top of page

Toer na die Toskane

17 - 31 Augustus 2023
 
Drentel deur dorpies.  Kos.  Kuns.  
Chianti wyne.  Italiaanse kookkursus. 

R46 825

14 dae
17 - 31 Augustus 2023
 

Kom drentel deur die talle dorpies en straatjies van eeue-oue Toskaanse dorpies. Daar is seker nie nog êrens in die wêreld waar soveel dorpies, honderde of selfs duisende jare gelede hoog op ‘n heuwel staan gemaak is met reuse, breë kasteelmure wat rondom uittroon. Ons gaan Chianti-wyne en plaaslike kase proe, die wêreld se beste Italiaanse Gelato en ‘n bord regte, egte Italiaanse pasta, pizza, gnocci of ricotto verslind.

Hierdie toer is vir jou as jy genoeg vrye tyd wil hê om alles self in te drink en te ervaar.

Florence - die kunsstad van die wêreld wat terugdateer uit 59 voor Christus. Ons staptoer deur die strate lei ons onder meer na die Dawidbeeld en ontelbare kunswerke en kunsskatte. Ons geniet ‘n laatmiddag-glasie hoog by Piazza Michelangelo, met Florence uitgestrek aan jou voete, als met oorgenoeg vrye tyd om jou eie ‘memories’ te gaan versamel.

‘n Besoek aan die asemrowende Cinque Terre is nog nie deur baie Suid-Afrikaners beleef nie... Dit is vyf ongelooflike, kleurvolle klein dorpies wat in pastelkleure geverf is en wat vasklou aan die berghange van die Riviera kuslyn. Dis asof hulle in die berge, bo die see uitgekap is - genoeg om jou asem weg te slaan.

Ons basis vir ‘n klompie dae is die pragtige San Gimignano, 'n ommuurde, middeleeuse heuweldorp met sy 14 torings, smal straatjies, snuisterwinkels en heerlike Donderdag-markdag op die plein. Ons halfdag Italiaanse kookkursus vind plaas op die Guardastelle wynlandgoed van Fausto en Susanna. En direk daarna geniet ons ons selfgemaakte aandete op die landgoed, natuurlik saam met hulle Guardastelle-wyne.

Van San Gimignano af besoek ons elke dag, per luukse bus, ‘n paar van die wonder-dorpies in die Toskaanse platteland, sommiges wat dikwels deur gewone toeriste misgetoer word. Dan drentel ons deur en doen inkopies in die strate of by markies in plekke soos Montepulciano, Volterra, Siena, Lucca, Cortona, Certaldo en Pisa, met baie meer as net 'n toring. In die Chianti wyngebied (Greve & Castellina) proe ons nie net wyn nie, ons besoek ook die reuse gerookte varkboudwinkel (Prosciutto), waar daar letterlik honderde hamme aan die dak hang om van te proe. 

   

Koste: R46 825 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R51 350)

Ingesluit: Vlug, verblyf, alle ontbyte en sewe ander etes, busvervoer, Italiaanse kookkursus en toegang tot die Toring van Pisa en Academia-museum.

 

Sodra jy die toervoorwaardes aanvaar het, betaal die deposito van R5000 per persoon in om jou plek te verseker.

Bankbesonderhede:

Marius du Plooy Toere, 

Absa tjek, rekening 4059839026,

Takkode 632005.

Verskaf asb jou VAN en NAAM VAN DIE TOER as verwysing.

Toerprogram na die Toskane:

Dag 1

Vertrek uit SA

Dag 2

Aankoms Bologna en bus na Florence.  Na hotel vir afpak en rondloop. Aandete saam. Slaap in Florence Hotel Diplomat

Dag 3

Staptoer in Florence & Academia-museum.  Middag – eie tyd. 

Slaap Florence

Dag 4

Dag vry in en slaap in Florence

Dag 5

Vertrek na Cinque Terre.  Besoek eerste dorpie die middag per trein  Aandete saam Slaap La Spezia

Dag 6

Cinque Terre-dag in eie tyd vir die res van die dorpies. 

Slaap La Spezia

Dag 7

Vertrek na Lucca en na Pisa en dan na San Gimignano vir die volgende 6 nagte. Aandete saam.

Dag 8

Oggendmark San Gimignano – vrye tyd. 

Middag/aand Kookkursus & Aandete  by Guardastelle.

Slaap San Gimignano.

Dag 9

Besoek Monteriggione en daarna Siena.  Slaap San Gimignano

Dag 10

Besoek Arezzo en Montepulciano.   Rondstap, koperwinkel en –kopersmid.  Slaap San Gimignano

Dag 11

Vertrek na Volterra.   Middag vry in San Gimignano. 

Slaap San Gimignano

Dag 12

Chianti-wyngebied. Greve, Greve in Chianti,  Castellina in Chianti. Wynproe met  ligte middagete. Laaste aandete saam.  

Slaap San Gimignano.

Dag 13

+-11.00 - Vertrek via Certaldo  

+-15.00 - Per bus na Bologna-lughawe vir vlug na Istanbul vir ‘n bonusnag in Istanbul

Dag 14

Dag vrye tyd in Istanbul

 

Dag 15

Vertrek vroegoggend na SA en land dieselfde dag in SA

 

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 12 lande

Ons gewilde toere en vakansies:

bottom of page