top of page

Wit Kersfees in Switserland

Derduisende mense droom net van ‘n Wit Kersfees. 

  

Leef eerder met herinneringe as met drome!

Wit Kersfees in Switserland : 20–30 Desember 2017

 

Kom maak saam herinneringe.

​

​

Alle ontbyte en aandetes is by die toerprys ingesluit. (Behalwe Kersdag aandete wat deur die middagete vervang word.)

 

Ons vlieg tot in Zurich en reis per trein deur sneeugebiede tot in Interlaken.

 

Die vier-ster Hotel Krebs is ons basis vir die volgende 7 dae. (Net een keer se uitpak!!!)

 

Van daar af besoek ons elke dag sneeu-dorpies per pragtige treine waar jy kan rondloop, kabelkar ry, inkopies doen, gluwein of warm sjokoloade (met of sonder Rum) drink en die wondermooi van alles geniet terwyl die sneeuvlokkies hopelik (soos verlede jaar) om ons val. OF jy kan selfs gaan ski of ry slee as jy wil.

 

Ons Wit Kersfees in ‘n neutedop:

Ons besoek Grindelwald, die bekende ski-oord in die skadu van die Jungfrau-berg * Oor die Brunig-pas Lusern toe - of ‘n besoek aan die pragtige Engelberg * Andermatt en Brig * en een van die sektore van die Gletser Express-roete * Montreux se kersmark * via Bern en Spiez en die verkeervrye Zermatt vir nog inkopies * of met die rattandtrein tot by Gornergrat – 3020 meter hoog en met ‘n ongelooflike uitsig oor die Matterhorn-berg. (Dit is in hierdie restaurant-omgewing waar een van James Bond se 007-flieks geskiet is) * Kersfeesmiddag-ete  word juis hier by die 007-restaurant geniet.     * Switserland se hoogste berg  die Monte Rosa * Kersdag besoek ons onder meer Lauterbrunnen waar ons per kabelkar na Grütschalp en met die rattandtrein na Mürren reis

 

En wanneer ons op 29 Desember weer voet aan wal sit in Suid-Afrika, is dit met ‘n sak vol herinneringe, wat ons sal gebruik as brandhout vir ons oudag…

 

 

Skakel my by 083 787 1234 of stuur ‘n e-pos aan marius@fundipro.co.za

 

Marius du Plooy, Toerleier * Toerleier van Europese toere en Franse kanaalbootvaarte * Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent * SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere * Besoeke aan en ervaring van 12 lande.

 

 

 

 

   

R38 480

10
dae
20 –29 Desember 2018

Prys: R38 480 per persoon wat deel

Enkelpersoon in eie kamer: R42 940

 

Die meeste dae is daar oorgenoeg eie tyd, vrye tyd en inkopies doen. Kersdag se kabelkar is egter deel van die toerprys. Op verskeie plekke het jy die opsie om rond te loop en als te ervaar of om op eie koste van die kabelkar gebruik te maak om nog meer te beleef. Alle ontbyte en aandetes is by die prys ingesluit.

 

Toerprogram:

 

 

20 Don    Vertrek uit SA na Zurich

 

21 Vry    Aankoms en vertrek per trein na            Interlaken Hotel Krebs

 

22 Sat    Trein na Grinderwald, ski-oord              in skadu van Jungfrau en                    bewonder  die omgewing en al die            Kersversierings

 

23 Son    Trein oor Brunig pas na Lusern v            ir Kersinkopies 

          ALT Na Engelberg met kabelkar –            Eie keuse

 

24 Ma     Via Brig en die Gletser                    Expressroete na die gewilde ski-            oord, Andermatt

 

25 Dins   Kersdag na Lauterbrunnen.                  Kabelkar na Grustschalp en                  rattandtrein na Murren. Kabelkar            na Schilthorn bergspits… (piz              Gloria)

​

26 Woens  Zermatt met opsionele                      rattandtrein na Gornergrat, met            ongelooflike uitsig op                      Matterhorn en Monte Rosa -                  hoogste berg in Switzerland

 

27 Don    Via die Zweisimmen Express-roete            na Montreux.

          Via Bern en Spiez terug

​

28 Vry    Trein na Zurich en vertrek die              aand na SA

​

29 Sat    Aankoms in SA

​

 

 

 

 

 

 

bottom of page