top of page

Franse ervaring

Parys – Kanaalbootvaart in Burgundy - Dijon - Franse kookklas

R36 900

12
dae
16 to 27 Mei 2018

- Parys – Kanaalbootvaart in Burgundy - Dijon - Franse kookklas -

 

 

ALGEMEEN: Ons kry soms enkelpersone en wat graag ‘n wonderlike kanaalvaart wil ervaar of wat net twee is en wat nie kans sien om dit alleen te doen nie – Daarom hierdie konvooi-geleentheid.  Ons vlieg tot in Parys, bly daar vir twee nagte en geniet een aand ‘n Franse Bistro-ete. Jy ervaar Parys in jou eie tyd en op jou eie manier. Ons gee wel wenke wat besoek kan word en die wat dit in kleiner groepies wil doen is welkom. Ons ry dan per trein tot in Dijon en van daar tot by ons vertrekpunt, Decize, in die Burgundy-gebied. Daar vaar ons vir 5 dae in ‘n konvooi met LeBoat-bote tot by Châtillon Sur-Loire. Behalwe al die lekker afklim en rondloopplekkies het ons naby Sancerre ‘n wynproe met middagete op Domaine Henri Bourgeois in die dorpie Chavignol. Onthou jy word nie bedien nie, jy is deel van die ervaring en moet soms help met die toue as ons deur die sluise gaan. Daar word ook beurte gemaak met die voorberei van etes op die boot. Na die kanaalboot-ervaring bly ons vir twee nagte in Dijon waar ons onder meer ‘n halfdag, tipiese Franse kookklas het.

 

​

Individue, egpare of vriende wat Parys en Dijon wil ervaar & saam op ‘n kanaalvaart in ‘n konvooi wil vaar. Ek, Marius du Plooy, is die toerleier en het die voorreg gehad om reeds 9 kanaalvaarte te doen. 

​

 

-Elke boot het 3 of 4 kajuite en ons vaar saam in ‘n konvooi. Jy kan dus as individu saamgaan in jou eie kajuit, of as twee of meer mense saam met ander ‘n boot deel. Jy kan self besluit hoeveel kajuite jy wil bespreek. Of jy en jou vriende kan julle eie boot bespreek en net saam met ons ander in konvooi vaar.

-Ons bestuur almal ons eie bote, geen lisensie is nodig nie - in 15 minute-opleiding.) 

-Toilette, storte op elke boot, ‘n netjiese kombuis, heerlike kuierplek binne en op die dek. 

-Op elke boot maak almal om die beurt kos en koop elke dag vars baguette, kaas, wyn en ander voorraad van die omgewing om ons spens aan te vul. Alle aankope is by die toerprys ingesluit.

-As deel van die ervaring moet soms help met die toue as ons deur die sluise gaan of waar ons moet vasmeer om deur die klein dorpies te stap.

 

 

Skakel my by 083 787 1234 of stuur ‘n e-pos aan marius@fundipro.co.za

​

​

​

​

 

Marius du Plooy, Toerleier * Toerleier van Europese toere en Franse kanaalbootvaarte * Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent * SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere * Besoeke aan en ervaring van 12 lande.

 

 

 

 

   

Koste: R36 900 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R44 700)

​

 

Ingesluit:

Retoervlug na Frankryk, Alle ontbyte, Twee nagte verblyf in Parys met een aandete in ‘n tradisionele Franse Bistro, Verkenning van Parys op jou eie (met wenke), Trein en bus na/van die Kanaalvaart-vertrekpunt, Vyf dae op ‘n kanaalboot tussen Chatillon Sur-Loire en Decize in die Burgundygebied, Twee nagte in Dijon + halfdag kookkursus + een aandete. Op die boot is ALLE selfmaak-etes ingesluit.

​

​

16 Mei  Vertrek uit SA

17      Aankoms Parys. Vertrek na Hotel.                 Gee tasse af. Eie tyd in Parys tot               inboektyd na 15.00.

        19.00: Aandete saam naby hotel.

18      Eie tyd dag en aand in Parys

19      Vroegoggend met sneltrein na Dijon. 

        Bus na Decize van waar ons op kanaalboot          na Chattillon-sur-Loire vaar.

        Vaar vir 5 dae en stop by dorpies, deur           sluise en geniet die Franse platteland  

24      Per bus van Decize na Dijon hotel.               Middag vry in Dijon

25      Halfdag kookkursus met wynproe in                 Dijon. 19.00: Afsluitings-aandete saam

26      Per trein na Parys Lughawe en vertrek             terug na SA

27 Mei  Aankoms in SA

​

Ons neem ‘n maksimum van vier bote in die konvooi

​

Om jou plek te verseker, vul asseblief dadelik besprekingvorm in en stuur dit saam met die bewys van inbetaling van jou deposito soos aangedui word.

 

​

 

 

 

 

 

bottom of page