Skoolvakansietoer.png

Skoolvakansie-toer

vir jongmense

Turkye

25 Maart - 3 April

2022

10-Dag Turkse Skoolvakansie Toer vir Skoliere & Studente

Hierdie is jou geleentheid om Turkye te verken saam met ʼn groep vriende. Turkye betower almal wat daarheen gaan met sy vermenging van kulture en geskiedenis.

Kom verken die historiese en prentjie mooi omgewing van Istanbul. Uniek geleë tussen Asië en Europa, met sy markte, klein winkeltjies en geskiedkundige ou geboue. Die sirkel-toer vertrek uit Istanbul en daarna slaap ons elke aand in ʼn nuwe omgewing waar ons saam kan verken, verwonder aan mooi dinge en lekker kuier.

Ons gaan kyk na die slagvelde van Gallipoli, die bekende Trojaanse perd van Troje, die stad Pergamon bekend vir sy silwer en juweliersware ,en die antieke stad Efese. Ons gaan stap in die warm wit kalsium poele van Pamukkale, kry die kans om die Middellandse See te waardeer in Antalya. Ons vlieg dan terug na Istanbul met 'n binnelandse vlug.

Istanbul.png
turkey-troy-mocked-up-trojan-horse-at-tr
Hagia Sophia.png
Bybeltoer.png
alien-places-look-like-other-worlds-20__

Reisprogram:

Dag 1: Vertrek uit Suid Afrika na Istanbul  

Ontmoet die res van jou groep en vlieg na Turkye!

 

Dag 2: Istanbul op voet

Ons arriveer in Istanbul.

Nadat ons by die hotel aankom kan jy kies om te rus of jy kan Istanbul se markte gaan verken. Ons geniet ʼn ligte middagete saam en leer mekaar ken.

Middagete en Aandete ingesluit

 

Dag 3: Istanbul dag toer.

Vandag het ons ʼn propvol dag in Istanbul. Die dag toer deur die ou stad Istanbul het fantastiese ou geboue met onvergeetlike stories. Ons besoek Hagia Sophia, Topkapi Paleis, Sultanahmet Imperieuse Moskee (die Blou Moskee) en die Grand Spice Market. Ons slaap weer in Istanbul.

Ontbyt, middagete en aandete ingesluit

          

Dag 4: Gallipoli-toer

Ons besoek vandag Gallipoli en die Gabatepe Museum. Die Slag van Gallipoli speel ʼn groot rol in Turkse geskiedenis. Ons gaan kyk na waar die oorlog begin het by Ariburnu begraafplaas en Anzac Cove. Daarna stap ons deur Beach Cemetery, Shrapnel Valley en Plugges Plateau.  Ons slap vanaand in Canakkale.

Ontbyt, middagete en aandete ingesluit

 

 

  

Dag 5: Troy – Pergamon – Kusadasi

Ons besoek die beroemde argeologiese

en mitologiese terrein van Troy,

die tuiste van die Trojaanse perd en

Helen van Troy. Daarna gaan ons na Pergamon, 

bekend vir sy juwele, klippe en silwer.

Op pad sal ons 'n juwelier sentrum vir 'n

30-minute besoek. Ons oornag in Kusadasi.

 

Ontbyt, middagete en aandete ingesluit

Dag 6: Kusadasi – Efese - Sirince

 

Vandag het ons ʼn begeleide toer deur Efese, een van die bes bewaarde antieke terreine ter wêreld, ons besoek die Tempel van Artemis, Curetesstraat, beroemde Romeinse baddens, Celsus Biblioteek en die Grand Theatre. 

                                     

Die dorpie Sirince het ook 'n fantastiese reputasie om van die beste wyne in Turkye te maak - veral vrugte wyne. Ons besoek die wingerde en leer hoe om vrugte wyn by Turkse wynmakers te maak.  Oornag in Kusadasi.

Ontbyt, middagete en aandete ingesluit

 

 

 

 

 

Dag 7: Pamukkale

Ons besoek die kalsium terrasse van Pamukkale (katoen kasteel) en die ruïnes van Hierapolis.

Jy sal dan deur hierdie natuurverskynsel kan stap en ook die opsie hê om in die waters van die natuurlike fonteine ​​te lê. 

Aandete en oornag in Pamukkale.

Ontbyt en middagete ook ingesluit

 

      

 

 

 

                                        

 

 

         

 

 

 

 

Dag 8: Antalya Ou Stad Toer

Ons besoek die ou stad Kaleici, die kloktoring en die Alexander-poort. 

Aandete en oornag in Antalya

Ontbyt en middagete ook ingesluit

Dag 9: Antalya na Istanbul en einde van die toer

Vandag vertrek ons ​​na die lughawe Antalya vir ons binnelandse vlug na Istanbul en dan terug na die Suid Afrika.

Ontbyt ingesluit

 

Dag 10: Arriveer in SA

cleopatra-pool-pamukkale.jpeg

10-Dag Turkse

Skoolvakansie Toer

vir Skoliere & Studente

Toerprys:

 

R28 900 per persoon

 

Die deposito van R6000 per persoon moet in die onderstaande bankrekening inbetaal word om jou plek te verseker en daarmee aanvaar jy terselfdertyd die toervoorwaardes. 

 

Bankbesonderhede:

Marius du Plooy Toere, 

Absa tjek,

Rekening 4059839026,

Takkode 632005.

Verskaf asb jou VAN en NAAM VAN DIE TOER as verwysing.

 

As die onwaarskynlike gebeur & die toer kan nie plaasvind nie, verloor jy niks. Dit word dan uitgestel na ‘n ander datum.

 

Die minimum getal om hierdie toer te laat voortgaan is 20

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Reisversekering, wat mediese versekering insluit, is elkeen se eie verantwoordelikheid.

 

Ek hanteer glad nie die proses nie.  TIC (Travel Insurance Consultants – Deel van SANTAM) het ‘n uiters-bekostigbare groepsversekering vir die wat daarvan gebruik wil maak. Daar moet egter minstens 10 mense per toer wees wat daarvan gebruik maak om vir die groepspremie te kwalifiseer. Die groepstarief is ook net vir mense wat jonger as 75 jaar is.

 

Skakel met Elna van der Westhuizen van TIC by ElnaW@tic.co.za.  

L.W. Hoe gouer jy versekering uitneem hoe beter vir jou…sonder dat dit ekstra kos. Jy betaal slegs vir die duur van die toer, maar is verseker van die oomblik wat jy dit uitneem.

 

 

NB. AS JY OMVATTENDE VERSEKERING WIL UITNEEM MOET JY DIT BINNE 48 UUR DOEN NADAT JOU DEPOSITO BETAAL IS.