Op die Donaurivier 

‘n groot rivierboot – ALS ingesluit

       PLUS ‘n Munchen-bonus

Oostenryk, Hongarye & Slowakye

                                              O.a. Wene(n), Budapest, Bratislava, Munchen

6 - 17 Oktober  2023
 
1/6

Toerprys: 
R45 750
per persoon wat deel 
Enkelprys R57 750

18
dae
16
dae
of
 

 
R42 900
Sonder Munchen

per persoon wat deel 
Enkelprys R54 900

Verjaardae, Troudae, Verloofraak… of net Selfbederf

 

Kom vaar saam op ‘n rivierboot op die verruklike Donau-rvier - deur Oostenryk, Slowakye en Hongarye. Ervaar ‘n stukkie van Oos- en Sentraal Europa op ‘n bederfmanier, en sluit die toer af met 2 nagte in Munchen – as jy wil. 

 

Die groot bederf begin in Oostenryk, waar jy op ‘n 120 meterlange spog-rivierboot op die Donau-rivier klim en verder niks hoef te doen nie - behalwe om alles net te geniet… terwyl die rivierboot deur die mooiste gebiede vaar. Elke dag kry jy kans om af te klim om van die mooiste stede in jou eie tyd te gaan bewonder: Onder meer Wene(n) in Oostenryk,  Bratislawa in Slowakye en Budapest in Hongarye.   

 

Alles op die boot is ingesluit - selfs van jou drankies. (Kyk onder wat als ingesluit is.) 

Maar dis nie waar die bederf ophou nie. Tydens elke vasmeer kan jy in jou eie tyd die stad en omgewing gaan verken. Jy ontvang ‘n uitgebreide dokument van sien- en doendinge in elke stad. Jy het ook die opsie om op eie koste by een van die talle toere aan te sluit, soos fietstoere, staptoere, gidstoere (stad, museums, ens) en nagtoere. Gedurende die vaart kan jy op die dek sit met ‘n panoramiese uitsig oor die omgewing, terwyl ons verby die mooiste mooi vaar. 

Die voordeel is dat jy een keer jou tas uitpak en in die luuksheid van jou ruim kajuit.

 

Nadat ons op die boot was, gaan slaap ons vir 2 nagte in Munchen, waar jy die stad se lekkertes kan verken en dalk ‘n Oktoberfees-kuierplek raakkuier.

Program:

Soos gewoonlik ontvang jy van ons ‘n boekie met sien- en doengoeters in die plekke waar ons vasmeer. Dit help om die lekkertes aan te vul wat jy reeds op Google raakgelees het.

Toerprys: R45 750 per persoon wat deel.   Enkelkajuitprys is R57 750.

 

(As jy verkies om NIE die Munchen-been van die toer te doen nie, kos die toer jou R42 900 pp wat deel en R54 900 vir enkelpersone.)

 

Opsie: Jy kan opgradeer na ‘n kajuit met ‘n balkon teen R6500 per persoon ekstra

 

Skakel my by 083 787 1234 of stuur ‘n e-pos aan marius@fundipro.co.za

 

Marius du Plooy, Toerleier * Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte * Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent * SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere * Besoeke aan en ervaring van 12 lande

   

6-17 Okt 2023
 

Deposito is R7 000 per persoon

 

Marius du Plooy Toere, Absa tjekrekening 4059839026, takkode 632005.

Verskaf jou VAN as verwysing.

Kyk wat is ALLES ingesluit:

  • Jou retoervlug

  • ALLE vervoer na en van die lughawe na die boot

  • Al jou etes

  • Tussenpeusel

  • AL die drinkgoed: wyn, bier, koeldrank, vrugtesap & water

  • Twee nagte met bed en ontbyt in Munchen-hotel

Toerprogram:

Dag 1

Vlieg uit SA na Munchen

2

Aankoms in Munchen en per bus na Engelhartzell in Oostenryk. Vertrek laatmiddag op ons boot vir ‘n bederf-avontuur soos min.

3

Vasmeer in Wenen, Oostenryk teen middeldag om op jou eie te gaan “explore”, of van een van die betaaltoere mee te maak.

4

Steeds in Wenen en die boot vertrek vroegaand.

5

Vaar via Esztergom en meer vas in Budapest, Hongarye. Seker een van Europa se mooiste stede! Vaar die strate in en gaan maak “memories”.

6

Steeds in Budapest. Ons boot vertrek vanmiddag. Ag man, soos al hierdie duisende jare-oue stede – gaan loop net rond en leef en beleef dit.

7

Oggend in Bratislava, Slowakye en vertrek die laatmiddag. Hierdie stad wat dateer uit 907 na Christus is nog ‘n moet-gaan-rondloop-en-geniet-stad. Bratislava is deur baie oor eeue beskryf as die jonger suster van Praag… 

8

Via Krems & Melk in Oostenryk en vaar dan deur die pragtige Wachau-vallei.

9

Terug in Engelhartzell & neem die bus tot in Munchen waar ‘n bus op ons wag om ons na ons hotel te neem. Nou is dit twee dae van eie tyd en doen wat vir jou lekker klink en lyk. 

10

Vrye tyd in Munchen

11

Vertrek na lughawe Munchen vir terugvlug na SA.

12

Aankoms SA

csm_header_DO_budapest_schiff_d58e1d467f