

Mediterieense Bootvaart
+ 2 nagte in Cinque Terre
Italië-Tunisië-Spanje-Frankryk-Italië
23 April - 3Mei 2023
MSC Fantanstica
7 nagte en 4 lande in MSC-luuksheid:
Ons vaar vanaf Genoa en stop in Napels, Palermo, La Goulette, Barcelona en Marseille.
Dan ‘n bonusbesoek – 2 nagte in die ongelooflike Cinque Terre: 5 kleurvolle dorpies wat bo die see van die Italiaanse Riviera hang. Hier het jy vrye tyd om als in jou eie tyd te gaan ervaar.

Toerprogram
Dag 1 – Vertrek van SA na Bologna (Italië)
Dag 2 – Aankoms. Bus na Genoa. Laatmiddag op boot en vertrek vir ‘n ongelooflike, weeklange vaart.
Dag 3 – Vasmeer vir dagbesoek in Marseille, Frankryk. Eie besoeke of amptelike uitspappies teen koste.
Dag 4 – Vaar op see na Spanje
Dag 5 - Vasmeer vir dagbesoek in Barcelona, Spanje. Eie besoeke of amptelike uitspappies teen koste.
Dag 6 - Vasmeer vir dagbesoek in La Goulette, Tunisië. Eie besoeke of deel van amptelike uitspappies teen koste.
Dag 7 - Vasmeer vir dagbesoek in Palermo, Italië. Eie besoeke of amptelike uitspappies teen koste.
Dag 8 - Vasmeer vir dagbesoek in Napels, Italië. Eie besoeke of amptelike uitspappies teen koste.
Dag 9 – Vasmeer in Genoa. Einde van boottoer. Vervoer na La Spezia vir verblyf in Cinque Terre-hotel. Vrye tyd in middag en aand. Aandete.
Dag 10 – Ontbyt en dag vrye tyd in Cinque Terre. Dag-treinkaartjie word voorsien om dorpies (baie na aan mekaar) te besoek.
Dag 11 – Ontbyt. Vertrek laatoggend per toerbus na Bologna vir terugvlug na SA.
Dag 12 – Aankoms SA.
Ingesluit:
* Vlugte
* Landvervoer van lughawe na Genoa
* Verblyf met alle etes op die boot
* Vervoer vanaf boot na Cinque Terre
* Vierster-verblyf met twee etes per dag in Cinque Terre
* Dagtreinkaartjie in Cinque Terre
* Vervoer na lughawe in Bologna vir terugvlug.
Prys per persoon wat deel – R32 950
Enkel - R41 950
Deposito R7000
Bankrekening: Marius du Plooy Toere, Absa tjek, rekening 4059839026, Takkode 632005. Verskaf jou VAN as verwysing.