Slowenië & Kroasië

1 - 14 September 2023
 

Baie vrye tyd en: 
Eilande, watervalle, grotte, straatmarkte, wyne, eeue-oue plekke.. en lipleklekker kosse

1/6

Ons vlieg tot in Dubrovnik, reg in die suide van Kroasië, aan die Adriatiese see. In jou vrye tyd kan jy gaan stap hoog op die honderde jare-oue klipmuur rondom die ou stad, en die eeueoue kobbelstrate en geboue geniet. Dubrovnik, die "Pêrel van die Adria". is ook waar baie tonele van Game of Thrones verfilm is. 

 

Kroasië kom tot sy reg wanneer ons vir drie dae tussen van die eilande van Kroasië deurvaar, anker gooi en in die see swem. Nadat ons in Split anker gooi, gaan slaap in die pragtige hawedorpie Trogir. 

 

Ons slaap naby die Plitvice Nasionale Park - seker een van die wêreld se mooiste natuurgebiede waar jy honderde meter ver op houtbruggies (cat walks) langs kan stap terwyl ‘n wonderwêreld bo en rondom jou afspeel. Daar is 16 groter en tientalle kleiner blougroen mere en damme en riviertjies wat met honderde watervalle en strome inmekaar vloei en stort. Jy voel soos ‘n miniatuurmens wat verdwerg word terwyl ‘n waterval-simfonie tussen die bosse deur sweef.   

 

Dan een van Slowenië se pragtige wynstreke en slaap in die wynomgewing van Jeruzalem. Hier gaan ons lekker, Sloweense wyn proe en die ongelooflike omgewing geniet. 

Daarna die res van Slowenië vir ‘n ervaring van ‘n leeftyd: Die hoofstad, Lubljana, is ons basis vir die volgende klompie nagte. Lubljana met sy elkedagmark aan die Ljubljanica-rivier, wat soos ‘n reuse slang deur die middel van Lubljana kronkel. Van die varsste vrugte en groente staan die reuse markplein vol. Gaan kronkelstap oor die talle brue, gaan sit by een van die menigte restaurantjies en drink stadig aan die bier of wyn in jou hand, terwyl jy ook die omgewing gulsig indrink.  

 

Ons stap deur die ongelooflike, reusagtige Postoijna grotte met sy asemrowende 20 kilometerlange netwerk van grotte en verbindings. Ons gaan proe bier vir ‘n unieke brierervaring. En dan die wonderskone Bled-meer waar ons met Pletnabote vaar tot op die eiland in die middel van die meer. Daarna ‘n rit op die een-en-‘n-half kilometer-hoë Vogel ski-oord-kabelkar. Jy het ook genoeg vrye tyd om eie herinneringe te versamel.

 

Die Slowene het ‘n besondere verskeidenheid kossoorte wat redelik beïnvloed is deur omliggende lande. Daarom kry jy pasta in verskeie vorme - Italiaanse invloed. Maar vleis bly die hoofgereg met verskillende worssoorte wat duidelik die invloed van die aangrensende Oostenryk is, terwyl Kroasië en die res van die Balkanstate se braai-vleisresepte in Slowenië beland het. Hulle is ook sterk gefokus op kraakvars groente en vrugte wat op elke straatmark te koop is. Met vol mae en sakke vol herinneringe pak ons ons terugvlug huistoe aan, want ons het baie brandhout bymekaargemaak vir ons oudag...

 

“Moenie dat jy eendag wakker word en sonder tyd om DIT te doen wat jy nog altyd WOU gedoen het nie.’

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

R46 800

14 dae
1 - 14 September 2023
 

Koste: R46 800 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R49 950)

Toerprogram:   1 – 14 September 2023

Dag 1: Vertrek uit SA na Dubrovnik.

 

Dag 2: Aankoms Dubrovnik & Slaap daar. Middag vrye tyd om ou stad te verken. Ons geniet ‘n eerste aandete saam.

 

Dag 3: 11uur op boot en vertrek vir ‘n eiland-ervaring. Vandag van Dubrovnik na die eiland Mljet.  

 

Dag 4: Vaar van Mljet na nog ‘n eiland Makarska.

 

Dag 5: Vaar van Makarska na Split.

 

Dag 6: 09.00 Af van boot af en vertrek per bus na en slaap in Trogir.

 

Dag 7: Besoek Zadar se waterorrel en dan na ons hotel in Slunj met aandete.

 

Dag 8: Besoek Plitvice watervalle. Dan oor Slovenië-grens na Jeruzalem wynstreek met aandete in Hotel Radin Radenski, wat ‘n warmwaterbron is.

 

Dag 9: Laatoggend deur die pragtige wynomgewing met ‘n heerlike wynproe.  Vertrek na Ljubljana - Hotel Park. 

 

Dag 10: Markdag en dag vrye tyd in & slaap Ljubljana.

 

Dag 11: Besoek Postojna grotte, ‘n besondere bierproe plus ligte middagpeusel. Slaap in Ljubljana.

 

Dag 12: Besoek lake Bled, kasteel & Vogel kabelkar met middagete. Slaap in Ljubljana.

 

Dag 13: Totsiens Ljubljana en besoek Skofja Loka vir afsluit-middagete. Dan na Ljubljana lughawe vir terugvlug na SA.

 

Dag 14: Aankoms in SA.

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 12 lande

Ons gewilde toere en vakansies: