Hollandse Kanaalboot-ervaring
25 April – 6 Mei 2023
'n Ongelooflike bootvaart deur Hollandse dorpies en 2 dae in Amsterdam




Twee dae vrye tyd in Amsterdam, insluitend bed, ontbyt en een aandete. In jou vrye tyd kan jy Keukenhof besoek of selfs op ‘n trein spring en twee ure later in Brussel wees vir ‘n dagbesoek.
Daarna vertrek ons vanaf ons Amsterdam-hotel na Hindelopen in Friesland, waar ons spoggerige Le Boat-kanaalbote op ons wag.
Ons vaar verby tientalle dorpies, deur sluise, onderdeur brue na Vinkeveen. Ons vaar vir 7 dae lank, en stop by dorpies, loop rond of ry fiets en koop vooraad om die boot se spens aan te vul met plaaslike kase, wyn, bier, Hollandse varsgebak, en kuier by van die tipies-Hollandse dagmarkies. Ons vaar in konvooi met 4 bote. Alle selfmaak-
etes op die boot is ingesluit by die toerprys.
As jy na die tyd wil wegbreek, langer wil bly of elders in Europa wil gaan kuier, pas ons net jou terugvlug daarby aan.

Marius du Plooy
Toerleier:
Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za
- Toerleier van Europese toere en Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 12 lande
R42 755
12 dae
25 April – 6 Mei 2023
Koste: R42 755 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R48 235)
Ingesluit:
Vlugte, twee nagte se verblyf in Amsterdam met onbyt, en een aandete in Amsterdam, Besoek aan en vervoer na Keukenhof, Alle vervoer na en van die kanaalboot, die week op die kanaalboot - ingesluit elke dag se drie selfmaak-etes op die boot. Daar is ook twee fietse op elke boot.
25 April
Vertrek SA na Amsterdam
26 & 27 April
Twee dae vrye tyd in Amsterdam, insluitend bed,
ontbyt en een aandete. In jou vrye tyd kan jy Keukenhof besoek of selfs op ‘n trein spring en twee ure later in Brussel wees vir ‘n dagbesoek.
28 April – 5 Mei
Vertrek vanaf Amsterdam hotel na Hindelopen waar ons kanaalbote op ons wag. Ons vaar dan ‘n week lank verby tientalle dorpies na Vinkeveen… met al die lekkertes tussenin.
5 Mei
Vertrek vandag per bus na Schippol lughawe vir ons terugvlug na Suid-Afrika
6 Mei
Land in Suid Afrika
As die onwaarskynlike gebeur & die toer kan nie plaasvind nie, verloor jy niks. Dit word dan uitgestel na ‘n ander datum.
Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.