Viëtnam
Toer 1: 1 - 15 Mei 2026 Vetrek uit Kaapstad
Toer 2: 2 - 16 Julie 2026 Vetrek uit Johannesburg
Ontsnap winter 2026 op ‘n eksotiese avontuur in Viëtnam!
R50 900
15 dae
Toer 1: 1 - 15 Mei 2026
Toer 2: 2 - 16 Julie 2026




‘n Totaal anderse en onvergeetlike ervaring
Viëtnam – ‘n Land met asemrowende natuurskoon, ‘n skatryk geskiedenis en hartlike, gasvrye mense.
‘n Besoek aan Viëtnam is eintlik ‘n soort “vrygewige buffet” van Suidoos-Asië se smake, klanke, geure en kleure. Dis ‘n toer wat oorlaai is met unieke ervarings.
Ons gaan selfs leer om 'n hele paar Viëtnamese disse te maak.
Luister, hoor ruik en proe: Tradisionele musiek, duisende jare se geskiedenis in nedersettings, dorpe en stede, Unieke mense; plekke en ervarings; Viëtnam se plattelandse bekoring; Markte; Tempels; Verruklike etniese andersheid; Genoeg vrye tyd om jou eie en oorvloedige “memories” te maak.
Volledige toerprogram:
Dag 1:
Vertrek uit SA.
Dag 2:
Aankoms by Tan Son Nhat Internasionale Lughawe, verwelkom en opgetel deur die gids en die bestuurder. Vervoer na die hotel. Oornag in Ho Chi Minh-stad.
Dag 3:
Na ontbyt, ry ons na die Cu Chi-tonnels. Dis 'n netwerk van tonnels wat oor 250 kilometer strek, wat ‘n groot rol gespeel het tydens Viëtnamoorlog. Die tonnelstelsel is in 1948 geskep om die Viët Minh te help terwyl hulle teen die Franse vir onafhanklikheid geveg het. Die grawe en bou van tonnels het oor die volgende 25 jaar voortgeduur totdat dit 'n ondergrondse stad was met leefareas, kombuise, bergingsplekke, wapenfabrieke, veldhospitale en bevelsentrums. Die tonnels kon duisende mense huisves wat jare lank amper geheel en al ondergronds gewoon het. Daar het mense relatief normale lewens gelei, wat ingesluit het om te trou en kinders groot te maak. In 1988 is twee dele van die tonnels vir besoekers oopgemaak. Nou het jy die kans om hierdie wonderlike en insiggewende ervaring te geniet.
Dag 4:
Vandag besoek ons die Mekong Delta, wat 'n kykie bied in die unieke en kenmerkende landboulewe van die karaktervolle suidelike Delta-streek. Ons sal 'n vaar op die Mekongrivier na een van die eilande (geleë in die dorp My Tho) waar ons vermaak sal word met tradisionele musiek terwyl ons tee, versoet met byheuning, en seisoenale vars vrugte geniet. Ons sal dan op 'n roeibootvaart deur die nou kanale van die Mekong geneem word. Een interessante ding oor vervoer in hierdie streek is dat amper almal hier per bote of skepe reis.
Op ons ontdekkingsreis deur die kanale, is daar baie te sien, soos die aantal klapperbome wat langs die oewers groei. Dit bied ook 'n interessante blik op die plaaslike tuisnywerhede, soos die maak van klapperlekkergoed. Ons sal dan 'n middagete van 'Olifantoorvis' geniet, gekombineer met ander heerlike Viëtnamese geregte - 'n plaaslike spesialiteit. Besoek die Vinh Trang-pagoda, wat erken word as 'n nasionale historiese en kulturele oorblyfsel met kenmerkende argitektoniese en spirituele waardes. Terug na Ho Chi Minh-stad. Oornag in Ho Chi Minh-stad.
Dag 5:
Na ontbyt vertrek ons na Tan Son Nhat-lughawe om na Da Nang te vlieg. By aankoms op Da Nang-lughawe sal ons na Hoi An oorgeplaas word. In die middag gaan ons Hoi An se Antieke Dorp te voet verken – een van die beste maniere om die stad se bekoring in te neem. Dit is ’n klein maar pragtige dorpie. Die unieke atmosfeer hier kombineer elemente van Viëtnamese, Chinese en Japannese kultuur.
Die toer sluit besoeke in aan die Hoi An-museum, baie van die dorp se bekende Antieke Huise wat ’n besonderse argitektoniese styl toon, die Vergaderingsale van Chinese invloed, kuns- en handwerkvervaardiging, en natuurlik die ’n-moet-sien Japannese Oordekte Brug. Hierdie plekke word beskou as tipiese argitektuurstyle in Hoi An en weerspieël duidelik die kruis-kulture tussen Frankryk, Japan, China en Viëtnam. Ten spyte daarvan dat eeue verloop het en die erge weer dit getoets het, bestaan Hoi An steeds en behou dit die antieke en rustige skoonheid.
