portugal. Ons sewe-dag-vaart begin in en eindig in Porto.
En voor dit, begin die toer met twee dae in Portugal se heuwelagtige hoofstad, Lisabon met vrye tyd het om self te gaan verken.
Betaaldatum:
Betaaldatum van balans is op 21 Desember 2026. Fakture sal vroegtydig uitgestuur word.
Gebruik asb jou faktuurnommer as betalingsverwysing.
Vlugte:

Die Emirates vlug vertrek uit Johannesburg op 21 Maart om 1850.
Die terugvlug land in Johannesburg op 1 April om 16:15.
Die toerleier sal julle ontmoet by die instaphek, waar jy op die vliegtuig klim, sowat 45 minute voor instaptyd.
Visum:
VISUMS is elkeen se eie verantwoordelikheid.
Jy benodig ‘n Schengen-visa wat jy by VFS Global kry. Hulle hanteer die Portugal-visas vir Suid-Afrikaners.
Maak so gou as moontlik nadat jy jou vliegkaartjie ontvang het ‘n afspraak op die webtuiste: https://visa.vfsglobal.com/zaf/en/prt
Kyk ook self op die VFS-webtuiste watter dokumente jy als nodig heten wat jy als gereed moet kry en saam neem vir jou Visumaansoek. Die reëls verander soms van jaar tot jaar.
Jy moet bv. die vorms aanlyn invul, maar ook uitdruk en saamneem wanneer jy vir jou afspraak gaan. Dit is dinge soos jou paspoort, jou eie volledige dokumente soos versekering, finansies- en plaaslike verblyfbewyse, ens, ens, soos dit op die webtuiste aangedui word.
LET WEL dat paspoorte 3 maande geldig moet wees nadat jy
die Schengenland binnegaan… Daar moet ook minstens 3 skoonbladsye in jou passport wees.
Die toerleiersverklaring wat ons gee vir jou visumaansoek verklaar dat jy deel is van die toergroep, volledig betaal het, die reisprogram, asook vervoer- en verblyfbewys en jou vlugkaartjie.
Reisversekering:
Reis-versekering is en bly elkeen se eie keuse en verantwoordelikheid.
Jy kan by enige versekeraar van jou keuse versekering uitneem.
‘n Paar goeie opsies om te oorweeg is TIC, Hollard, Chubb en Allianz.
Hier is ‘n link met meer inligting: https://www.mariusduplooy.com/reisversekering
NB WENK: Mense is dikwels onder die indruk dat dit meer kos as hulle lank voor die toer reeds versekering uitneem. Dis nie waar nie. Jy betaal slegs vir die tydperk van die toer, maar jy is verseker vanaf die oomblik wat jy dit uitneem. Indien iets ernstig lank voor die tyd gebeur en wat versekerbaar is, is jy gedek.
Sommige mense vra of hulle eie mediese versekering voldoende is. Maak asb self 100% by jou versekeraar seker of dit vodoende dekking is vir ‘n Schengen-visum.
Toerprogram:
21 Maart
Vertrek uit Johannesburg
22 Maart
Aankoms en bus na hotel Turim Europa in Lisabon - vrye tyd
23 Maart
Ontbyt en Lisabon vrye tyd
24 Maart
Na ontbyt met ons bus na Porto en op die Arosa Alva
- slaap op die boot in Porto
25 Maart
Porto – Régua – Pinhão
26 Maart
Pinhão – Vega Terron
27 Maart
Vega Terron – Barca d-Alva
28 Maart
Barca d-Alva – Pinhão
29 Maart
Pinhão – Régua – Bitetos
30 Maart
Bitetos – Cais da Lixa – slaap op boot in Porto
31 Maart
Af van boot af en bus na Lisabon vir terugvlug
1 April
Terug in Johannesburg
Boot se aankoms & vertrek-plekke & tye

Wat wil jy waar doen?
Ons stuur weke voor vertrek, sodra ons dit van A-Rosa ontvang, meer inligting oor die boot se amptelike “excusions”. Jy kan dan besluit wat jy in jou eie tyd wil doen en of jy op van die boot se amptelike uitstappies wil gaan (teen hulle ekstra koste). Met die bostaande inligting het jy intussen tyd om Oom of Tannie Google uit te vra oor wat die plekke bied om te pas by jou eie belangstellings.
Ingesluit:
-
Jou retoervlug uit Johannesburg
-
ALLE vervoer tussen die lughawe, die boot en hotel.
-
Al jou etes op die boot en tussenpeusel.
-
ALLE drinkgoed, ingesluit sekere alkoholiese drankies, op die boot.
-
Twee nagte met bed en ontbyt in Lisabon-hotel.
Geldsake:

Die geldeenheid in Portugal is die Euro.
Jy kan by meeste plekke jou kredietkaart/debietkaart daar gebruik.
Jy kan ook daar geld trek of ruil. Dis altyd goed om minstens ‘n bietjie kontant te hê.
NB Onthou om jou kredietkaartmense te laat weet wanneer jy in die buiteland sal wees.
Fooitjies:

Fooitjies is nie verpligtend nie.
Daar sal wel fooitjies voorgestel word vir ons busbestuurder en die bemanning wat na ons omsien vir die tyd op die boot.
Die Weer:
Maart se gemiddeld is:
Lisabon 12° / 20° met 7 dae van reën
Porto 8° / 18° met 10 dae van reën
Klere ens:
-
Dis ‘n gemaklike vakansie en geen uithangklere is nodig nie.
-
Wees gereed vir enige weer.
-
Dit help om in lae aan te trek.
-
Jou reënbaadjie en ‘n lekker warm baadjie is ‘n noodsaaklikheid.
-
Gemaklike stapskoene/sandale.
-
Hoed, Sonbril en Swemklere - want daar is ‘n swembad en saunaop die boot.
-
Dan natuurlik jou eie medikasie. Oorweeg ook: hoofpynpille, iets soos Imodium, Buscopan, iets vir naar, breëspektrum antibiotika, iets vir allergië, Voltaren, pleister, oogdruppels, ACC200, iets vir ‘n moontlike keelseer….
Proppe:
Ons tweepunt-proppe werk daar:

Connected:
Ons hotel en boot het WiFi en die meeste restaurante uiteraard ook.
Gewone roaming word al hoe goedkoper, so kyk gerus na jou opsies.
Jy kan ook net sms’e laat roam of jy kan data roam. Praat met jou diensverskaffer en onthou dat die ‘sms-roaming’ eers geaktiveer kan word op die lughawe anders gaan jy nie sms’e kan ontvang nie!! Dit gaan ook nie werk indien jy dit eers in die buiteland wil aktiveer nie!!
‘n eSim werk ook baie goed, as jy data nodig het. Dit is virtuele simkaarte wat data bied teen goeie pryse. Maar maak baie seker dat jou foon ‘n eSim kan gebruik.
Meer inligting oor roaming en eSim:

Handbagasie:
Goed soos handeroom, tandepasta, tandeborsel, parfuum, deo, oogdruppels, ens., sit ek in ‘n jiffy-sakkie en haal dit uit my kajuitsak uit voordat dit deur die ‘scanner’ gaan. Onthou dat die botteltjies ‘vloeistof’ nie meer as 100ml mag wees nie.
Gewig van bagasie:
Jou tas vir die internasionale vlug mag ‘n maksimum van 23 kg weeg. Handbagasie: 8 kg.
Toerlied:
Waar drome waar word
Daar waar drome waar word op die heuwels
Waar ek vry kan reis van land tot land
voeg ek nou die spore van my stewels
En ek hou die oomblik in my hand.
Daar waar drome waar word tussen mense
Waar ek ver kan reis van stad na stad
Deel ek nou in eeue en oor grense
Soveel nuwe prentjies in my hart.
Daar waar drome waar word in die strate
Waar ek altyd reis van dorp tot dorp
Voel die kronkelpaaie deur my are
vreemdes word vriende drome word waar.
Koor
Dis hier waar ons is, dis hier waar ons was.
Brandhout vir my oudag Vuur vir my onthoudag
Italiaans: Non dimenticare senza fine viaggi
Frans: N'oubliez pas les voyages sans fin
(Loshande vertaling: Herinneringe aan reise het geen einde nie)
Geskryf deur Marius du Plooy.
Sanger en komponis: Nardus du Plooy – Hoofsanger van die Kaalkop Waarheid.

