top of page
shutterstock_421013719-1536x971_edited_edited_edited.jpg

Brasilië 2026:   Inligting vir Toerlede

24 September - 6 Oktober 2026    
Vetrek uit Johannesburg   
 

Maak gereed vir ‘n Suid-Amerikaanse avontuur!  

Betaaldatum:

Betaaldatum van balans is voor of op 24 Junie 2026.  Fakture sal vroegtydig uitgestuur word.

Gebruik asb jou faktuurnommer as betalingsverwysing.

Vlugte:

SAA-on-track-for-2021-breakeven-statement-800x400.jpg

Die vlug vertrek uit Johannesburg op 24 September om 9:50.

Die terugvlug land in Johannesburg op 6 Oktober om 7:05. 

 

Toerleier, Marius du Plooy (Jr), sal julle ontmoet by die instaphek, waar jy op die vliegtuig klim, sowat 45 minute voor instaptyd.

Visum:

Geen visum is nodig vir Suid Afrikaners nie!

Geelkoorsinenting

Geelkoorsinenting is vinnig en eenvoudig, maar nodig vir alle besoeke aan Brasilië. Dis eintlik nodig vir die terugkom na Suid-Afrika. 

MAAR jy mag aansoek doen om vrygestel te word indien jy ouer as 60 is of as jou dokter dit so aanbeveel. Dan het jy ‘n “yellow fever vaccine exemption certificate” nodig. Dit kry jy by ‘n dokter of kliniek wat gelisensieer is om geelkoorsinentings te doen. 

L.W. Die meeste GP’s is nie daarvoor gelisensieerd nie. Google gerus waar jou naaste “Travel doctor” of “Travel Clinic” is.  

Jou ouderdom, gesondheidstoestand en medikasie wat jy gebruik, sal bepaal of dit nodig is om ingeënt te word en of jy kwalifiseer vir 'n “Exemption Certificate”.

Jy moet jou inenting kry minstens 14 dae voor vertrek.

Reisversekering:

Reis-versekering is en bly elkeen se eie keuse en verantwoordelikheid. 

Jy kan by enige versekeraar van jou keuse versekering uitneem.  

‘n Paar goeie opsies om te oorweeg is TIC, Hollard, Chubb en Allianz.

Hier is ‘n link met meer inligting:  https://www.mariusduplooy.com/reisversekering

 

NB WENK: Mense is dikwels onder die indruk dat dit meer kos as hulle lank voor die toer reeds versekering uitneem. Dis nie waar nie. Jy betaal slegs vir die tydperk van die toer, maar jy is verseker vanaf die oomblik wat jy dit uitneem.  Indien iets ernstig lank voor die tyd gebeur en wat versekerbaar is, is jy gedek. 

Sommige mense vra of hulle eie mediese versekering voldoende is. 

Toerprogram:

24 Sep: Vertrek uit Johannesburg en ​aankoms in Sao Paulo

25 Sep: Ontdek Sao Paulo

 

26 Sep: Sao Paulo na Paraty

27 Sep: Vrye-tyd in Paraty

 

28 Sep: Paraty na Angra dos Reis

 

29 Sep: Bootreis in Angra dos Reis

 

30 Sep: Angra dos Reis na Rio de Janeiro 

 

1 Okt: Ontdek Rio de Janeiro 

 

2 Okt: Rio de Janeiro – Vrye tyd vir self ontdek.

 

3 Okt: Rio de Janeiro na Foz do lguazu

 

4 Okt: Foz do lguazu

 

5 Okt: Terug na Sao Paolo vir terugvlug.

 

6 Okt: Arriveer in Johannesburg

 

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

Ingesluit:

  • Internasionale vlugte van Johannesburg af.

  • Elke toerlid ontvang 500 Braziliaanse Real in kontant.

  • 2 plaaslike vlugte in Brasilië.

  • Plaaslike vervoer.

  • Plaaslike toergids.

  • Suid Afrikaanse toerleier.

  • 11 aande se verblyf.

  • Toegangsfooie, soos aangedui op toerprogram.

  • Samba-dansklas in São Paulo.

  • Boot-toer met 'n Braziliaanse braai.

  • Ontbyt daagliks.

  • Nog 2 ander aandetes.

Geldsake:

Brazil_BCB_100_reais_2010.00.00_B879a_P257_AA_015790439_f-1536x681.jpg

Brasilië se amptelike geldeenheid is die Brasiliaanse Real (BRL). 

 

1 Brasiliaanse Real = R3,20

 

Jy kan op meeste plekke in Brasilië betaal met jou debiet- of kredietkaart.

 

NB: Onthou om jou kredietkaartmense te laat weet wanneer jy in die buiteland sal wees.

 

Dit is moeilik om Brasiliaanse Real te kry in Suid Afrika.  

