
Kersmarkte plus Andre Rieu: Inligting vir Toerlede
10 - 21 Desember 2026
Vetrek uit Johannesburg
Andre Rieu-konsert in Maastricht….. PLUS
Riviervaart-kersfeesmarkte op die Ryn….. PLUS
Tween nagte in Amsterdam en Brussel.
Betaaldatum:
Betaaldatum van balans is voor of op 10 September 2026. Fakture sal vroegtydig uitgestuur word.
Gebruik asb jou faktuurnommer as betalingsverwysing.
Vlugte:

Dit is ‘n retoervlug met Emirates.
Almal moet uiteraard self by die punt uitkom van waar die toer vertrek. (Behalwe die wat eie vlugte gereel het.)
Die vlug vertrek uit Johannesburg op 10 Desember om 18:50.
Die terugvlug land in Johannesburg op 21 Desember om 16:35.
Die lugredery ken groepe se sitplekke outomaties toe. As jy ‘n spesifieke sitplek verlang, kan jy dit aanlyn via Emirates se webtuiste doen, maar eers nadat jy jou vliegkaartjie ontvang het. Alle sulke besprekings kos deesdae ekstra.
Visum:
-
Visums is elkeen se eie verantwoordelikheid.
-
‘n Schengen-visum is nodig vir die toer.
-
Visummense vereis dat elke reisiger self teenwoordig moet wees om ook vingerafdrukke te laat neem tydens die aansoek.
Omdat ons een nag langer in Duitsland op die boot is as nagte in Holland, moet die Schengenvisum deur TLS se Duitse lessenaars hanteer word.
Jy kan eers ‘n afspraak maak vir die Schengen-visum nadat die vliegkaartjies aan jou besorg is, saam met die toerleiersverklaring wat alle verblyf en vervoer oorsee bevestig, asook dat elke toerlid te volle betaal het. Dit gebeur eers nadat die volledige toerbedrag deur almal voor of op 10 September 2025 betaal is. Daarna neem dit sowat 2 weke voordat vliegkaartjies uitgereik word.
Intussen kan jy solank jou eie dokumentasie gereed kry soos dit op die TLS-webtuiste vereis word. Jy hoef dit eers beskikbaar te hê vir jou afspraak by TLS. https://visas-de.tlscontact.com/en-us
Aangesien vereistes soms verander, maak SELF op hulle webtuiste baie seker van wat jy als moet saamneem en waar jou naaste TLS-kantoor is.
Visumkantore: Volgens die laaste webinligting wat ons ontvang het is daar kantore in Bloemfontein, Kaapstad, Durban, Port Elizabeth en Centurion.
Jy sal op die Visumvorms sien dat jy moet sorg vir onder meer dinge soos:
· Mediese en reisversekering
· Bewys van voldoende fondse (gewoonlik 3 maande bankstate in Engels)
· Proof of employment (if applicable). ‘n Dokument vanaf die werkgewer wat bevestig dat jy by hom werksaam is en dat hy bewus is dat jy in die buiteland gaan wees en dat jy terugkeer na jou werk. ALT – Jy vul in dat jy afgetree is
· Proof of Residence : Ons gebruik maar die nuutste munisipale rekening
· Proof of Payment : Dis die bewys van betaling wat jy aan VFS oorbetaal het. In die verlede het visumkantore selfs vereis dat state by die bank gestempel MOET wees i.p.v. elektronies.
· WEER EENS: Maak self absoluut seker wat als vereis word.
Indien jy enige eie ander wegbreek-reëlings het m.b.t. reis of verblyf moet jy self daardie bewyse insluit. Maak ook seker dat ons jou wegbreekinligting het.
NB: Paspoorte MOET 3 maande geldig wees nadat jy die Schengenlande verlaat.
Reisversekering:
Reis-versekering is en bly elkeen se eie keuse en verantwoordelikheid.
Jy kan by enige versekeraar van jou keuse versekering uitneem.
‘n Paar goeie opsies om te oorweeg is TIC, Hollard, Chubb en Allianz.
Hier is ‘n link met meer inligting: https://www.mariusduplooy.com/reisversekering
NB WENK: Mense is dikwels onder die indruk dat dit meer kos as hulle lank voor die toer reeds versekering uitneem. Dis nie waar nie. Jy betaal slegs vir die tydperk van die toer, maar jy is verseker vanaf die oomblik wat jy dit uitneem. Indien iets ernstig lank voor die tyd gebeur en wat versekerbaar is, is jy gedek.
Sommige mense vra of hulle eie mediese versekering voldoende is. Maak asb self 100% by jou versekeraar seker of dit vodoende dekking is vir ‘n Schengen-visum.
Toerprogram:
10 Desember
Vertrek uit Johannesburg
11 Desember
Land in en slaap in Amsterdam (Aandete ingesluit)
12 Desember
Vrye tyd in en slaap Amsterdam
13 Desember
Vertrek na Maastricht en Andre Rieu-konsert. Slaap Maastricht
14 Desember
Bus van Maastricht na Cologne (Keulen) waar ons op die AROSA Aqua klim vir die Kersmarkte-vaart op die Rynrivier en Cologne, Rűdesheim, Mainz, Frankfurt, Loreley-vallei en Koblenz raakkuier.
Alle etes, non-alkoholiese drank, asook wyn en bier is ingesluit.
Vrye tyd in elke dorp/stad. Jy het die opsie om van die boot se betaalekskursies gebruik te maak.
18 Desember
Af van boot en vertrek na Brussel hotel – Vrye tyd
19 Desember
Dag vrye tyd in Brussel
20 Desember
Boek uit by Brussel hotel en na Schippol-lughawe vir ons terugvlug na SA.
21 Desember
Land in Johannesburg
Boot se aankoms & vertrek-plekke & tye

