
Italië 2026: Inligting vir Toerlede
13 - 27 Augustus 2026 Vetrek uit Johannesburg
TOSKANE, CINQUE TERRE, ROME, AMALFI, POMPEII
Betaaldatum:
Betaaldatum van balans is op 13 Mei 2026. Fakture sal vroegtydig uitgestuur word.
Gebruik asb jou faktuurnommer as betalingsverwysing.
Vlugte:

Die vlug vertrek uit Johannesburg op 13 Augustus om 17:55.
Die terugvlug land in Johannesburg op 27 Augustus om 10:35.
Toerleier, Marius du Plooy, sal julle ontmoet by die instaphek, waar jy op die vliegtuig klim, sowat 45 minute voor instaptyd.
Visum:
VISUMS is elkeen se eie verantwoordelikheid.
Jy kry die visum by VFS Global, wat die Italiaanse visums hanteer. (VFS-webtuiste onderaan). Jy kan in elk geval eers aansoek doen vir die Schengen-visum nadat die vliegkaartjies aan julle besorg is, saam met die toerleiersverklaring wat bewys van alle verblyf en vervoer insluit. Dit gebeur eers nadat die volledige toerbedrag deur almal voor of op 13 Mei betaal is. Daarna neem dit sowat 2 weke voordat vliegkaartjies uitgereik word.
Intussen kan jy solank jou eie dokumentasie gereed kry soos dit op die VFS-webtuiste vereis word. Jy hoef dit eers beskikbaar te hê vir jou afspraak by VFS. https://visa.vfsglobal.com/zaf/en/ita
Aangesien vereistes soms verander, maak SELF op hulle webtuiste baie seker van wat jy als moet saamneem en waar jou naaste VFS-kantoor is.
Jy sal daarop sien dat jy moet sorg vir onder meer dinge soos:
-
Mediese en reisversekering.
-
Bewys van voldoende fondse (gewoonlik 3 maande bankstate in Engels).
-
Proof of Payment : Dis die bewys van betaling wat jy aan VFS oorbetaal het. In die verlede het die visumkantoor selfs vereis dat state by die bank gestempel MOET wees i.p.v. elektronies.
-
Proof of employment (if applicable). ‘n Dokument vanaf die werkgewer wat bevestig dat jy by hom werksaam is en dat hy bewus is dat jy in die buiteland gaan wees en dat jy terugkeer na jou werk. ALT – Jy vul in dat jy afgetree is.
-
Proof of Residence : Ons gebruik maar die nuutste munisipale rekening.
-
WEEREENS: Maak self absoluut seker wat als vereis word.
Die toerleiersverklaring wat ons gee vir jou visumaansoek verklaar dat jy deel is van die toergroep, volledig betaal het, die reisprogram, verblyfbewys en jou vlugkaartjie.
Reisversekering:
Reis-versekering is en bly elkeen se eie keuse en verantwoordelikheid.
Jy kan by enige versekeraar van jou keuse versekering uitneem.
‘n Paar goeie opsies om te oorweeg is TIC, Hollard, Chubb en Allianz.
Hier is ‘n link met meer inligting: https://www.mariusduplooy.com/reisversekering
NB WENK: Mense is dikwels onder die indruk dat dit meer kos as hulle lank voor die toer reeds versekering uitneem. Dis nie waar nie. Jy betaal slegs vir die tydperk van die toer, maar jy is verseker vanaf die oomblik wat jy dit uitneem. Indien iets ernstig lank voor die tyd gebeur en wat versekerbaar is, is jy gedek.
Sommige mense vra of hulle eie mediese versekering voldoende is. Maak asb self 100% by jou versekeraar seker of dit vodoende dekking is vir ‘n Schengen-visum.
Toerprogram:
13 Aug: Vertrek uit Johannesburg
14 Aug: Aankoms in Bologne en bus na Florence. Na hotel vir afpak en rondloop. Aandete saam. Slaap in Florence, Hotel Diplomat
15 Aug: Staptoer in Florence & Accademia-museum. Middag – eie tyd. Slaap Florence.
16 Aug: Dag vrye tyd en slaap in Florence
17 Aug: Vertrek na Cinque Terre. Besoek eerste van die 5 dorpies die middag per trein.
Slaap La Spezia
18 Aug: Cinque Terre vrye tyd en slaap La Spezia
19 Aug: Vertrek via Lucca en Pisa na San Gimignano vir die volgende 4 nagte. Aandete saam
20 Aug: Oggendmark San Gimignano in eie tyd. Middag/aand Kookkursus & Aandete by Guardastelle wynlandgoed. Slaap San Gimignano.
21 Aug: Besoek Monteriggione & Siena. Slaap San Gimignano.
22 Aug: Besoek Chianti-wyngebied, Greve in Chianti, en Wynproe met ligte middagete Montefioralle. Laaste aandete saam in San Gimignano
23 Aug: Vertrek na Rome. Middag en aand vrye tyd in Rome.. Slaap in Rome
24 Aug: Na ontbyt, vrye tyd in Rome tot +- 14.00 wanneer die bus na Napels vertrek.
25 Aug: Bus na Amalfi vir rondstap of swem.. Laaste aandete saam. Slaap in Napels.
26 Aug: Besoek die geskiedkundige Pompeii en dan lughawe toe vir die terugvlug na SA.
27 Aug: Land in Johannesburg
Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.
Ingesluit:
-
Retoervlugte uit Johannesburg.
-
Alle verblyf soos in die program aangedui.
-
Alle ontbyte en ses ander etes.
-
Italiaanse kookkursus.
-
Toegang tot die Toring van Pisa en Academia-museum.
-
Busvervoer.
Geldsake:

Die geldeenheid in Italië is die Euro.
Jy kan by meeste plekke jou kredietkaart/debietkaart daar gebruik.
Jy kan ook daar geld trek of ruil. Dis altyd goed om minstens ‘n bietjie kontant te hê.
NB Onthou om jou kredietkaartmense te laat weet wanneer jy in die buiteland sal wees.
Fooitjies:

Fooitjies is nie verpligtend nie.
Daar sal wel fooitjies ingesamel word aan die einde van die toer, vir die busbestuurder wat ons deur die land gaan rondry.
Die Weer:
Wat die weer betref, behoort dit lekker warm somer temperature te wees.
Augustus se gemiddeld is:
La Spezia 29° / 20°
San Gimignano 32° / 18°
Rome 32° / 20° met 2 dae van reën
Klere ens:
-
Dit help om in lae aan te trek.
-
Onthou ‘n reënbaadjie en iets warms.
-
Gemaklike stapskoene/sandale.
-
Hoed, Sonbril en Swemklere.
-
Dan natuurlik jou eie medikasie. Oorweeg ook: hoofpynpille, iets soos Imodium, Buscopan, iets vir naar, breëspektrum antibiotika, iets vir allergië, Voltaren, pleister, oogdruppels, ACC200, iets vir ‘n moontlike keelseer….
Proppe:
Ons tweepunt-proppe werk daar:

Connected:
Ons hotelle het WiFi en die meeste restaurante uiteraard ook.
Gewone roaming word al hoe goedkoper, so kyk gerus na jou opsies.
Jy kan ook net sms’e laat roam of jy kan data roam. Praat met jou diensverskaffer en onthou dat die ‘sms-roaming’ eers geaktiveer kan word op die lughawe anders gaan jy nie sms’e kan ontvang nie!! Dit gaan ook nie werk indien jy dit eers in die buiteland wil aktiveer nie!!
‘n eSim werk ook baie goed, as jy data nodig het. Dit is virtuele simkaarte wat data bied teen goeie pryse. Maar maak baie seker dat jou foon ‘n eSim kan gebruik.
Meer inligting oor roaming en eSim:

Handbagasie:
Goed soos handeroom, tandepasta, tandeborsel, parfuum, deo, oogdruppels, ens., sit ek in ‘n jiffy-sakkie en haal dit uit my kajuitsak uit voordat dit deur die ‘scanner’ gaan. Onthou dat die botteltjies ‘vloeistof’ nie meer as 100ml mag wees nie.
Gewig van bagasie:
Jou tas vir die internasionale vlug mag ‘n maksimum van 23 kg weeg. Handbagasie: 8 kg.
Toerlied:
Waar drome waar word
Daar waar drome waar word op die heuwels
Waar ek vry kan reis van land tot land
voeg ek nou die spore van my stewels
En ek hou die oomblik in my hand.
Daar waar drome waar word tussen mense
Waar ek ver kan reis van stad na stad
Deel ek nou in eeue en oor grense
Soveel nuwe prentjies in my hart.
Daar waar drome waar word in die strate
Waar ek altyd reis van dorp tot dorp
Voel die kronkelpaaie deur my are
vreemdes word vriende drome word waar.
Koor
Dis hier waar ons is, dis hier waar ons was.
Brandhout vir my oudag Vuur vir my onthoudag
Italiaans: Non dimenticare senza fine viaggi
Frans: N'oubliez pas les voyages sans fin
(Loshande vertaling: Herinneringe aan reise het geen einde nie)
Geskryf deur Marius du Plooy.
Sanger en komponis: Nardus du Plooy – Hoofsanger van die Kaalkop Waarheid.