Elke toerlid ontvang 500 Brasiliaanse Real wanneer ons daar aankom, as deel van die toerprys. Jy kan ook Amerikaanse Dollars saamneem., wat jy daar kan gebruik of ruil vir Real.

Fooitjies:

Tip-Jar-Blog-Image-660x283-1.jpg

Ons standpunt is dat fooitjies altyd vrywillig behoort te wees.  Fooitjies in Brasilië is soortgelyk aan Suid Afrika.  Dit word gegee vir goeie diens, met 10% wat die maatstaf is in ‘n restaurant. Vir ons toergidse is die voorgestelde hoeveelheid so R50-R100 per dag.

Die Weer:

Wat die weer betref - September-Oktober se gemiddeld is:

 

purepng.com-weather-iconsymbolsiconsapple-iosiosios-8-iconsios-8-721522596142qx4ep.png
Screenshot 2026-04-24 at 10.16_edited.jpg

Klere ens:

  • Warm tropiese weer word verwag. 

  • Dit reën gereeld in Brasilië, so wees gereed met ‘n reënbaadjie of sambreel.  

  • Dit behoort nie koud te wees nie, maar wees eerder gereed vir alles en neem ‘n warm baadjie ook. 

  • Gemaklike stapskoene/sandale.  

  • Hoed, Sonbril en Swemklere.

  • Muskietafweergoed

  • Dan natuurlik jou eie medikasie.   Oorweeg ook: hoofpynpille, iets soos Imodium, Buscopan, iets vir naar, breëspektrum antibiotika, iets vir allergië, Voltaren (salf en pille), pleister, oogdruppels, ACC200, iets vir ‘n moontlike keelseer….

  • Vir veiligheid neem voorskrif saam as dit voorgeskrewe medikasie is, selfs al word dit baie selde gevra.

Proppe:

Ons plat tweepunt-proppe werk daar:

electricity-type-C-plug-1.jpg

Connected:

Ons hotelle het WiFi en die meeste restaurante uiteraard ook.  

Gewone roaming word al hoe goedkoper, so kyk gerus na jou opsies.

Jy kan ook net sms’e laat roam of jy kan data roam.  Praat met jou diensverskaffer en onthou dat die ‘sms-roaming’ eers geaktiveer kan word op die lughawe anders gaan jy nie sms’e kan ontvang nie!!  Dit gaan ook nie werk indien jy dit eers in die buiteland wil aktiveer nie!!

‘n eSim werk ook baie goed, as jy data nodig het.  Dit is virtuele simkaarte wat data bied teen goeie pryse.  Maar maak baie seker dat jou foon ‘n eSim kan gebruik.  

Meer inligting oor roaming en eSim:

https://www.mariusduplooy.com/bly-in-verbinding-op-toer

unnamed.png

Handbagasie:

Goed soos handeroom, tandepasta, tandeborsel, parfuum, deo, oogdruppels, ens., sit ek in ‘n jiffy-sakkie en haal dit uit my kajuitsak uit voordat dit deur die ‘scanner’ gaan.  Onthou dat die botteltjies ‘vloeistof’ nie meer as 100ml mag wees nie.  

By die 100ml botteltjie vloeistof word verwys na die bottel se potensiële volume en nie die inhoud van die bottel nie.  Al is die vloeistof minder as 100ml, maar in ‘n bottel met meer as 100ml volume, sal dit steeds afgeneem word.  

Gewig van bagasie:

Ons plaaslike vlugte beperk ons tot 20 kg.  So alhoewel die internasionale vlug ‘n maksimum het van 23 kg, moet ons hou by die plaaslike limiet van 20 kg. Handbagasie: 7 kg. 

Toerlied:

Waar drome waar word

Daar waar drome waar word op die heuwels

Waar ek vry kan reis van land tot land 

voeg ek nou die spore van my stewels

En ek hou die oomblik in my hand. 

 

Daar waar drome waar word tussen mense

Waar ek ver kan reis van stad na stad 

Deel ek nou in eeue en oor grense 

Soveel nuwe prentjies in my hart.

Daar waar drome waar word in die strate

 Waar ek altyd reis van dorp tot dorp 

 Voel die kronkelpaaie deur my are 

 vreemdes word vriende drome word waar.

 

Koor

Dis hier waar ons is, dis hier waar ons was.

Brandhout vir my oudag Vuur vir my onthoudag 

 

Italiaans:   Non dimenticare senza fine viaggi

Frans:   N'oubliez pas les voyages sans fin

(Loshande vertaling: Herinneringe aan reise het geen einde nie)              

 

Geskryf deur Marius du Plooy.  

Sanger en komponis: Nardus du Plooy – Hoofsanger van die Kaalkop Waarheid.

Brazil 2026_edited.jpg
bottom of page