

Bly in verbinding terwyl jy toer
Oorweeg gerus roaming of 'n eSim vir jou volgende toer.
​
​Navigeer maklik deur 'n onbekende stad te voet of met openbare vervoer, vertaal 'n vreemde taal, kry meer inligting oor 'n besienswaardigheid, of bel iemand, as jy vashaak. Om in verbinding te bly bied gemoedsrus, dit bemagtig jou en dit is deel is van die avontuur!
​​
Roaming se pryse word al hoe meer bekostigbaar en jy kan dit beperk tot net data roaming, om enige finansiële verrassings te vermy.
Vodacom en MTN se data roaming is deesdae baie bekostigbaar. Jy kan ook redelik naklik jou roaming opsie kies deur jou verskaffer se App.
​
Kliek hier vir meer inligting oor Vodacom roaming.
​
Kliek hier vir meer inligting oor MTN roaming.
​
Die ander opsie is 'n eSim. Dit is 'n digitale simkaart, wat jy met 'n App aflaai. Daar is baie opsies, maar die een wat ons al reg oor die wêreld gebruik het en kan aanbeveel is Airalo. Jy kan dit aflaai van jou App Store af.
MAAR LET WEL - nie alle fone kan 'n eSim gebruik nie, so maak baie seker dat jou foon kan.
​
​
​
​
​

Marius du Plooy:
Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za


