'n Mediterreense Seiljag vakansie

Kom seil saam met ons op die Middellandse See.  ʼn Onvergeetlike 12 dae van somer, son en see. Geniet die Mediterreense klimaat ten volle terwyl ongerepte baaie besoek word, om te swem en snorkel, en die eilande om Turkye te verken, of net op die seiljag te ontspan, terwyl die Turkoois Kus jou betower.

Jou vakansie sluit die volgende in:

2 aande se verblyf in Istanbul met ontbyt ingesluit.

1 aand in se verblyf Fethiye met ontbyt ingesluit.

6 aande se verblyf op die seiljag, alles etes ingesluit.

Plaaslike vervoer tussen lughawens, hotelle en na die seiljag

Toerprys:

R29 500 per persoon wat deel.  Die enkelprys is: R39 850.

 

Die deposito is R6000 per persoon

Program:

Jy sal ʼn program boekie ontvang met sien- en doengoeters in die plekke waar ons vasmeer. Dit help om die lekkertes aan te vul wat jy reeds op Google raakgelees het.

Jou 12-dag reisplan:

Dag 1 : Ons vertrek uit Suid Afrika

Dag 2 : Ons land in Istanbul, gaan na die hotel en gebruik die res van die dag om Istanbul se markte te ontdek.

Dag 3 : Vandag kan jy verder Istanbul verken op jou eie pas. Gaan na Hagia Sophia, Topkapi Paleis, Sultanahmet Moskee of nog markte. Die keuse is joune!

 

Dag 4 : Ons vlieg na Dalaman en slaap in Fethiye, ‘n hawestad aan die suidwestelike Turkooise kus van Turkye. Dit is bekend vir sy natuurlike hawe, blou waters en talle rots grafte.

Dag 5 : Jy klim aanboord die Gulet seiljag, en vaar na ons eerste stop, Skoenlapper Vallei. Vanaand anker ons die Gulet by St. Nicholas Eiland, waar jy tyd het om deur die ruïnes van die eiland te stap en die sonsondergang te geniet.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dag 6: Ons seil uit St. Nicholas Eiland na Kas. Hierdie klein vissersdorpie het van die beste winkels in die streek. Spandeer tyd om die winkels wat bekend is vir hul unieke juweliersware te verken, of gaan na die weste van die stad om die antieke teater te betree.

Dag 7 : Ons seil van Kas na Gokkaya Baai, The Sunken City is die eerste stop vir vandag se reisplan. Hierdie antieke stad dateer uit 2000 jaar uit die Lykiese tydperk en is in die 2de eeu deur 'n aardbewing vernietig. Daarna anker ons om Kekova en die Simena-kasteel te besoek, waar jy na bo kan oop, vir 'n uitsig oor die baai, om te onthou.

Dag 8 : Ons seil van Gokkaya Baai na die dorpie Ucagiz. Hier gaan jy in die winkels ronddwaal of die nabygeleë Lycian-grafte gaan verken. Ons seil na Kekova, om die Simena-kasteel te verken. Ons anker die weer in Gokkaya Baai en gaan swem saam met die skilpaaie wat hierdie baai gebruik as broeiplek.

              

 

 

Dag 9 : Ons seil vanaf Gokkaya Baai na Liman Agzi OF Firnaz Baai. Ons seil eers weer na Kas vir nog 'n bietjie inkopies, of jy kan gaan sit in een van die plaaslike kafees vir n lekker koppie koffie en kyk hoe die wêreld verbygaan. Na u tyd in Kas vaar ons na  Kalkan en anker af in een van die pragtige baaie in die omgewing.

Dag 10 : Ons vaar terug St Nicholas Eiland. Jy word vanoggend wakker in Sloenlapper Vallei. Daar is tyd om te swem, of jy kan gaan stap tot by die waterval. Daarna besoek u die mees gefotografeerde strand ter wêreld – Oludinez. Vanaand anker ons by St. Nicholas Eiland, waar jy tyd het om deur die ruïnes van die eiland terug te stap, of om reguit op te gaan na die sonsondergang om die uitsig te geniet.

   

 

Dag 11 : Jou laaste dag op die boot sal 'n lui-lekker begin wees. Jy word wakker op St. Nicholas Eiland, waar jy 'n oggend swem en ontbyt kan geniet. Daarna gaan ons na een van die baaie naby Fethiye vaar vir middagete en 'n laaste swem. 

Jy sal dan na middagete enige tyd tussen 12:30 - 13:30 na Fethiye-hawe vaar om van die boot af te klim. Ons vlieg later die dag uit Dalaman via Istanbul en keer terug na Suid Afrika.

 

Dag 12 : Arriveer in Suid Afrika.

Skilpad.png
Istanbul.png
Swem.png
Blue Cruise2.png

12 Dag Mediterreense Seiljag vakansie

 

Toerprys:

R29 500 per persoon wat deel.  Die enkelprys is: R39 850.

 

Die deposito is R6000 per persoon

Bankbesonderhede:

Marius du Plooy Toere

Absa tjek,

Rekening 4059839026,

Takkode 632005.

Verskaf asb jou VAN en NAAM VAN DIE TOER as verwysing.

As die onwaarskynlike gebeur & die toer kan nie plaasvind nie, verloor jy niks. Dit word dan uitgestel na ‘n ander datum.