Wat wil jy waar doen?
Ons stuur weke voor vertrek, sodra ons dit van A-Rosa ontvang, meer inligting oor die boot se amptelike “excursions”. Jy kan dan besluit wat jy in jou eie tyd wil doen en of jy op van die boot se amptelike uitstappies wil gaan (teen hulle ekstra koste). Met die bostaande inligting het jy intussen tyd om Oom of Tannie Google uit te vra oor wat die plekke bied om te pas by jou eie belangstellings.
Ingesluit:
- Jou retoervlug
- ALLE vervoer na en van die lughawe en hotelle
- Al jou etes op die boot
- Tussenpeusel op boot
- Alle nie-alkoholiese drinkgoed, asook alle bier & wyn op die boot.
- Twee nagte met bed en ontbyt Amsterdam, ook in Bussel en een in Maastricht
- Andre Rieu-konsert
- Afsluitings-aandete in Brussel
Geldsake:

Euro is die geldeenheid in meeste van die lande wat ons besoek.
Jy kan by meeste plekke jou kredietkaart of debietkaart gebruik. Jy kan ook daar geld trek of ruil. Dis altyd handig om ‘n paar Euros uit SA saam te neem.
NB Onthou om jou kredietkaartmense te laat weet wanneer jy in die buiteland sal wees.
Fooitjies:

Fooitjies is nie verpligtend nie. Daar sal wel fooitjies voorgestel word vir die bemanning wat na ons omsien vir die tyd op die boot.
Die Weer:
Wat die weer betref, behoort dit koue Europese winter-weer te wees.
Desember se historiese gemiddeld is:
Amsterdam 2° / 9° met 10 dae van reën
Cologne 3° / 8° met 11 dae van reën
Brussel 3° / 8° met 11 dae van reën
Op die boot word die temperatuur in openbare areas gehou op 'n gemaklike 20-22 grade,
en daar is lugversorging in elke kajuit.
Klere ens:
-
Dis ‘n gemaklike vakansie en geen uithangklere is nodig nie.
-
Wees gereed vir enige weer.
-
Dit help om in lae aan te trek.
-
Jou reënjas of sambreel en ‘n lekker warm baadjie is ‘n noodsaaklikheid
-
Neem warm goed saam. Beslis een warm jas. Ons gaan in die aande in die dorpies rondstap….mag lekker koud wees.
-
Gemaklike stapskoene/sandale.
-
Dan natuurlik jou eie medikasie. Oorweeg ook: hoofpynpille, iets soos Imodium, Buscopan, iets vir naar, breëspektrum antibiotika, iets vir allergië, Voltaren (salf en pille), pleister, oogdruppels, ACC200, iets vir ‘n moontlike keelseer….
Proppe:
Ons tweepunt-proppe werk daar:

Connected:
Ons hotelle en die boot het WiFi en die meeste restaurante uiteraard ook.
Gewone roaming word al hoe goedkoper, so kyk gerus na jou opsies.
Jy kan ook net sms’e laat roam of jy kan data roam. Praat met jou diensverskaffer en onthou dat die ‘sms-roaming’ eers geaktiveer kan word op die lughawe anders gaan jy nie sms’e kan ontvang nie!! Dit gaan ook nie werk indien jy dit eers in die buiteland wil aktiveer nie!!
‘n eSim werk ook baie goed, as jy data nodig het. Dit is virtuele simkaarte wat data bied teen goeie pryse. Maar maak baie seker dat jou foon ‘n eSim kan gebruik.
Meer inligting oor roaming en eSim:

Handbagasie:
Goed soos handeroom, tandepasta, tandeborsel, parfuum, deo, oogdruppels, ens., sit ek in ‘n jiffy-sakkie en haal dit uit my kajuitsak uit voordat dit deur die ‘scanner’ gaan. Onthou dat die botteltjies ‘vloeistof’ nie meer as 100ml mag wees nie. Die 100ml beperking is op die kapasitiet van die houer, en nie die inhoud nie.
Gewig van bagasie:
Jou tas vir die internasionale vlug mag ‘n maksimum van 23 kg weeg. Handbagasie: 8 kg.
Jy mag geen "power bank" in jou inweegbagasie hê nie. Dit moet in jou handbagasie wees.
Eie drinkgoed
Jy word toegelaat om tot 5 liter drank in jou inweegbagasie saam te neem, waarvan 1 liter sterk drank mag wees.
MAAR jy mag onder geen omstandighede jou eie drank op die boot gebruik nie.
Toerlied:
Waar drome waar word
Daar waar drome waar word op die heuwels
Waar ek vry kan reis van land tot land
voeg ek nou die spore van my stewels
En ek hou die oomblik in my hand.
Daar waar drome waar word tussen mense
Waar ek ver kan reis van stad na stad
Deel ek nou in eeue en oor grense
Soveel nuwe prentjies in my hart.
Daar waar drome waar word in die strate
Waar ek altyd reis van dorp tot dorp
Voel die kronkelpaaie deur my are
vreemdes word vriende drome word waar.
Koor
Dis hier waar ons is, dis hier waar ons was.
Brandhout vir my oudag Vuur vir my onthoudag
Italiaans: Non dimenticare senza fine viaggi
Frans: N'oubliez pas les voyages sans fin
(Loshande vertaling: Herinneringe aan reise het geen einde nie)
Geskryf deur Marius du Plooy.
Sanger en komponis: Nardus du Plooy – Hoofsanger van die Kaalkop Waarheid.