Oornag in Hoi An.
Dag 6:
Na ontbyt, begin ons die dag met ‘n besoek aan die Hoi An-mark neem, waar ons die gewoel van die oggendmark sal ervaar. Ons kookklas-gidse sal daar die nodige bestanddele vir ons kookklas aankoop. Daarna gaan ons met 'n prettige mandjiebootvaart deur die Water Palm Village. Die regte pret begin dan tydens ons kookklas. Die spyskaart sal 4 plaaslike Viëtnamese geregte insluit, en daarna gaan ons ontspan en die lekkernye van ons kookskeppings geniet in die aangename omgewing van ons restaurant. In die middag het jy vrye tyd om Hoi An op jou eie te verken.
Oornag in Hoi An.
Dag 7:
Na ontbyt by die hotel het jy 'n vrye dag om Hoi An en omgewing op jou eie stoom te verken.
'n Paar opsies: Geniet Hoi An se strande. Besoek Ba Na-heuwels en die bekende goue brug, of gaan op 'n scooter-toer deur die platteland.
Oornag in Hoi An.
Dag 8:
Na ontbyt groet ons Hoi An en vertrek na Da Nang-lughawe om na Hanoi te vlieg. Met aankoms sal ons na 'n plaaslike restaurant gaan vir middagete. Daarna doen ons 'n Hanoi-stadstoer. Met okerkleurige koloniale geboue, boomryke boulevards en skilderagtige mere, is Hanoi vol sjarme. Besoek sommige van Hanoi se erfenisterreine soos Van Mieu - Quoc Tu Giam (Tempel van Letterkunde), die eerste keiserlike skool in Viëtnam, gebou in 1070 tydens die dinastie van Koning Ly. Ons sal ook Hoan Kiem-meer, Ngoc Son-tempel (Jadebergtempel), But-toring (penvormige toring), Dai Nghien (inksteenstaander) en The Huc-brug (rooi geverfde houtbrug) besoek. Daarna sal ons 'n cyclo (fietstaxi) rit deur "die 36 kronkelende strate" van Hanoi se historiese Ou Kwartier neem. Die geskiedenis van Hanoi dateer terug vir meer as 'n duisend jaar, en Hanoi het verskillende kulturele kenmerke in vergelyking met ander gebiede in Viëtnam.
Oornag in Ha Noi.
Dag 9:
Na ontbyt by die hotel het jy 'n vrye dag om die stad op eie stoom te verken. Oornag in Hanoi.
Na jou eerste dag in Hanoi, sal jy ‘n baie beter idee hê, van wat jy nog wil doen op jou af-dag. ‘n Groot gunsteling in Hanoi, is shopping!
Dag 10:
Vertrek na die pragtige Pu Luong natuur-riservaat. Ons arriveer vir ‘n middagete met ‘n baie mooi uitsig. Ontspan en ervaar die rustigheid, waar jy omring is deur rysvelde en woude. Na middagete is jy vry om die natuur en lewe van Pu Luong te verken.
Die oord waar ons bly, het drie ‘infinity’ swembaddens gevul met suiwer bergwater, met 'n uitsig oor die terrasvormige vallei.
Die aand geniet ons ‘n groot aandete, wat bestaan uit verskeidenheid van tradisionele disse. Oornag in Pu Luong.
Dag 11:
Vandag besoek ons die dorpie, Canh Nang. Ons gaan deur die rysvelde stap, deur die dorpie, en met die kronkelende hangbrug oor die Cham-stroom. Nadat die groep die hangbrug oorgesteek het, stap ons verder van dorpie tot dorpie. Onderweg is daar die pragtige natuurskoon van die uitgestrekte velde om te bewonder en dan is dit tyd om ‘n bamboes-vlotvaart te ervaar op die Cham-stroom. Ons volgende besoek langs is die waterwielarea. Dit is 'n seldsame plek waar mense steeds waterwiele gebruik om die velde te besproei. Die groep sal ook die groot waterwiele in aksie sien - 'n antieke besproeiingsinstrument wat steeds daagliks gebruik word.
Dag 12:
Na ontbyt vertrek ons van Pu Luong na Ninh Binh. Sodra ons daar aankom, is dit tyd vir middagete by ‘n plaaslike restaurant. Die middag is daar nog ‘n avontuur wat wag. 'n Uitstappie na Tam Coc - Bich Dong, bekend as Viëtnam se "Binnelandse Ha Long Baai". Hierdie UNESCO-wêrelderfenisgebied spog met 'n pragtige stelsel van kalksteengrotte en historiese oorblyfsels uit die Tran-dinastie.
Ons het ‘n bootrit om die Tam Coc-stroom, waartydens ons die skouspelagtige natuurskoon sal ervaar - omring deur welige rysvelde en majestueuse kalksteenbergpieke.
Oornag in Ninh Binh.
