Toer na die Toskane
Drentel deur dorpies. Kos. Kuns. Chianti wyne. Italiaanse kookkursus.


R39 990
14
dae
Toer na die Toskane:
Kom drentel deur die talle dorpies en straatjies van eeue-oue Toskaanse dorpies. Daar is seker nie nog êrens in die wêreld waar soveel dorpies, honderde of selfs duisende jare gelede hoog op ‘n heuwel staan gemaak is met reuse, breë kasteelmure wat rondom uittroon. Ons gaan Chianti-wyne en plaaslike kase proe, die wêreld se beste Italiaanse Gelato en ‘n bord regte, egte Italiaanse pasta, pizza, gnocci of ricotto verslind.
Hierdie toer is vir jou as jy genoeg vrye tyd wil hê om alles self in te drink en te ervaar.
Florence - die kunsstad van die wêreld wat terugdateer uit 59 voor Christus. Ons staptoer deur die strate lei ons onder meer na die Dawidbeeld en ontelbare kunswerke en kunsskatte. Ons geniet ‘n laatmiddag-glasie hoog by Piazza Michelangelo, met Florence uitgestrek aan jou voete, als met oorgenoeg vrye tyd om jou eie ‘memories’ te gaan versamel.
‘n Besoek aan die asemrowende Cinque Terre is nog nie deur baie Suid-Afrikaners beleef nie... Dit is vyf ongelooflike, kleurvolle klein dorpies wat in pastelkleure geverf is en wat vasklou aan die berghange van die Riviera kuslyn. Dis asof hulle in die berge, bo die see uitgekap is - genoeg om jou asem weg te slaan.
Ons basis vir ‘n klompie dae is die pragtige San Gimignano, 'n ommuurde, middeleeuse heuweldorp met sy 14 torings, smal straatjies, snuisterwinkels en heerlike Donderdag-markdag op die plein. Ons halfdag Italiaanse kookkursus vind plaas op die Guardastelle wynlandgoed van Fausto en Susanna. En direk daarna geniet ons ons selfgemaakte aandete op die landgoed, natuurlik saam met hulle Guardastelle-wyne.
Van San Gimignano af besoek ons elke dag, per luukse bus, ‘n paar van die wonder-dorpies in die Toskaanse platteland, sommiges wat dikwels deur gewone toeriste misgetoer word. Dan drentel ons deur en doen inkopies in die strate of by markies in plekke soos Montepulciano, Volterra, Siena, Lucca, Cortona, Certaldo en Pisa, met baie meer as net 'n toring. In die Chianti wyngebied (Greve & Castellina) proe ons nie net wyn nie, ons besoek ook die reuse gerookte varkboudwinkel (Prosciutto), waar daar letterlik honderde hamme aan die dak hang om van te proe.
Skakel my by 083 787 1234 of stuur ‘n e-pos aan
Marius du Plooy, Toerleier * Toerleier van Europese toere en Franse kanaalbootvaarte * Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent * SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere * Besoeke aan en ervaring van 12 lande

2 - 15 September
2021
Koste: R39 990 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R45 480)
Ingesluit: Vlug, verblyf, alle ontbyte en sewe ander etes, busvervoer, Italiaanse kookkursus en toegang tot die Toring van Pisa en Academia-museum.
Sodra jy die toervoorwaardes aanvaar het, betaal die deposito van R5000 per persoon in om jou plek te verseker.
Toerprogram na die Toskane:
2 Sept
Vlieg uit SA.
3
Aankoms Bologna en bus na Florence.
Na hotel vir afpak en rondloop.
Aandete saam.
Slaap in Florence Hotel Diplomat.
4
Staptoer in Florence tot Accademiamuseum.
Middag – eie tyd
Slaap Florence.
5
Dag vry in en slaap in Florence.
6
Vertrek na Cinque Terre.
Besoek Monterosso per trein
Aandete saam
Slaap la Spezia.
7
Cinque Terre-dag in eie tyd.
Slaap La Spezia.
8
Vertrek na Lucca, daarna Pisa en dan uitpak in San Gimignano. Aandete saam.
9
Oggendmark San Gimignano – vrye tyd.
Kookkursus & Aandete by Guardastelle
Slaap San Gimignano.
10
Besoek Monteriggione en daarna Siena.
Slaap San Gimignano.
11
Besoek Arezzo en Montepulciano.
Rondstap, koperwinkel en –kopersmid.
Slaap San Gimignano.
12
Vertrek na Volterra.
Middag vry in San Gimignano
Slaap San Gimignano.
13
Chianti-wyngebied. Greve, Greve in Chianti, Castellina in Chianti. Wynproe met ligte middagete.
Aandte saam op laaste aand San Gimignano.
14
+-11.00 - Vertrek via Certaldo
15.00 - Per bus na Bologna-lughawe vir terugvlug.
15
Aankoms SA
Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.