top of page
Besprekingsvorm
arrow&v
Hoe reis jy?

Die laaste stap om jou plek vas te maak, is om die deposito te betaal. Dit is 'n deposito van R5000 per persoon om jou plek te verseker. R7000 deposito vir die Donau Rivierboot.

Bankrekening: Marius du Plooy Toere

Absa tjekrekening 4059839026

Takkode 632005

Gebruik jou VAN & TOERNAAM as verwysing.  En stuur asb die bewys van betaling na: duplooy@global.co.za

 

Bankbesonderhede: 

Marius du Plooy Toere, 

Absa tjek rekening 4059839026  

Takkode 632005

Verskaf jou VAN & TOERNAAM as verwysing 

Stuur die bewys van deposito-inbetaling aan: duplooy@global.co.za

 

 

Toervoorwaardes:

A : INGESLUIT

Vlugte: Lugvervoer in ekonomiese klas vanaf Johannesburg en soms Kaapstad retoer. 

Belasting: Alle Lughawe- en Brandstofheffings.

Vervoer: Vervoer in luukse busse met lugversorging soos plaaslik beskikbaar.

Akkommodasie : Akkommodasie in goeie hotelle of apartamente. Enkel-akkommodasie is 

ekstra. Persone wat enkel reis maar graag wil deel, sal met 'n ander persoon in 'n twee-bed-kamer ingedeel word indien moontlik. As ‘n kamermaat nie gevind kan word nie, sal 'n een-persoon-bybetaling betaalbaar wees. Indien kamermaats aanpassings-probleme tydens 'n toer ontwikkel, mag hulle in enkelkamers geplaas word, maar teen ekstra koste.

Etes : Soos aangedui op reisplan.

B : UITGESLUIT

Reisdokumente en Versekering: Die reëlings en koste verbonde aan die verkryging van paspoorte, visums en reisversekering is vir u eie rekening en word deur uself hanteer.

Aansluitingsvlugte: Gee u asseblief voldoende tyd om moontlike aansluitings-vertragings te kan akkomodeer. 

Ander uitgawes soos: Opsionele uitstappies, aandvermaak, fooitjies, drankies, tee en koffie en privaat uitgawes soos wasgoed en telefoonoproepe, is vir u eie rekening.

C : ANDER VOORWAARDES

Bagasie: Passasiers word beperk tot een medium-grootte reistas per persoon wat normaalweg nie meer as 23kg mag weeg nie en een klein oornagsak per persoon wat nie meer as 7kg mag weeg nie. Dit verskil soms van lugredery tot redery. 

LW dat almal te alle tye hul eie bagasie moet dra/trek.

Reisplan: Die reisplan is onderhewig aan sinvolle verandering sonder kennisgewing.

Toerprys: Die toerprys is onderhewig aan tariefverhogings, wisselkoers-skommelinge en verhogings van lugreisgeld, lughawe-  en seehawe-belastings, brandstofheffings of enige ander onvoorsiene gebeure. Indien daar verskille is sal u voor vetrek ‘n faktuur vir die verskil ontvang. Die wisselkoers sal geen invloed op die toerprys hê nie, so lank as wat dit onder R18.00 teen die Euro is.  

Deposito en Toergelde: 'n Deposito van R5000 per persoon is betaalbaar by bespreking. Die balans van die toergelde is betaalbaar 10 weke voor vertrek.

D : Kansellasies: Kansellasiefooie word soos volg gehef: Vanaf datum van bespreking tot en met 10 weke voor vertrek: Slegs verbeuring van deposito. Minder as 10 weke voor vertrek, verbeuring van totale bedrag. 

Toerlede: Toerlede word beperk tot normaal bewegende persone, wat gemaklik kan stap. Die reg word voorbehou om lidmaatskap te onttrek van ‘n persoon wie se optrede die gladde 

uitvoering van die toer of die genot en/of veiligheid van mede toerlede benadeel. 

Voortgang: Die voortgang van 'n toer is onderhewig aan minstens 20 passasiers. Indien ‘n onvoldoende aantal passasiers bespreek, kan ‘n toer gekanselleer en die depositos terugbetaal word, min R350 administratiewe fooi.

D : AANSPREEKLIKHEID 

Toeroperateurs: Die Toeroperateurs, Marius du Plooy Toere, en/of hulle agente en/of hulle leweransiers is nie aanspreeklik vir vertragings, voor, gedurende, of na afloop van die toer weens tegniese probleme, weersomstandighede, stakings of kommunikasie-opskortings nie. Die Toeroperateurs, en/of hulle agente en/of hulle leweransiers tree met die landreëlings slegs as agente op en met die voorbehoud dat hulle nie aanspreeklik gehou sal word vir dood, beserings, beskadiging, ongelukke, veranderings aan reisplanne, reisdokumente wat verlore raak, oponthoud, vertragings, of enige ander vorm van skade, opskortings of uitstel a.g.v. amptelike Suid-Afrikaanse of internasionale regulasies, besluite of risikos nie.

Lugrederye: Die betrokke lugrederye is nie verantwoordelik vir enige gebeurlikheid of ander probleem gedurende die tyd wat passasiers nie aan boord van hulle vliegtuie is nie.

bottom of page