top of page
amalfi-coast-towns-pt-2-header.jpg

8 - 21 AUGUSTUS 2024

TOER NA

ITALIË

🇮🇹 Italië: 🇮🇹     
AMALFI, POMPEЇ, TOSKANE en CINQUE TERRE 

8 - 21 Augustus 2024      
 

 

Ons vlieg tot in Napels, besoek die geskiedkundige rampgebied van Pompeї, die unieke Amalfi-omgewing en Positano.

Op pad na Florence maak ons ‘n halfdag-draai in Rome. Mens mag mos nie net daar verby ry nie!

In Florence stap ons saam met ons gids, Vincenzo, deur die oudste dele van die stad met verstommende stories oor die wat waar en hoe. Ons eindig by die Academia-museum waar Dawid reeds baie dekades in sy marmernaaktheid staan en poseer.   Om te dink Michelangelo was maar 26 jaar oud toe hy in 1501 opdrag ontvang het om die 5.17 meterhoë standbeeld te skep. 

 

Na Florence pak ons tasse uit in die pragtige San Gimignano. 

Van daar af besoek ons elke dag ‘n heuweldorpie of twee en geniet ‘n halfdag Italiaanse kook-ervaring op die wynlandgoed, Guardastelle. By die skilderagtige Montefiorale gaan ons wyn proe voordat ons, soos byna elke aand in San Gimignano op die plein op die put se trappies gaan sit en ‘n egte Gelato verorber.

 

Dan nog ‘n hoogtepunt – Twee dae in Cinque Terre, wat deur baie beskou word as een van die mees besondere en skilderagtige gebiede van Italië…met sy vyf (cinque) kleurvolle dorpies wat soos swaeltjieneste bo die see hang…    

 

Maar om alles wat voorlê te probeer beskryf is ‘n onbegonne taak…. Want hoe beskryf mens die lekkerste lekker eet- en drinkgoed, die emosionele gevoel van iets wat jy vir altyd wil vasvang, nuwe ervarings wat spruit uit eeueoue geboue en gebeure…?

 

Ons sien jou in Italië.

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

R52 625

14 dae
8 - 21 Augustus 2024
 

Koste: R52 625 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R57 955)

Ingesluit: Vlug, verblyf, alle ontbyte en ses ander etes, busvervoer, Italiaanse kookkursus en toegang tot die Toring van Pisa en Academia-museum.

 

Sodra jy die toervoorwaardes aanvaar het, betaal die deposito van R6 000 per persoon in om jou plek te verseker.

Toerprogram na Italië:

8 Aug

Vlug uit JHB

Aug

Aankoms Napels Transfer na Napels hotel. Besoek Pompei

Aandete saam

10 Aug

Bus na Amalfi/Positano. Slaap Napels

11 Aug

Rome vrye tyd (4-5ure) dan na Florence Hotel 

12 Aug

Staptoer deur Florence saam met gids & besoek Academia. Slaap Florence. Aandete

13 Aug

 Florence dag in eie tyd. Slaap Florence

14 Aug

Vertrek via Monterigione na en slaap San Gimignano  - Hotel Cisterna. Aandete

15 Aug

Oggendmark San Gimignano

14.00 – 19.00 Kookklas & Aandete  

Slaap San Gimignano

16 Aug

09.00 Besoek Siena. Terug na en vrye tyd in San Gimignano

17 Aug

Chianti, Greve, Castelina & Wynproe.

Laaste aandete. Slaap San Gimignano

18 Aug

Vertrek na La Spezia Hotel Firenze Continentale. Eerste dorpie 

19 Aug

Dag eie tyd C Terre. Laaste aandete saam. Slaap La Spezia

20 Aug

Vanaf La Spezia na Bologna lughawe vir terugvlug 

21 Aug

Aankoms in SA

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

Deposito van R6 000

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande

Ons gewilde toere en vakansies:

bottom of page