Hollandse kanaalboot-ervaring…PLUS…PLUS
27 April - 8 Mei 2022


R38 945
12
dae
27 April - 8 Mei
Hollandse kanaalboot-ervaring
Twee dae vrye tyd in Amsterdam, insluitend bed, ontbyt en een aandete.
In jou vrye tyd kan jy Keukenhof besoek of selfs op ‘n trein spring en twee ure later in Brussel wees vir ‘n dagbesoek.
Daarna vertrek ons vanaf ons Amsterdam-hotel na Hindelopen in Friesland, waar
ons spoggerige Le Boat-kanaalbote op ons wag.
Ons vaar verby tientalle dorpies, deur sluise, onderdeur brue na Vinkeveen. Ons vaar
vir 7 dae lank, en stop by dorpies, loop rond of ry fiets en koop vooraad om die boot
se spens aan te vul met plaaslike kase, wyn, bier, Hollandse varsgebak, en kuier by
van die tipies-Hollandse dagmarkies. Ons vaar in konvooi met 4 bote. Alle selfmaak-
etes op die boot is ingesluit by die toerprys.
As jy na die tyd wil wegbreek, langer wil bly of elders in Europa wil gaan
kuier, pas ons net jou terugvlug daarby aan.

Koste: R38 945 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R45 700)
Ingesluit: Vlugte, twee nagte se verblyf in Amsterdam met onbyt, en een aandete in Amsterdam, Alle vervoer na en van die kanaalboot, die week op die kanaalboot, ingesluit al drie selfmaak-etes op die boot. Daar is ook ‘n paar fietse op elke boot.
Daar is ses mense op elke boot. Elke boot het 3 dubbelkajuite met ‘n eie eie badkamer/toilet.
5 Mei
Vertrek SA na Amsterdam
6 en 7 Mei
Twee dae vrye tyd in Amsterdam, insluitend bed,
ontbyt en een aandete. In jou vrye tyd kan jy Keukenhof besoek of selfs op ‘n trein spring en twee ure later in Brussel wees vir ‘n dagbesoek.
8 – 15 Mei
Vertrek vanaf Amsterdam hotel na Hindelopen waar ons kanaalbote op ons wag. Ons vaar dan ‘n week lank verby tientalle dorpies na Vinkeveen… met al die lekkertes tussenin.
15 Mei
Vertrek vandag per bus na Schippol lughawe vir ons terugvlug na Suid-Afrika
16 Mei
Land in Suid Afrika
Om jou plek te verseker, vul asseblief dadelik onderstaande in en stuur dit saam met die bewys van inbetaling van jou deposito soos hieronder aangedui word.