Dag 13:
Vroegoggend vertrek ons na Ha Long-baai. Sondra ons aanboord klim, is daar 'n verwelkomingsdrankie en 'n kort inligtingsessie oor die vaart en veiligheidsriglyne, terwyl ons vaar na Lan Ha-baai. Ons geniet middagete aanboord en in die middag is daar aktiwiteite soos kajakvaart en swem of net die ongerepte natuurskoon van Lan Ha-baai geniet.
Geniet spesiale seekos en tipiese Viëtnamese kos op die vaart.
Dag 14:
As jy wil, kan jy vroeg wakker word en aansluit by die Tai Chi-sessie op die sondek-area, terwyl die son opkom oor Lan Ha-baai. Daarna is dit tyd vir ontbyt, voor ‘n laaste aktiwiteit.
Besoek die beroemde Tra Bau - bekend vir sy ongerepte, rustige skoonheid. Hierdie plek het helder blou water, fyn wit sand strande en majestueuse kalksteen -eilande. Die perfekte plek vir kajakvaart of swem. Terug op ons boot, geniet ons ‘n laaste ‘brunch’ by die restaurant, voor ons die boot verlaat. Dan terug op die bus na die lughawe in Hanoi, vir ons vlug terug na Suid Afrika.
Dag 15:
Arriveer in SA.
Deposito van R7 000
Koste: R50 900 per persoon wat deel.
Enkelkamerprys – R60 100
Ingesluit:
-
Internasionale vlugte.
-
2 plaaslike vlugte in Viëtnam.
-
Plaaslike vervoer in Viëtnam.
-
12 aande in netjiese hotelle.
-
1 aand op ‘n luukse tradisionele Viëtnamese boot in Halongbaai.
-
Alle ontbyte, asook 8 middag- en 4 aandetes.
-
Verskeie stadstoere en avonture.
-
'n Viëtnamese Kook-klas.
-
‘n Suid-Afrikaanse toerleier.
-
Viëtnamese Engelssprekende gidse.
-
Toegangsfooie.
Toerprogram:
Dag 1:
Vertrek uit SA
Dag 2: [Aandete ingesluit]
Arriveer in Ho Chi Minh City, dan hotel toe, voor ons die aand saam aandete geniet.
Dag 3: [Ontbyt ingesluit]
Vandag se hoogtepunt is 'n besoek aan die Cu Chi Tonnels wat gebruik is tydens die Viëtnam oorlog. Slaap weer in Ho Chi Minh.
Dag 4: [Ontbyt]
Ons besoek die Mekong Delta omgewing en vaar op die Mekong rivier.
Dag 5: [Ontbyt]
Vlieg na Da Nang en ry van daar af na Hoi An met sy oustad en bekende kanale. Ons doen 'n staptoer deur Hoi An se oustad.
Dag 6: [Ontbyt & Middagete]
Ons besoek vandag die plattelandse omgewing rondom Hoi An, soos Cam Thanh. Dan vaar ons per boot op die Thu Bon rivier en het die kans om te vaar in 'n mandjie-boot. En 'n hoogtepunt is ons Viëtnamese Kook-klas.
Dag 7: [Ontbyt]
Vandag het ons 'n dag om Hoi An te verken op eie stoom, of net rustig te wees.
Dag 8: [Ontbyt & Middagete]
Vlieg na Hanoi. Na middagete is dit tyd vir 'n stadstoer, wat al die hoogtepunte insluit van Viëtnam se hoofstad.
Dag 9: [Ontbyt]
Vandag het ons vrye tyd om Hanoi vêrder te verken.
Dag 10: [Ontbyt, Middag- & aandete]
Vertek na die Pu Luong natuurreservaat, waar ons in 'n pragtige klein oord gaan bly wat omring is deur reisvelde.
Dag 11: [Ontbyt, Middag- & aandete]
Ons beleef vandag meer van die bekoorlike platteland, met dorpies en gehuggies. Jy kan ook saam met 'n vaardige gids roei op 'n bamboesboot, en ons besoek die Cam Luong vis-stroom.
Dag 12: [Ontbyt & Middagete]
Van Pu Luong na Ninh Binh verken ons vêrder die Viëtnamese platteland,
Dag 13: [Ontbyt]
'n Bus neem ons vandag na die skouspelagtige Lan Ha Baai vir ‘n vaart op 'n luukse boot waar ons ook oornag bly.
Dag 14: [Ontbyt]
Na ontbyt is daar nog 'n kans om te swem in Lan Ha Baai, voor ons die boot verlaat en terug ry na Hanoi.
Vanaand vlieg ons uit Hanoi.
Dag 15:
Aankoms in SA
Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.
Hotelle:
Ho Chi Minh THE ODYS BOUTIQUE
Hoi An LA CHARM HOTEL & SPA
Pu Luong PU LUONG NATUARA
Ninh Binh LALITA BOUTIQUE HOTEL & SPA
Hanoi LE JARDIN HAUTE COUTURE
Cruise Lan Ha LA CASTA LAN HA CRUISE





Marius du Plooy
Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za