
’n Nuwe bestemming op die reis-radar is Georgië. ’n Karaktervolle klein land tussen Rusland, Azerbaidjan, Armenia en Turkye… die oudste wynmaak-land ter wêreld. Omring deur die reusagtige sneeubedekte Kaukasusberge.
Seker loshande die mees-bekostigbare ski-vakansie ter wêreld….
Meer as 60km se gemerkte ski-roetes (slopes)
En Geen Visa is nodig nie!
23 Maart - 1 April 2023

Ski in Georgië
'n Ongelooflike bekostigbare ski-vakansie!
Net R28 500 vir 'n ski vakansie.
Ingesluit:
Vlugte
Verblyf in Tbilisi & Gudauri
Ski-pas en toersuting huur
3 Aandetes
Plaaslike vervoer tussen Tbilisi & Gudauri

Ons bly vir 7 aande in Gudauri. Dit is Georgië se grootste ski-oord, en ons bly
stapafstand van die slopes af. Meer as genoeg roetes, vir enige vlak van ski, van beginner tot sneeu-kenner. En as jy nie lus is vir ski vandag nie, is daar steeds genoeg om te doen. Wat van ‘n Russiese stoombad?
Ons begin die toer met 2 dae in die hoofstad Tbilisi. ‘n Lekker kans om die
bekoorlike stad te ontdek, met sy goeie vermenging van oud & modern. Georgië is ook baie bekend vir heerlike eiesoortige kos en natuurlik wyn.
Dag 1
Ons vlieg uit JHB na die hoofstad van Georgie, Tbilisi.
Dag 2
Jy arriveer in Tbilisi en verken Tbilisi op jou eie pas. Ons eet vanaand in die ou stad. Aandete ingesluit
Dag 3
Vandag ontdek jy die ou stad van Tbilisi. Dalk neem jy 'n rit met die moderne kabelkarre, verken 'n ou kasteel, kyk waar Stalin studeer het, proe die beste van Georgiese wyne, of sien 'n versteekte waterval in die middel van die ou stad! Vandag is jou vrye dag en jy geniet hom soos jy kies.
Dag 4
Vertrek na Gudauri - 'n ski-oord op die suidelike plato van die Groter Kaukasiese-bergreeks. Jy sal vandag jou toerusting gaan aanpas en ski-pas kry.
Dag 5
Jou eerste dag van ski, en vir die wat belangstel is daar vandag ‘n ski-les ingesluit.
Dag 6
Jou tweede dag van ski. Ontdek die meer as 60km van ski roetes.
Dag 7
As jy vandag nie wil ski nie, kan jy dalk die dorp gaan verken en bietjie wynproe.
Dag 8
Jy kies die tempo van jou vakansie. Heeldag ski, of halfdag. Dalk laatslaap & ‘n Russiese stoombad probeer.
Dag 9
Dis jou voorlaaste ski-dag.
Dag 10
Ons laaste ski-dag. Vanaand eet ons saam en deel stories van ons avonture op die berg.
Dag 11
Vertrek na Tbilisi
Vlieg na SA
Dag 12
Arriveer in JHB
**********************************************************************
Toerprys:
R28 500 per persoon wat deel. Die enkelprys is: R33 450.
Die deposito van R6000 per persoon moet in die onderstaande bankrekening inbetaal word om jou plek te verseker en daarmee aanvaar jy terselfdertyd die toervoorwaardes.
Bankbesonderhede:
Marius du Plooy Toere,
Absa tjek, rekening 4059839026,
Takkode 632005.
Verskaf asb jou VAN en NAAM VAN DIE TOER as verwysing.
As die onwaarskynlike gebeur & die toer kan nie plaasvind nie, verloor jy niks. Dit word dan uitgestel na ‘n ander datum.

