
Marokko 2026: Inligting vir Toerlede
23 September - 5 Oktober 2026
Vetrek uit Johannesburg
Die Sahara woestyn, Atlas gebergtes, warm kleure en geure en ’n ryk geskiedenis.
Betaaldatum:
Betaaldatum van balans is op 23 Junie 2026. Fakture sal vroegtydig uitgestuur word.
Gebruik asb jou faktuurnommer as betalingsverwysing.

Vlugte:
Die vlug vertrek uit Johannesburg op 23 September om 21:45.
Die terugvlug land in Johannesburg op 5 Oktober om 7:10.
Toerleier, Mandi Baard, sal julle ontmoet by die instaphek, waar jy op die vliegtuig klim, sowat 45 minute voor instaptyd.
Visum:
VISUMS is elkeen se eie verantwoordelikheid.
Jy het ’n visum nodig vir Marokko.
Elke toerlid moet volgens huidige reels, persoonlik in Pretoria uitkom vir 'n visum afspraak. Tensy jy kwalifiseer vir 'n eVisum.
e-Visum is beskikbaar, maar slegs as jy alreeds 'n geldige visum het vir daai tyd vir die Schengen-lande, Australië, Kanada, Ierland, Japan, Nieu-Seeland, VK of VSA.
Vir 'n e-Visum: https://www.acces-maroc.ma/#/
Andersins moet elke toerlid volgens huidige reels, persoonlik in Pretoria uitkom vir 'n visum afspraak.
Hierdie is die huidige inligting van die Marokkaanse ambassade:
Single Entry: 1148,64 Rands
Multiple Entry: 2105,84 Rands
NO NEED TO BOOK AN APPOINTMENT.
We require that each applicant apply in person at the Embassy in Pretoria
As Applicant, you have to present yourself at the premises of the Embassy.
The Embassy is open for submissions, Monday to Thursday from 9 am to 11 am.
799 Francis Baard St, Arcadia, Pretoria.
email: amb.pretoria@maec.gov.ma
Phone: 012 343 0230
Below is the Visa Requirement list and the Visa Application Form
Reisversekering:
Reis-versekering is en bly elkeen se eie keuse en verantwoordelikheid.
Jy kan by enige versekeraar van jou keuse versekering uitneem.
‘n Paar goeie opsies om te oorweeg is TIC, Hollard, Chubb en Allianz.
Hier is ‘n link met meer inligting: https://www.mariusduplooy.com/reisversekering
NB WENK: Mense is dikwels onder die indruk dat dit meer kos as hulle lank voor die toer reeds versekering uitneem. Dis nie waar nie. Jy betaal slegs vir die tydperk van die toer, maar jy is verseker vanaf die oomblik wat jy dit uitneem. Indien iets ernstig lank voor die tyd gebeur en wat versekerbaar is, is jy gedek.
Sommige mense vra of hulle eie mediese versekering voldoende is. Maak asb self 100% by jou versekeraar seker of dit vodoende dekking is vir ‘n Schengen-visum.
Toerprogram:
23 Sep: Vertrek uit Johannesburg
24 Sep: Casablanca
Arriveer in Casablanca
Besoek die Hassan II Moskee
blyplek, met aandete saam
25 Sep: Casablanca - Chefchaouen
Vertrek na Chefchaouen
26 Sep: Chefchaouen
Ontdek die bekende blou-stad Chefchaouen
27 Sep: Chefchaouen - Meknes - Fes
Ry na Fes via Meknes
28 Sep: Fes
29 Sep: Fes - Ifran - Erfoud- Ziz Vallei
30 Sep: Ziz Vallei - Merzouga Woestyn
Die Middag kan jy kies tussen kamele of 4x4 voertuie deur die duine van die Sahara, tot by ’n oase, waar ons die aand slaap in luukse tente, met traditionele ete ingesluit.
1 Okt: Merzouga - Todra Gorges - Dades Vallei
2 Okt: Dades Vallei - Marrakech
3 Okt: Marrakech
4 Okt: Marrakech - Casablanca
Vlug terug na SA
5 Okt: Aankoms in Johannesburg
Ingesluit:
-
Vlugte uit Johannesburg
-
Alle Hotelle / Riads
-
Ontbyt daagliks
-
5 aandetes
-
Vervoer (lugversorgte bus)
-
Professionele Gidse
-
Toegangsfooie vir besoeke wat op die program ingesluit is.
-
Kameel Safari
-
4x4 Woestynrit
Geldsake:

1 Moroccan Dirham = R1,80
Die dirham is 'n geslote geldeenheid – dit word nie buite Marokko verkoop of verhandel nie.
Dit beteken dat jy nie geld sal kan aankoop voor jou reis nie, en dit eers in Marokko sal
moet doen.
Marokko is nog grotendeels 'n kontantgemeenskap.
Debiet- en kredietkaarte word nie oral aanvaar nie.
Euros is verreweg die maklikste buitelandse geldeenheid om te ruil, en word dikwels as
betaling aanvaar as jy nie enige dirham byderhand het nie.
Amerikaanse dollars en Britse ponde kan by banke, sekere hotelle en wisselkantore geruil
word, maar sal selde as betaling aanvaar word.
Daar is ‘n ATM baie naby aan ons hotel in Casablanca, en jy kan Euros & Dollars ruil by die
hotel self.
NB Onthou om jou kredietkaartmense te laat weet wanneer jy in die buiteland sal wees.
Fooitjies:

Ons standpunt is dat fooitjies altyd vrywillig behoort te wees, maar in dieselfde asem wil mens ander lande se tradisies en gewoontes respekteer.
Hoewel ons ‘n voltydse gids saam met ons het, moet hulle in sekere plekke van ‘n plaaslike gids gebruik maak… wat vanselfsprekend ‘n fooitjie verwag. Maar ons besluit elkeen steeds self hoeveel is die gids se diens werd. So voel try om iets te gee vir goeie diens. Dit is deel van die kultuur.
En as jy iemand jou tas laat dra, dan verwag hulle 'n klein fooitjie.
Vir ons voltydse gids en busbestuurder wat ons die hele land rondry, is die aanbeveling R50+ per dag, wat dan gedeel sal word tussen die toergids en busbestuurder.
Die Weer:
Wat die weer betref - ons gaan deur ‘n groot deel van Marokko reis.
September-Oktober word aangedui as:
Casablanca min 17 max 25
Merzouga 18/31
Fes 16/30
Dis nou as mens deesdae weervoorspellers kan glo.
Klere ens:
-
Dit help om in lae aan te trek.
-
Onthou ‘n reënbaadjie en iets warms.
-
Gemaklike stapskoene/sandale.
-
Hoed, Sonbril en Swemklere - want sekere hotelle het ‘n swembad.
-
Om by meeste moskees in te gaan moet dames se hare en skouers toe wees - sobring maar ‘n ligte serp. En geen bene mag wys van mans of vrouens nie. So geen kortbroek in ‘n moskee nie.
-
Dan natuurlik jou eie medikasie. Oorweeg ook: hoofpynpille, iets soos Imodium, Buscopan, iets vir naar, breëspektrum antibiotika, iets vir allergië, Voltaren, pleister, oogdruppels, ACC200, iets vir ‘n moontlike keelseer.
Proppe:
Ons tweepunt-proppe werk daar:

Connected:
Ons hotelle het WiFi en die meeste restaurante uiteraard ook.
Gewone roaming word al hoe goedkoper, so kyk gerus na jou opsies.
Jy kan ook net sms’e laat roam of jy kan data roam. Praat met jou diensverskaffer en onthou dat die ‘sms-roaming’ eers geaktiveer kan word op die lughawe anders gaan jy nie sms’e kan ontvang nie!! Dit gaan ook nie werk indien jy dit eers in die buiteland wil aktiveer nie!!
‘n eSim werk ook baie goed, as jy data nodig het. Dit is virtuele simkaarte wat data bied teen goeie pryse. Maar maak baie seker dat jou foon ‘n eSim kan gebruik.
Meer inligting oor roaming en eSim:

Handbagasie:
Goed soos handeroom, tandepasta, tandeborsel, parfuum, deo, oogdruppels, ens., sit ek in ‘n jiffy-sakkie en haal dit uit my kajuitsak uit voordat dit deur die ‘scanner’ gaan. Onthou dat die botteltjies ‘vloeistof’ nie meer as 100ml mag wees nie.
Gewig van bagasie:
Jou tas vir die internasionale vlug mag ‘n maksimum van 23 kg weeg. Handbagasie: 8 kg.
Toerlied:
Waar drome waar word
Daar waar drome waar word op die heuwels
Waar ek vry kan reis van land tot land
voeg ek nou die spore van my stewels
En ek hou die oomblik in my hand.
Daar waar drome waar word tussen mense
Waar ek ver kan reis van stad na stad
Deel ek nou in eeue en oor grense
Soveel nuwe prentjies in my hart.
Daar waar drome waar word in die strate
Waar ek altyd reis van dorp tot dorp
Voel die kronkelpaaie deur my are
vreemdes word vriende drome word waar.
Koor
Dis hier waar ons is, dis hier waar ons was.
Brandhout vir my oudag Vuur vir my onthoudag
Italiaans: Non dimenticare senza fine viaggi
Frans: N'oubliez pas les voyages sans fin
(Loshande vertaling: Herinneringe aan reise het geen einde nie)
Geskryf deur Marius du Plooy.
Sanger en komponis: Nardus du Plooy – Hoofsanger van die Kaalkop Waarheid.


