
LAASTE MINUUT-AANBOD
Formule 1
Turkse Grand Prix


12 – 17 November 2020

Besprekings sluit oor +- 7 dae. Of…
…sodra die getal van 20 toerlede bereik word
Hierdie toer is vir F1 Grand Prix-entoesiaste… maar terwyl jy motorsport geniet, word jou metgesel in Istanbul bederf...as altwee nie wil F1 kyk nie.
Die toer sluit in kaartjies vir die kwalifisering, die hoof F1-wedren, jou retoervlug, vervoer vanaf die lughawe na jou 4-ster hotel en terug (alle ontbyte ingesluit), alle vervoer soos op die program, voldoende vrye tyd om Istanbul te “explore”, ‘n bootvaart op die Bosphorus wat aandete insluit en ‘n begeleide dagtoer in Istanbul.
Jou metgesel word bederf met ekstra besoeke aan verskeie van Istanbul se inkopieparadys-plekke, ‘n Hamam- pamperlangsessie en selfs ‘n tradisionele Turkse kookklas.
Verder doen julle sekere lekkertes saam soos in die program uiteengesit, soos bv. die aandete op die Bosphorus-boot, sekere vrye tyd en die dagtoer op die laaste dag.
Slegs R23 200 persoon wat deel.
Omdat dit ‘n laat-aanbod is en die kaartjies en hotelle finaal vasgemaak moet word, versoek ons jou om DADELIK met ons kontak te maak. Die finale beslissing oor getalle sluit oor sowat ‘n week.
Die Turkse visum is gratis en binne minute oor die internet verkrygbaar. Lank voor jou vertrek word volledige inligting verskaf.
Skakel gerus enige tyd as jy nog vrae het. Marius – 083 787 1234