top of page

Brazil 2027

22 September - 4 October 2027 (School holiday)
 

 

Come along on a South American adventure!

São Paulo, Rio de Janeiro and the Iguazu Falls.

No visa is required for Brazil!

Samba in São Paulo and feel the rhythm of Rio de Janeiro.

Along with the famous Brazilian cities, we also visit Paraty - a coastal town full of Portuguese colonial character, with old churches and cobblestone streets. It is surrounded by dense forests and waterfalls, with a view of islands in the emerald green sea.

We also spend a few days among the enchanting islands of Angra dos Reis.

And then a big “bucket list” destination – the spectacular Iguazu Falls on the border of Brazil and Argentina.

 

Toerprogram

 

Dag 1: Vertrek uit SA en aankoms in Sao Paulo

Vervoer vanaf die lughawe na ons hotel in Sao Paulo.

 

Welkom in Sao Paulo! As die grootste stad in Brasilië, is Sao Paulo 'n bedrywige metropool wat bekend is vir sy ryk kulturele toneel, lewendige naglewe en diverse kookkuns. Nadat jy by Guarulhos Internasionale Lughawe aangekom het - hotel toe om te ontspan en voor te berei vir dit wat voorlê in die komende dae. 

 

Dag 2: Ontdek Sao Paulo

Vandag se hoogtepunte:

  • Verken die Museu do lpiranga, een van Brasilië se mees ikoniese museums. Leer meer oor Brasilië se onafhanklikheid en geniet die nabygeleë park.

  • Besoek die bekende Beco do Batman, 'n opelug straatkunsgalery in Vila Madalena. bewonder die kleurvolle graffiti en neem fotos.

  • Stap deur die Liberdade-woonbuurt met sy Japannese-invloed. Besoek temawinkels, verken die mark en probeer tradisionele versnaperinge soos gyoza of takoyaki.

  • Samba klas.  Neem deel aan 'n karaktervolle samba-dansklas.

  • Vanaand verken ons Vila Madalena, die boheemse woonbuurt, besoek galerye, geniet die polsende atmosfeer en kyk na die bekende Beco do Batman.

 

Dag 2: Sao Paulo na Paraty.

Reis na Paraty, 'n pragtig-bewaarde koloniale dorp wat bekend is vir sy historiese sjarme en natuurskoon. Die 5 uut-lange rit neem ons deur skilderagtige landskappe voordat ons in Paraty aankom. Die res van die dag is joune om die oulike straatjies te verken of in die rustige omgewing te ontspan.

 

Dag 4: Vrye-tyd in Paraty.

Paraty is bekend vir sy bekoorlike koloniale argitektuur, kobbelstrate en asemrowende kus-uitsigte. Gebruik jou vrye dag om die plaaslike winkels te ontdek, die strande te geniet of net rond te loop.

• Begin jou dag in die Historiese Sentrum: dwaal deur die kobbelstrate en bewonder die goed-bewaarde koloniale argitektuur.

• Besoek die Kerk van Santa Rita: Hierdie 18de-eeuse kerk is een van die mees ikoniese geboue in Paraty.

• Stop by die Casa da Cultura: Leer oor die plaaslike geskiedenis, kultuur en kuns deur verskeie uitstallings. 

 

Dag 5: Paraty na Angra dos Reis

'n Rit van net minder as 2 ure neem ons tot in Angra dos Reis met 'n kusparadys wat bekend is vir sy turkoois water en welige eilande.  Nadat ons by die hotel aankom, het jy tyd om te ontspan voor aandete.

 

Dag 6: Bootreis in Angra dos Reis

Seil op 'n bootrit deur die kristalhelder water van Angra dos Reis, waar ons verby afgesonderde strande en pragtige eilande vaar.  Hier het jy kans vir swem, snorkel, en om die asemrowende natuurskoon in te neem. Dan keer ons terug hotel vir 'n heerlike aandete.

 

Dag 7: Angra dos Reis na Rio de Janeiro

Rio - 'n stad wat bekend is vir sy dramatiese landskap en lewendige kultuur.  Na aankoms, gaan ons eers hotel toe, en geniet dan die aand in die Lapa-woonbuurt, bekend vir sy lewendige naglewe en historiese argitektuur.

