Slowenië en Kroasië 
     17 September - 2 Oktober
                     2021

Baie vrye tyd en…                

Eilande, watervalle, grotte, straatmarkte, wyne, eeue-oue plekke.. en lipleklekker kosse

1/6

R41 900 

15
dae

In Split, Kroasië op ‘n “tradisionele ensuite” boot, met ‘n maksimum van 20 passasiers, vir ‘n week lank tussen ‘n klompie van die meer as duisend eilande van Kroasië deur, meer vas, stap rond, swem as jy wil en geniet elke stukkie eiland-andersheid. Dit beteken dat net ons groep op die boot sal wees.

 

Ons vaar tot by Dubrovnik in die suide van Kroasië, aan die Adriatiese see, stap hoog op die honderde jare-oue klipmuur rondom die ou stad. Die seehawe wat dikwels beskryf word as die "Pêrel van die Adria". Dis ook hier waar talle tonele van Game of Thrones verfilm is.

 

Ons slaap naby die Plitvice Nasionale Park - seker een van die wêreld se mooiste natuurgebiede waar jy honderde meter ver op houtbruggies (cat walks) langs kan stap terwyl ‘n water-wonderwêreld bo en rondom jou afspeel. 16 groter en tientalle kleiner blougroen mere, damme & riviertjies wat met honderde watervalle en strome inmekaar vloei en stort. Jy voel soos ‘n miniatuurmens wat verdwerg word terwyl ‘n waterval-simfonie tussen die bosse deur sweef.  

 

Dan is ons in een van Slowenië se pragtige wynstreke en slaap op ‘n wingerdplaas. Hier gaan ons lekker Sloweense wyn proe en die ongelooflike omgewing geniet.

 

Daarna die res van Slowenië vir ‘n ervaring van ‘n leeftyd: Die hoofstad, Lubljana, is ons basis vir die volgende klompie nagte. Lubljana met sy elkedagmark aan die Ljubljanica-rivier, wat soos ‘n slang deur die middel van Lubljana kronkel. Van die varsste vrugte en groente en neute en gerookte vleissoorte staan die reuse markplein vol. Gaan kronkelstap oor die meer as 12 brûe, gaan sit by een van die menigte restaurantjies en drink stadig aan die bier of wyn in jou hand, terwyl jy ook die omgewing gulsig indrink.  Ons ry met ‘n treintjie deur die ongelooflike, reusagtige Postoijna grotte met sy asemrowende 20 kilometerlange netwerk van grotte en verbindings en proe bier by ‘n Sloweense brouery.  En dan die wonderskone Bled-meer met die middeleeuse kerk in die middel van die meer. Daarna ‘n rit op die een-kilometer-hoë Vogel ski-oord-kabelkar.

 

 

Met sakke vol herinneringe pak ons ons terugvlug huistoe aan, want ons het baie brandhout bymekaargemaak vir ons oudag...

 

 

 

‘n Slim ou het gesê: ‘EENDAG gaan jy dalk wakker word en dan is daar nie meer tyd om DIT te doen wat jy nog altyd WOU gedoen het nie.’

 

 

Skakel my by 083 787 1234 of stuur ‘n e-pos aan marius@fundipro.co.za

 

 

 Marius du Plooy, Toerleier * Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte * Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent * SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere * Besoeke aan en ervaring van 12 lande

17 Sept - 2 Okt 2021

Koste: R41 900 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R46 900)

Ingesluit: Internasionale vlug, besoeke soos in die program, alle ontbyte en 11 ander etes. Muurstap in Dubrovnik is ingesluit.

Opsioneel: Gidstoere op eilande plus wat nie ingesluit is by die toerplan nie. 

 

      Toerprogram

 

17 Sept

Vrydag

Vertrek uit SA na Dubrovnik

18 Sat

Per bus na Split en vertrek dadelik op ons boot (7 nagte). Slaap in vanaand in Makarska met sy wye promenade.

Op die boot is alle ontbyte en middagetes ingesluit. Op alle eilande het jy vrye

tyd om self te gaan ontdek of op opsionele georganiseerde uitspappies te gaan

19 Son

Vertrek na eiland, Miljet. Oornag Polaca/Pomena. Stap, swem en geniet.

20 Ma

Vertrek na Dubrovnik vir middag, aand en volgende oggend daar. Stap op die muur vir ‘n ongelooflike uitsig. Stap deur en geniet die ou stad

21 Dins

Vertrek laatoggend na die eiland, Sipan. Behalwe ‘n eilandervaring is daar dalk tyd om plaaslike wyn te gaan proe

22 Woens

Vertrek na die bekende eiland Korcula, die geboorteplek van Marco Polo. Dis ‘n indrukwekkende eiland met ‘n eeue-oue geskiedenis, restaurante, wyn, en…

23 Don

Vertrek na nog een van die bekende eilande – Hvar. ‘n Belewenis soos min

24 Vry

Vaar na die eiland Brac. Seker die omgewing wat die amateur- en professionele fotograwe die meeste na hulle kameras laat gryp. Dan vaar ons vir oulaas Split toe vir ‘n laaste kuier langs pragtige Split riviera

25 Sat

Af van die boot af by Split. Per bus via Rastoke na Slunj naby die Plitvice watervalle, met aandete by ons hotel

26 Son

Besoek Plitvice watervalle. Daarna oor die Slovenië-grens na die pragtige Jeruzalem- wynstreek met wynproe en aandete.

Slaap tussen die wingerde by die Brenholc-gastehuis

27 Ma

Vertrek na Ljubljana – Union Hotel. Bootvaart op die Ljublianica-rivier. Aandete

28 Dins

Dag vry in Ljubljana

29 Wo

Besoek Postojna grotte en daarna ‘n besondere bierproe by mikrobrouery

30 Don

Besoeke aan Lake Bled + Pletna-boot tot op die eiland. Daarna op met Vogel se kabelkar & ski-lifts + middagete

1 Okt Vrydag

Oggend vry in Ljubljana en dan via Skofja Loka met afsluit-ete.

Dan na Ljubljana lughawe Terugvlug na SA

2 Sat

Aankoms in SA

 

Marius du Plooy Toere  

       is deel van die

Capetowning groep.

083 787 1234     marius@fundipro.co.za

© 2015 by Capetowning.