top of page

Mediterreense Bootvaart
+ 2 nagte in Cinque Terre

11 - 23 Mei 2024
 
MSC Fantastica -
Italië-Tunisië-Spanje-Frankryk-Italië

R45 950

13 dae
11 - 23  Mei 2024
 

7 nagte en 4 lande in MSC-luuksheid:

Ons vaar vanaf Genoa en stop in Napels, Palermo, La Goulette, Barcelona en Marseille. 

Dan ‘n bonusbesoek – 2 nagte in die ongelooflike Cinque Terre: 5 kleurvolle dorpies wat bo die see van die Italiaanse Riviera hang. Hier het jy vrye tyd om als in jou eie tyd te gaan ervaar.

​

Toerprogram

​

11 Mei

Vertrek van SA na Bologna (Italië)
 

12 Mei

Aankoms. Bus na Genoa. Laatmiddag op boot en vertrek vir ‘n ongelooflike, weeklange vaart. 
 

13 Mei

Vasmeer vir dagbesoek in Marseille, Frankryk. Eie besoeke of amptelike uitstappies teen koste.
 

14 Mei

Vaar op see na Spanje
 

15 Mei

Vasmeer vir dagbesoek in Barcelona, Spanje. Eie besoeke of amptelike uitstappies teen koste.
 

16 Mei

Vasmeer vir dagbesoek in La Goulette, Tunisië. Eie besoeke of deel van amptelike uitstappies teen koste.
 

17 Mei

Vasmeer vir dagbesoek in Palermo, Italië. Eie besoeke of amptelike uitstappies teen koste.
 

18 Mei

Vasmeer vir dagbesoek in Napels, Italië. Eie besoeke of amptelike uitstappies teen koste.
 

19 Mei

Vasmeer in Genoa. Einde van boottoer. Vervoer na La Spezia vir verblyf in Cinque Terre-hotel. Vrye tyd in middag en aand. Aandete.
 

20 Mei

Ontbyt en dag vrye tyd in Cinque Terre. Dag-treinkaartjie word voorsien om dorpies (baie na aan mekaar) te besoek.  
 

21 Mei

Ontbyt. Vertrek laatoggend per toerbus na Bologna vir vlug na Istanbul en Vervoer na hotel 

​

22 Mei

Dag vrye tyd in Istanbul. Laat tasse by hotel. Vertrek vroegaand na lughawe vir terugvlug na SA net na middernag

​

23 Mei

Vertrek vroegoggend en aankoms dieselfde dag in SA.

Koste: R45 950 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R51 250)

​

Ingesluit:

* Vlugte

* Landvervoer van lughawe na Genoa

* Verblyf met alle etes op die boot

* Vervoer vanaf boot na Cinque Terre

* Vierster-verblyf met twee etes per dag in Cinque Terre

* Dagtreinkaartjie in Cinque Terre

* Vervoer na lughawe in Bologna vir terugvlug.

​

Die deposito van R6 000 per persoon moet in die onderstaande bankrekening inbetaal word om jou plek te verseker en daarmee aanvaar jy terselfdertyd die toervoorwaardes. 

 

Bankbesonderhede:

Marius du Plooy Toere, 

Absa tjek, rekening 4059839026,

Takkode 632005.

Verskaf asb jou VAN en NAAM VAN DIE TOER as verwysing.

 

As die onwaarskynlike gebeur & die toer kan nie plaasvind nie, verloor jy niks. Dit word dan uitgestel na ‘n ander datum.

 

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

​

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande

Deposito van R6 000
bottom of page