
Kroasië & Slowenië: Inligting vir Toerlede
10 - 24 Augustus 2026 Vetrek uit Kaapstad
Eilande, watervalle, grotte, straatmarkte, wyne, eeue-oue plekke,
lipleklekker kosse en baie vrye tyd.
Maak gereed vir ‘n groot avontuur!
Betaaldatum:
Betaaldatum van balans is op 10 Mei 2026. Fakture sal vroegtydig uitgestuur word.
Gebruik asb jou faktuurnommer as betalingsverwysing.
Vlugte:

Die vlug vertrek uit Kaapstad op 10 Augustus om 16:40.
Die terugvlug land in Kaapstad op 24 Augustus om 11:50.
Toerleier, Johann du Plooy, sal julle ontmoet by die instaphek, waar jy op die vliegtuig klim, sowat 45 minute voor instaptyd.
Visum:
VISUMS is elkeen se eie verantwoordelikheid.
Vir Kroasië en Slowenië het jy ‘n Schengen visum nodig. Ons is bietjie langer in Kroasië en moet dus die visum deur hulle doen. VFS is die agentskap wat dit hanteer- slegs in Johannesburg, Pretoria, Durban of Kaapstad, en jy MOET persoonlik daar wees.
Visum-aansoekwebtuiste: https://visa.vfsglobal.com/zaf/en/hrv
Sowat 2 weke nadat almal hulle balans betaal het, word die vlugkaartjies en Toerleiersverklaring uitgereik, wat nodig is vir die visumaansoek.
Reisversekering:
Reis-versekering is en bly elkeen se eie keuse en verantwoordelikheid.
Jy kan by enige versekeraar van jou keuse versekering uitneem.
‘n Paar goeie opsies om te oorweeg is TIC, Hollard, Chubb en Allianz.
Hier is ‘n link met meer inligting: https://www.mariusduplooy.com/reisversekering
NB WENK: Mense is dikwels onder die indruk dat dit meer kos as hulle lank voor die toer reeds versekering uitneem. Dis nie waar nie. Jy betaal slegs vir die tydperk van die toer, maar jy is verseker vanaf die oomblik wat jy dit uitneem. Indien iets ernstig lank voor die tyd gebeur en wat versekerbaar is, is jy gedek.
Sommige mense vra of hulle eie mediese versekering voldoende is. Maak asb self 100% by jou versekeraar seker of dit vodoende dekking is vir ‘n Schengen-visum.
Toerprogram:
10 Aug
Vertrek uit Kaapstad na Dubrovnik.
11 Aug
Slaap in Dubrovnik hotel. Aandete ingesluit.
12 Aug
Ontbyt en dag vrye tyd in Dubrovnik. Aandete ingesluit
13 Aug
Na ontbyt vertrek on op ons eie boot, die Dalmatia, tot by die eiland Korcula waar ons op die boot slaap, met vrye tyd op die eiland. Middagete ingesluit.
14 Aug
Vaar na Hvar. 'n Kans om te swem in die Adriatiese osean. Eie tyd op die eiland en ons slaap op die boot in Hvar. Middagete ingesluit.
15 Aug
Boot van Hvar na Split ons laaste nag op die boot. Eie tyd in Split. Middagete ingesluit.
16 Aug
Af van boot en bus na Trogir. Slaap in Trogir.
17 Aug
Na ontbyt, vertrek via Zadar na Hotel Mirjana Rastoke. Aandete ingesluit.
18 Aug
Vandag besoek ons die skouspelagtige die Plitvice mere en watervalle. Aandete ingesluit.
19 Aug
Na ontbyt - oor die grens na Slowenië en die Hotel Radin Radenci-warmwaterbron in die pragtige Jeruzalem wyngebied. Op pad gaan ons wyn proe op ‘n wynlandgoed. Aandete ingesluit.
20 Aug
Na ontbyt (vinnige laaste swem in die reuse, binneshuise, warmbron-swembad). Dan bus na Ljubljana, met ‘n unieke bierproe op pad.
21 Aug
Na ontbyt besoek ons lake Bled, vaar met ‘n tradisionele Pletnaboot. Daarna ‘n kilometer op in die Bonhi kabelkar met ligte middagete. Slaap in Ljubljana. Middagete ingesluit.
22 Aug
Na ontbyt - besoek die reusagtige Postojna grotte. Terug na Ljubljana.
23 Aug
Totsiens Ljubljana en vertrek na Skofja Loka en ‘n koebaai-middagete met ‘n besondere uitsig. Daarna na lughawe en vlieg na SA.
24 Aug
Aankoms in Kaapstad
Ingesluit:
-
Retoervlugte uit Kaapstad.
-
Alle verblyf en toegang soos in die program aangedui.
-
3 nagte bootvaart.
-
Alle ontbyte.
-
10 ander etes.
-
Busvervoer.
Geldsake:

Die geldeenheid in Kroasië en Slowenië is die Euro.
Jy kan by meeste plekke jou kredietkaart/debietkaart daar gebruik.
Jy kan ook daar geld trek of ruil. Dis altyd goed om minstens ‘n bietjie kontant te hê.
NB Onthou om jou kredietkaartmense te laat weet wanneer jy in die buiteland sal wees.
Fooitjies:

Fooitjies is nie verpligtend nie.
Daar sal wel fooitjies ingesamel word vir die bemanning wat na ons omsien vir die 3 dae op die boot. En dan aan die einde van die toer ook vir die busbestuurder wat ons deur die 2 lande gaan rondry.
Die Weer:
Wat die weer betref, behoort dit lekker warm somer temperature te wees.
Augustus se gemiddeld is:
Dubrovnik 30° / 23°
Trogir 29° / 19°
Rastoke 26° / 14° 30% kans van reën
Ljubljana 27° / 15° 30% kans van reën
Klere ens:
-
Dit help om in lae aan te trek.
-
Onthou ‘n reënbaadjie en iets warms.
-
Gemaklike stapskoene/sandale.
-
Hoed, Sonbril en Swemklere.
-
Dan natuurlik jou eie medikasie. Oorweeg ook: hoofpynpille, iets soos Imodium, Buscopan, iets vir naar, breëspektrum antibiotika, iets vir allergië, Voltaren, pleister, oogdruppels, ACC200, iets vir ‘n moontlike keelseer….
Proppe:
Ons tweepunt-proppe werk daar:

Connected:
Ons hotelle het WiFi en die meeste restaurante uiteraard ook.
Gewone roaming word al hoe goedkoper, so kyk gerus na jou opsies.
Jy kan ook net sms’e laat roam of jy kan data roam. Praat met jou diensverskaffer en onthou dat die ‘sms-roaming’ eers geaktiveer kan word op die lughawe anders gaan jy nie sms’e kan ontvang nie!! Dit gaan ook nie werk indien jy dit eers in die buiteland wil aktiveer nie!!
‘n eSim werk ook baie goed, as jy data nodig het. Dit is virtuele simkaarte wat data bied teen goeie pryse. Maar maak baie seker dat jou foon ‘n eSim kan gebruik.
Meer inligting oor roaming en eSim:

Handbagasie:
Goed soos handeroom, tandepasta, tandeborsel, parfuum, deo, oogdruppels, ens., sit ek in ‘n jiffy-sakkie en haal dit uit my kajuitsak uit voordat dit deur die ‘scanner’ gaan. Onthou dat die botteltjies ‘vloeistof’ nie meer as 100ml mag wees nie.
Gewig van bagasie:
Jou tas vir die internasionale vlug mag ‘n maksimum van 23 kg weeg. Handbagasie: 8 kg.
Jou spanmaats vir die avontuur:
Hannes Botes Jacobsbaai
Tertia Botes Jacobsbaai
Francina Morkel Paarl
Bruwer Morkel Paarl
Winnie Fourie Stellenbosch
Lynne Fourie Somerset West
Marna Britz Kempton Park
Dries Britz Kempton Park
Jacques Loots Kuilsrivier
Eleana Loots Kuilsrivier
Leon Dietrich Gansbaai
Karen Pieterse Gansbaai
Amanda Grundling Sasolburg
Uys Grundling Sasolburg
Willie Henning Burgersdorp
Gerda Henning Burgersdorp
Dorene Smit Benoni
Jaap Smit Benoni
Sarie Pieterse Bela Bela
Willem Pieterse Bela Bela
Japie van Eeden Stilbaai
Engela van Eeden Stilbaai
Connie Garstman Rheenendal
Adri Garstman Rheenendal
Wilmaretha Le Roux Bloemfontein
Enna Redelinghuys Centurion
Margreet Moes Nederland
Corine Moes Kuilsrivier
Johann du Plooy Kaapstad
Karen du Plooy Kaapstad
Max du Plooy Kaapstad
Kyrstyn Oberholster Bath (UK)
Johett Oberholster Pretoria
Esbe Ungerer Pretoria
Andre Ungerer Pretoria
Toerlied:
Waar drome waar word
Daar waar drome waar word op die heuwels
Waar ek vry kan reis van land tot land
voeg ek nou die spore van my stewels
En ek hou die oomblik in my hand.
Daar waar drome waar word tussen mense
Waar ek ver kan reis van stad na stad
Deel ek nou in eeue en oor grense
Soveel nuwe prentjies in my hart.
Daar waar drome waar word in die strate
Waar ek altyd reis van dorp tot dorp
Voel die kronkelpaaie deur my are
vreemdes word vriende drome word waar.
Koor
Dis hier waar ons is, dis hier waar ons was.
Brandhout vir my oudag Vuur vir my onthoudag
Italiaans: Non dimenticare senza fine viaggi
Frans: N'oubliez pas les voyages sans fin
(Loshande vertaling: Herinneringe aan reise het geen einde nie)
Geskryf deur Marius du Plooy.
Sanger en komponis: Nardus du Plooy – Hoofsanger van die Kaalkop Waarheid.


