Mediterreense Seiljag
29 September - 10 Oktober 2023
Kom seil saam met ons op die Middellandse See. ʼn Onvergeetlike 12 dae van somer, son en see.




R29 500
12 dae
29 Sept - 10 Okt 2023
Kom seil saam met ons op die Middellandse See. ʼn Onvergeetlike 12 dae van somer, son en see. Geniet die Mediterreense klimaat ten volle terwyl ongerepte baaie besoek word, om te swem en snorkel, en die eilande om Turkye te verken, of net op die seiljag te ontspan, terwyl die Turkoois Kus jou betower.
Jou 12-dag reisplan:
Dag 1 : Ons vertrek uit Suid Afrika
Dag 2 : Ons land in Istanbul, en vlieg dan met 'n plaaslike vlug na Dalaman en slaap in Fethiye, ‘n hawestad aan die suidwestelike Turkoois kus van Turkye. Dit is bekend vir sy natuurlike hawe, blou waters en talle rotsgrafte.
Dag 3 : Jy klim aanboord die Gulet seiljag, en vaar na ons eerste stop, Skoenlapper Vallei. Vanaand anker ons die Gulet by St. Nicholas Eiland, waar jy tyd het om deur die ruïnes van die eiland te stap en die sonsondergang te geniet.
Dag 4: Ons seil uit St. Nicholas Eiland na Kas. Hierdie klein vissersdorpie het van die beste winkels in die streek. Spandeer tyd om die winkels wat bekend is vir hul unieke juweliersware te verken, of gaan na die weste van die stad om die antieke teater te besoek.
Dag 5 : Ons seil van Kas na Gokkaya Baai. The Sunken City is die eerste stop vir vandag se reisplan. Hierdie antieke stad dateer uit die jaar 2000 uit die Lykiese tydperk en is in die 2de eeu deur 'n aardbewing vernietig. Daarna anker ons om Kekova en die Simena-kasteel te besoek, waar jy tot bo kan loop, vir 'n uitsig oor die baai, iets om te onthou.
Dag 6 : Ons seil van Gokkaya Baai na die dorpie Ucagiz. Hier gaan jy in die winkels ronddwaal of die nabygeleë Lycian-grafte verken. Ons seil na Kekova, om die Simena-kasteel te verken. Ons anker weer in Gokkaya Baai en gaan swem saam met die skilpaaie wat hierdie baai gebruik as broeiplek.
Dag 7 : Ons seil vanaf Gokkaya Baai na Liman Agzi OF Firnaz Baai. Ons seil eers weer na Kas vir nog 'n bietjie inkopies, of jy kan gaan sit in een van die plaaslike kafees vir n lekker koppie koffie en kyk hoe die wêreld verbygaan. Na ons tyd in Kas vaar ons na Kalkan en anker in een van die pragtige baaie in die omgewing.
Dag 8 : Ons vaar terug na St Nicholas Eiland. Jy word vanoggend wakker in Sloenlapper Vallei. Daar is tyd om te swem, of jy kan gaan stap tot by die waterval. Daarna besoek ons die mees gefotografeerde strand ter wêreld – Oludinez. Vanaand anker ons by St. Nicholas Eiland, waar jy tyd het om deur die ruïnes van die eiland te stap, of om die sonsondergang en die uitsig te geniet.
Dag 9 : Jou laaste dag op die boot sal 'n lui-lekker begin wees. Jy word wakker op St. Nicholas Eiland, waar jy 'n oggend swem en ontbyt kan geniet. Daarna gaan ons na een van die baaie naby Fethiye vaar vir middagete en 'n laaste swem. Jy sal dan, na middagete, iewers tussen 12:30 - 13:30 na Fethiye-hawe vaar om van die boot af te klim. Ons ry dan na Antalya waar ons vir 2 aande gaan bly in die gewilde stad by die kus.
Dag 10 : Dag vry in Antalya.
Dag 11 : Vlieg laatmiddag van Antalya via Istanbul, na Suid Afrika.
Dag 12 : Arriveer in Suid Afrika.
Koste: R29 500 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R39 500)
Ingesluit:
-Vlugte.
- 7 aande se verblyf op die seiljag, alle etes ingesluit.
- 2 aande se verblyf in Antalya met ontbyt & aandete ingesluit.
- Plaaslike vervoer tussen lughawens, hotelle en na die seiljag.
Die deposito van R5 000 per persoon moet in die onderstaande bankrekening inbetaal word om jou plek te verseker en daarmee aanvaar jy terselfdertyd die toervoorwaardes.
Bankbesonderhede:
Marius du Plooy Toere,
Absa tjek, rekening 4059839026,
Takkode 632005.
Verskaf asb jou VAN en NAAM VAN DIE TOER as verwysing.
As die onwaarskynlike gebeur & die toer kan nie plaasvind nie, verloor jy niks. Dit word dan uitgestel na ‘n ander datum.
Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

Marius du Plooy
Toerleier:
Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za
- Toerleier van Europese toere en Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande