top of page

Ski in Georgië

23 Maart – 2 April 2023
 
'n Ongelooflike bekostigbare ski-vakansie en GEEN Visa is nodig nie!

R28 500

12 dae
23 Maart – 2 April 2023
 

’n Nuwe bestemming op die reis-radar is Georgië. ’n Karaktervolle klein land tussen Rusland, Azerbaidjan, Armenia en Turkye… die oudste wynmaak-land ter wêreld. Omring deur die reusagtige sneeubedekte Kaukasusberge.

Seker loshande die mees-bekostigbare ski-vakansie ter wêreld….

Meer as 60km se gemerkte ski-roetes (slopes) 

En Geen Visa is nodig nie!

Ons bly vir 7 aande in Gudauri.  Dit is Georgië se grootste ski-oord, en ons bly stapafstand van die slopes af.  Meer as genoeg roetes, vir enige vlak van ski, van beginner tot sneeu-kenner.   En as jy nie lus is vir ski vandag nie, is daar steeds genoeg om te doen. Wat van ‘n Russiese stoombad? 

 

Ons begin die toer met 2 dae in die hoofstad Tbilisi.  ‘n Lekker kans om die 

bekoorlike stad te ontdek, met sy goeie vermenging van oud & modern.  Georgië is ook baie bekend vir heerlike eiesoortige kos en natuurlik wyn. 

Dag 1 : Ons vlieg uit JHB  na die hoofstad van Georgie, Tbilisi.

 

Dag 2  : Jy arriveer in Tbilisi en verken Tbilisi in jou eie tyd. Ons eet vanaand in die ou stad. Aandete ingesluit

 

Dag 3  : Vandag ontdek jy die ou stad van Tbilisi. Dalk neem jy 'n rit met die moderne kabelkarre, verken 'n ou kasteel, kyk waar Stalin studeer het, proe die beste van Georgiese wyne, of sien 'n versteekte waterval in die middel van die ou stad! Vandag is jou vrye dag en jy geniet hom soos jy kies.

 

Dag 4  : Vertrek na Gudauri - 'n ski-oord op die suidelike plato van die Groter Kaukasiese-bergreeks. Jy sal vandag jou toerusting gaan aanpas en ski-pas kry.

 

Dag 5  : Jou eerste dag van ski. 

 

Dag 6 : Jou tweede dag van ski.  Ontdek die meer as 60km van ski roetes.

 

Dag 7 

As jy vandag nie wil ski nie, kan jy dalk die dorp gaan verken en bietjie wynproe.

 

Dag 8  : Jy kies die tempo van jou vakansie.  Heeldag ski, of halfdag.  Dalk laatslaap & ‘n Russiese stoombad probeer.

 

Dag 9 : Dis jou voorlaaste ski-dag.

Dag 10 : Ons laaste ski-dag. Vanaand eet ons saam en deel stories van ons avonture op die berg.

 

Dag 11  : Vertrek na Tbilisi - Vlieg na SA 

 

Dag 12  : Arriveer in JHB 

Koste: R28 500 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R33 450)

Ingesluit:

- Vlugte 

- Verblyf in Tbilisi & Gudauri

- Ski-pas en toerusting huur

- 3 Aandetes

- Plaaslike vervoer tussen Tbilisi & Gudauri

Die deposito van R6000 per persoon moet in die onderstaande bankrekening inbetaal word om jou plek te verseker en daarmee aanvaar jy terselfdertyd die toervoorwaardes. 

 

Bankbesonderhede:

Marius du Plooy Toere, 

Absa tjek, rekening 4059839026,

Takkode 632005.

Verskaf asb jou VAN en NAAM VAN DIE TOER as verwysing.

 

As die onwaarskynlike gebeur & die toer kan nie plaasvind nie, verloor jy niks. Dit word dan uitgestel na ‘n ander datum.

 

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 12 lande

Ons gewilde toere en vakansies:

bottom of page