top of page

Oostenryk & Duitsland-somertoer deur die Alpe 

64 Junie - 8 Julie
(Skoolvakansie) 
 

R34 855

14
dae

Oos-Europa avontuur:

As jy hou van baie vrye tyd om self te ontdek…  lees gerus verder: 

Ons besoek 3 asemrowende Oos-Europese stede, vol karakter en geskiedenis.

 

Treinry sal ons vervoermiddel wees, tussen die stede - treine wat netjies, skoon, veilig en betyds is.

Hierdie toer is ‘n loshande-ontdek-avontuur om die wêreld so raak te kuier. Jy het die vryheid het om elke stad in jou eie tyd te verken. Ons verskaf vir jou inligting van die belangrikste en lekkerste dinge om in elke stad te sien en te doen.

 

Ons vlieg vanaf Suid-Afrika na Budapest in Hongarye waar ons 3 nagte slaap voordat ons op die trein spring Praag toe, waar ons vir 4 nagte bly.  Dan weer per trein na na Warskou in Pole vir 3 nagte.

Op pad terug SA toe, stop ons in Istanbul en bly daar vir een-en-‘n-half-dag, voor ons terugvlieg SA toe. 14 dae uit en terug.

(As jy jou toer wil verleng, kan jy na die tyd wegbreek. Ons pas dan net jou terugvlug daarvolgens aan.)

Ingesluit: Alle hotelverblyf, alle ontbyte en alle treinvervoer. 

Ook 'n bustoer in Warskou, 'n boottoer in Budapest en 'n staptoer in Praag.  Hierdie stadstoere kan jy ook in jou eie tyd doen.

Uitgesluit: Middag- en aandetes, besoeke en toegang.

 

Die toer skep juis selfontdektyd en die vryheid vir elkeen se eie voorkeure en belangstellings. (Jy betaal dus nie ekstra vir ander mense se belangstellings nie.) Ons verskaf vooraf ‘n opsomming van elke stad se belangrikste besienswaardighede.

Skakel my by 083 787 1234 of stuur ‘n e-pos aan marius@fundipro.co.za

 

Marius du Plooy, Toerleier * Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte * Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent * SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere * Besoeke aan en ervaring van 12 lande

 

 

 

   

11 – 24 Junie 2020 
 

Koste:  R34 855 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R39 980)

Ingesluit: Alle hotelverblyf, alle ontbyte en alle treinvervoer.  

Ook 'n bus toer in Waskou, 'n boot toer in Budapest en 'n stap toer in Praag.  Die toere kan jy enige tyd wat jy in die stad is doen, op jou eie tyd.

Uitgesluit: Middag- en aandetes, besoeke en toegang.

R5000 per persoon deposito is betaalbaar om jou plek te verseker.

Bankrekening:

Marius du Plooy Toere, Absa tjek, rekening 4059839026, Takkode 632005.

Jou VAN is die verwysing. Stuur die bewys van betaling aan marius@fundipro.co.za 

 

Jou betaling verseker jou plek en bevestig aanvaarding van die toervoorwaardes.

 

Toerprogram:  

11 Junie

Vertrek die aand uit SA na Budapest, Hongarye

12 Junie

Aankoms in Budapest, vervoer na hotel, selfontdek-tyd en slaap Budapest

13 Junie

Selfontdektyd en slaap in Budapest

14 Junie

Selfontdektyd en slaap in Budapest

15 Junie

Vertrek per trein na Praag met vervoer na hotel. Selfontdektyd en slaap in Praag, Tjeggiese Republiek

16 Junie

Selfontdektyd en slaap Praag

17 Junie

Selfontdek-tyd en slaap Praag

18 Junie

Selfontdek-tyd en slaap Praag

19 Junie

Trein na Warskou, Pole, vervoer na hotel en slaap in Warskou

20 Junie

Selfontdektyd in en slaap Warskou

21 Junie

Selfontdek-tyd en slaap Warskou

22 Junie

Vlieg na, vervoer na hotel en slaap in Istanbul

23 Junie

Dag selfontdektyd in Istanbul en vlieg nag na Suid-Afrika

24 Junie

Aankoms SA

 

bottom of page