
Turkye 2026: Inligting vir Toerlede
24 September - 5 Oktober 2026
Vetrek uit Kaapstad
Maak gereed vir een van die mees verrassende lande ter wêreld
Betaaldatum:
Betaaldatum van balans is op 24 Junie 2026. Fakture sal vroegtydig uitgestuur word.
Gebruik asb jou faktuurnommer as betalingsverwysing.
Vlugte:

Die vlug vertrek uit Kaapstad op 24 September om 16:40.
Die terugvlug land in Kaapstad op 5 Oktober om 11:50.
Toerleier, Hendrik Human, sal julle ontmoet by die instaphek, waar jy op die vliegtuig klim, sowat 45 minute voor instaptyd.
Visum:
VISUMS is elkeen se eie verantwoordelikheid.
Jy het ’n visum nodig vir Turkye.
Die Turkse visum is ‘n goedkoop e-visum wat jy sommer baie vinnig aanlyn kan doen. Dit kos Suid Afrikaners $12.55.
Gebruik slegs hierdie link: https://www.evisa.gov.tr/en/
Reisversekering:
Reis-versekering is en bly elkeen se eie keuse en verantwoordelikheid.
Jy kan by enige versekeraar van jou keuse versekering uitneem.
‘n Paar goeie opsies om te oorweeg is TIC, Hollard, Chubb en Allianz.
Hier is ‘n link met meer inligting: https://www.mariusduplooy.com/reisversekering
NB WENK: Mense is dikwels onder die indruk dat dit meer kos as hulle lank voor die toer reeds versekering uitneem. Dis nie waar nie. Jy betaal slegs vir die tydperk van die toer, maar jy is verseker vanaf die oomblik wat jy dit uitneem. Indien iets ernstig lank voor die tyd gebeur en wat versekerbaar is, is jy gedek.
Sommige mense vra of hulle eie mediese versekering voldoende is. Maak asb self 100% by jou versekeraar seker of dit vodoende dekking is vir ‘n Schengen-visum.
Toerprogram:
24 September
Vertrek uit SA vanaf Kaapstad na Turkye
25 September
Aankoms in Istanbul met 'n aansluitingsvlug na Cappadocia.
Halfdag-toer van Cappadocia.
26 September
Na ontbyt ervaar ons verder die talle wonders van Cappadocia.
(Vroegoggend voor ontbyt is dit tyd vir die lugballon-vlug, vir die wat dit gaan doen, as die weer dit toelaat.)
27 September
Na ontbyt - vertrek van Cappadocia na Pamukkale. Aandete en slaap Pamukkale.
28 September
Vertrek na ontbyt vanaf Pamukkale en besoek die kalsium berg en historiese omgewing. Aandete en slaap in Kusadasi.
29 September
Ons besoek die eeue-oue Efese en die huis van Maria.
Aandete en slaap weer in Kusadasi.
30 September
Reis vandag van Kusadasi na Bursa, met ‘n kort toer in Pergamon. Aandete en slaap in Bursa.
1 Oktober
Na ontbyt het ons in Bursa ‘n stadstoer en reis dan na Istanbul.
2 Oktober
Istanbul-toer – Die Blou Moskee, Topkapi Paleis en die Grand Bazaar.
3 Oktober
Ontbyt en ‘n dag eie tyd in Istanbul. (Met opsionele half-dag toer)
4 Oktober
Ontbyt en die res van die oggend en vroegmiddag vrye tyd, totdat ons laatmiddag/vroegaandlughawe toe vir die terugvlug net na middernag.
5 Oktober
Aankoms in Kaapstad
Ingesluit:
-
Vlugte uit Kaapstad.
-
3 nagte in Istanbul met onbyte en ‘n volfdag Istanbul-toer.
-
2 nagte in Cappadocia met ontbyt, aandete & besoeke soos uiteengesit.
-
1 nag in Pamukkale met ontbyt, aandete & besoek aan Kalsium berg.
-
2 aande in Kusadasi met ontbyt, aandete & besoek aan Efese.
-
1 nag in Bursa met ontbyt, aandete en ‘n toer in Pergamon.
-
Stede & dorpe soos in die program uiteengesit.
-
Alle vervoer soos in die program.
-
Alle etes soos in die program uiteengesit.
-
Besoeke & toegang soos in program uiteengesit.
Geldsake:

