top of page

Rivierboot op die Donaurivier

11 - 23 Oktober 2024
 

ALS ingesluit - PLUS ‘n Munchen-bonus. 

Oostenryk, Hongarye & Slowakye
O.a. Wene(n), Budapest, Bratislava, Munchen

Verjaardae, Troudae, Verloofraak… of net Selfbederf

 

Kom vaar saam op ‘n rivierboot op die verruklike Donau-rvier - deur Oostenryk, Slowakye en Hongarye. Ervaar ‘n stukkie van Oos- en Sentraal Europa op ‘n bederfmanier, en sluit die toer af met 2 nagte in Munchen – as jy wil. 

 

Die groot bederf begin in Oostenryk, waar jy op ‘n 120 meterlange spog-rivierboot op die Donau-rivier klim en verder niks hoef te doen nie - behalwe om alles net te geniet… terwyl die rivierboot deur die mooiste gebiede vaar. Elke dag kry jy kans om af te klim om van die mooiste stede in jou eie tyd te gaan bewonder: Onder meer Wene(n) in Oostenryk,  Bratislawa in Slowakye en Budapest in Hongarye.   

 

Alles op die boot is ingesluit - selfs van jou drankies. (Kyk onder wat als ingesluit is.) 

Maar dis nie waar die bederf ophou nie. Tydens elke vasmeer kan jy in jou eie tyd die stad en omgewing gaan verken. Jy ontvang ‘n uitgebreide dokument van sien- en doendinge in elke stad. Jy het ook die opsie om op eie koste by een van die talle toere aan te sluit, soos fietstoere, staptoere, gidstoere (stad, museums, ens) en nagtoere. Gedurende die vaart kan jy op die dek sit met ‘n panoramiese uitsig oor die omgewing, terwyl ons verby die mooiste mooi vaar. 

Die voordeel is dat jy een keer jou tas uitpak en in die luuksheid van jou ruim kajuit.

 

Nadat ons op die boot was, gaan slaap ons vir 2 nagte in Munchen, waar jy die stad se lekkertes kan verken en dalk ‘n Oktoberfees-kuierplek raakkuier.

​​​

Program:

Soos gewoonlik ontvang jy van ons ‘n boekie met sien- en doengoeters in die plekke waar ons vasmeer. Dit help om die lekkertes aan te vul wat jy reeds op Google raakgelees het.

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande

R49 950

12 dae
11 - 23 Oktober 2024
 
Deposito van R7 000

Koste: R49 950 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R59 950)

 

Opsie: Jy kan opgradeer na ‘n kajuit met ‘n balkon teen R7000 per persoon ekstra

​

Deposito is R7 000 per persoon

Marius du Plooy Toere, Absa tjekrekening 4059839026, takkode 632005. Verskaf jou VAN as verwysing.

​

​Kyk wat is ALLES ingesluit:

  • Jou retoervlug

  • ALLE vervoer na en van die lughawe na die boot

  • Al jou etes

  • Tussenpeusel

  • AL die drinkgoed: wyn, bier, koeldrank, vrugtesap & water

  • Twee nagte met bed en ontbyt in Munchen-hotel

​

Toerprogram:

​

11 Okt: Vlieg uit SA na Munchen

​

12 Okt: Aankoms in Munchen en per bus na Engelhartzell in Oostenryk. Vertrek laatmiddag op ons boot vir ‘n bederf-avontuur soos min.

​

13 Okt: Vasmeer in Wenen, Oostenryk teen middeldag om op jou eie te gaan “explore”, of van een van die betaaltoere mee te maak.

​

14 Okt: Steeds in Wenen en die boot vertrek vroegaand.

​

15 Okt: Vaar via Esztergom en meer vas in Budapest, Hongarye. Seker een van Europa se mooiste stede! Vaar die strate in en gaan maak “memories”.

​

16 Okt:: Steeds in Budapest. Ons boot vertrek vanmiddag. Ag man, soos al hierdie duisende jare-oue stede – gaan loop net rond en leef en beleef dit.

​

17 Okt: Oggend in Bratislava, Slowakye en vertrek die laatmiddag. Hierdie stad wat dateer uit 907 na Christus is nog ‘n moet-gaan-rondloop-en-geniet-stad. Bratislava is deur baie oor eeue beskryf as die jonger suster van Praag… 

​

18 Okt: Via Krems & Melk in Oostenryk en vaar dan deur die pragtige Wachau-vallei.

​

19 Okt:Terug in Engelhartzell & neem die bus tot in Munchen waar ‘n bus op ons wag om ons na ons hotel te neem. Nou is dit twee dae van eie tyd en doen wat vir jou lekker klink en lyk. 

​

20 Okt: Vrye tyd in Munchen

​

21 Okt:  Vlug van Munchen na Istanbul. Dag vrye tyd in Istanbul.

​

22 Okt: Dag vrye tyd in Istanbul. Vertrek vroeg-aand na lughawe Istanbul vir terugvlug na SA na

middernag op 13de. dag.

​

23 Okt: Terugvlug uit Istanbul vroegoggend en aankoms SA

​

bottom of page