 

Dag 8: Ontdek Rio de Janeiro

Ervaar die ikoniese besienswaardighede van Rio op 'n stadtoer:

  • Corcovadoberg: Besoek die Christus die Verlosser-standbeeld, een van die Nuwe Sewe Wonders van die Wêreld. Van hierdie uitkykpunt af het jy panoramiese uitsigte oor die stad, strande en die omliggende berge.

  • Sugarloaf Mountain: Ons neem 'n kabelkarrit na die kruin van die berg vir ‘n skouspelagtige uitsig oor Rio se kuslyn en die bedrywige stad daaronder. Dit bied natuurlik asemrowende fotogeleenthede en 'n onvergeetlike ervaring van Rio se natuurlike skoonheid.

 

Dag 9: Rio de Janeiro – Vrye tyd vir self ontdek.

Vandag kan jy Rio de Janeiro vêrder ontdek op jou eie tyd.  Hier is 'n paar opsies om te oorweeg - Ons stel voor dat jy Rio de Janeiro se Museum van Môre besoek - 'n futuristiese landmerk deur argitek Santiago Calatrava. Hierdie interaktiewe wetenskap-sentrum, geleë in die Porto Maravilha-omgewing, verken temas soos klimaatsverandering, biodiversiteit en tegnologie deur middel van meeslepende uitstallings. Geniet asemrowende uitsigte oor Guanabarabaai en die Olimpiese Boulevard - 'n moet-sien-bestemming.

 

Dag 10: Rio de Janeiro na Foz do lguazu

Vlieg na Foz do lguazu en dan hotel toe. 

 

Dag 11: Foz do lguazu

Foz do lguazu-avonture Ontdek die ongelooflike lguazu-watervalle, 'n uitgestrekte netwerk van watervalle op die grens tussen Brasilië en Argentinië. Stap langs verskeie uitkykplatforms om die donderende watervalle van naby te ervaar. Besoek ook die Parque dos Aves, 'n unieke beskermingsgebied naby lgua9u Falls, Brasilië, die tuiste van meer as 1 300 voëls van 130 spesies, insluitend toekans, macaws en flaminke. Besoekers kan deur groot voëlhokke stap, om die voëls van naby af tebekyk en meer oor bewaring leer

 

Dag 12: Sao Paolo 

Ons vlieg terug na Sao Paulo en vandaar af terug na Suid Afrika.

 

Dag 13: Arriveer in SA

R61 900**

22 September - 4 October  2027
Deposit of R7 000
13 days

** This is the preliminary price. The 2027 price will only be confirmed 10 months before the tour.

Koste: R61 900 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R70 950)

​

GEEN Visumkostes nie!

​

Ingesluit: ​

  • Internasionale vlugte van Johannesburg af.

  • 2 plaaslike vlugte in Brasilië.

  • Plaaslike vervoer.

  • Plaaslike toergids.

  • Suid Afrikaanse toerleier.

  • 11 aande se verblyf.

  • Toegangsfooie, soos aangedui op toerprogram.

  • Samba-dansklas in São Paulo.

  • Boot toer met 'n Braziliaanse braai.

  • Ontbyt daagliks.

  • Nog 2 ander aandetes.

  • Fooitjies ingesluit.

​​

​

Toerprogram:

​

Dag 1: Vertrek uit Johannesburg en ​aankoms in Sao Paulo

​

Dag 2: Ontdek Sao Paulo

 

Dag 3: Sao Paulo na Paraty

​

Dag 4 Vrye-tyd in Paraty

 

Dag 5: Paraty na Angra dos Reis

 

Dag 6: Bootreis in Angra dos Reis

 

Dag 7: Angra dos Reis na Rio de Janeiro 

 

Dag 8: Ontdek Rio de Janeiro

 

Dag 9: Rio de Janeiro – Vrye tyd vir self ontdek.

 

Dag 10: Rio de Janeiro na Foz do lguazu

 

Dag 11: Foz do lguazu

 

Dag 12: Terug na Sao Paolo vir terugvlug.

 

Dag 13: Arriveer in Johannesburg

 

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

​

bottom of page