1 Rand = 2.60 Turkse Lira
Jy kan by meeste plekke jou kredietkaart/debietkaart daar gebruik, maar kontant is beslis nodig. Jy kan daar trek of ruil, maar ek bestel by die bank ‘n paar Lira.
Meeste ATMs vra ’n redelike groot komissie. En die Bureau De Change kan besig wees, met almal wat selfde tyd wil geld ruil. Euros word aanvaar in sekere groter winkels.
NB Onthou om jou kredietkaartmense te laat weet wanneer jy in die buiteland sal wees.
Fooitjies:

Ons het ‘n baie bekwame toergids en ‘n busbestuurder wat ons reg deur Turkye gaan rondry. Ons sal aan die einde van die toer fooitjies insamel vir hulle twee.
Fooitjies is nie verpligtend nie. Die aanbeveling is R50+ per dag, wat dan gedeel sal word tussen die toergids en busbestuurder.
Die Weer:
Wat die weer betref - ons gaan deur ‘n baie groot deel van Turkye reis.
Oktober se gemiddeld is:
September-Oktober se gemiddeld is:

Klere ens:
-
Dit help om in lae aan te trek.
-
Onthou ‘n reënbaadjie en iets warms.
-
Gemaklike stapskoene/sandale.
-
Hoed, Sonbril en Swemklere - want sekere hotelle het ‘n swembad.
-
Om by meeste moskees in te gaan moet dames se hare en skouers toe wees - sobring maar ‘n ligte serp. En geen bene mag wys van mans of vrouens nie. So geen kortbroek in ‘n moskee nie.
-
Dan natuurlik jou eie medikasie. Oorweeg ook: hoofpynpille, iets soos Imodium, Buscopan, iets vir naar, breëspektrum antibiotika, iets vir allergië, Voltaren, pleister, oogdruppels, ACC200, iets vir ‘n moontlike keelseer….
Proppe:
Ons tweepunt-proppe werk daar:

Connected:
Ons hotelle het WiFi en die meeste restaurante uiteraard ook.
Gewone roaming word al hoe goedkoper, so kyk gerus na jou opsies.
Jy kan ook net sms’e laat roam of jy kan data roam. Praat met jou diensverskaffer en onthou dat die ‘sms-roaming’ eers geaktiveer kan word op die lughawe anders gaan jy nie sms’e kan ontvang nie!! Dit gaan ook nie werk indien jy dit eers in die buiteland wil aktiveer nie!!
‘n eSim werk ook baie goed, as jy data nodig het. Dit is virtuele simkaarte wat data bied teen goeie pryse. Maar maak baie seker dat jou foon ‘n eSim kan gebruik.
Meer inligting oor roaming en eSim:

Handbagasie:
Goed soos handeroom, tandepasta, tandeborsel, parfuum, deo, oogdruppels, ens., sit ek in ‘n jiffy-sakkie en haal dit uit my kajuitsak uit voordat dit deur die ‘scanner’ gaan. Onthou dat die botteltjies ‘vloeistof’ nie meer as 100ml mag wees nie.
Gewig van bagasie:
Jou tas vir die internasionale vlug mag ‘n maksimum van 23 kg weeg. Handbagasie: 8 kg.
Toerlied:
Waar drome waar word
Daar waar drome waar word op die heuwels
Waar ek vry kan reis van land tot land
voeg ek nou die spore van my stewels
En ek hou die oomblik in my hand.
Daar waar drome waar word tussen mense
Waar ek ver kan reis van stad na stad
Deel ek nou in eeue en oor grense
Soveel nuwe prentjies in my hart.
Daar waar drome waar word in die strate
Waar ek altyd reis van dorp tot dorp
Voel die kronkelpaaie deur my are
vreemdes word vriende drome word waar.
Koor
Dis hier waar ons is, dis hier waar ons was.
Brandhout vir my oudag Vuur vir my onthoudag
Italiaans: Non dimenticare senza fine viaggi
Frans: N'oubliez pas les voyages sans fin
(Loshande vertaling: Herinneringe aan reise het geen einde nie)
Geskryf deur Marius du Plooy.
Sanger en komponis: Nardus du Plooy – Hoofsanger van die Kaalkop Waarheid.


